kategorieë: Tuinmaak

Beskerm jou plante teen ryp

Deur Cornel Dunn. Foto: Pexels.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom jy bekommerd moet wees

Ryp beskadig plante deur yskristalle in die plant selle te vorm. Dit verhoed dat water die plantvesels bereik. Ryp beskadigde blare krimp ineen en word donkerbruin of swart.

Plante word geklassifiseer volgens die temperature wat hulle kan hanteer. Geharde plante kan ’n klein hoeveelheid van ryp hanteer terwyl meer sensitiewe plante krepeer. Sitrus, avokado’s , bougainvillea, fuchias en vetplante word gesien as sensitiewe plante. Indien jy in ’n area woon wat gereeld ryp ervaar, praat met jou plaaslike kwekery voor jy plant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die area is belangrik

Die hoogte van die bedding, area, grond samestelling sowel as die omliggende teenwoordigheid van strukture en plante is bepalende faktore in die hitte verspreiding. Verhoed om sensitiewe plantjies in oop en laagliggende areas te plant waar koue lug sirkuleer. Plant dit naby ’n suid- of wes liggende muur wat die hitte gedurende die dag absorbeer en snags reflekteer. Heinings en struike kan ook as beskerming dien indien die plante naby hieraan geplant word.

Beskermende metodes

  • Maak die plante goed nat. Dit sluit vetplante uit. Nat grond hou hitte beter binne as droë grond.
  • Daar is spesifieke doeke wat jy by jou kwekery kan koop om jou plante mee te bedek. Gebruik stokke om die doeke mee te lig sodat dit nie aan die plante raak nie.
  • Verwyder die doeke sodra die temperature lig.
  • Vir kort termyne kan die plante bedek word met strooi of blare. Verwyder dit sodra die temperature lig.
  • Plaas ’n 100 watt buite lamp naby die bedding. Verkieslik in ’n boom.
  • Groepeer potplante in ’n klein kring naby aan die huis.

Vetplante benodig ekstra sorg

Alhoewel die meeste vetplante gehard is, is ander uiters sensitief. As jy die eerste tekens van rypskade gewaar, is dit wenslik om dit binnehuis te verskuif. Hou die wat nie in potte is nie, redelik droog. As die plant selle vol water is, kan dit by vriespunt bars. Moenie beskadigde blare afpluk tensy dit vrot nie.

Moenie oorreageer nie

Plante is baie weerstandig. As jy rypskade sien, moenie onmiddellik die plant snoei of uithaal nie. Dit is veral van toepassing op palms. Wag vir warmer weer en dalk sien jy nuwe lote op die plant. Snoei slegs dan die beskadigde dele af.

Lees ook: Vyf inheemse plante vir waterwyse tuinmaak in Suid-Afrika volgens Tanya Visser

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Die regte medisyne vir verkoue

JY KAN jou seer keel en koors self dokter én stukke beter voel. Ons wys…

4 hours Gelede

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

21 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

1 day Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

1 day Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.