kategorieë: Ons menseBekendes

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met mode-inhoudskepper PrettyBelle

Sewe jaar gelede het Helene Olivier op moedverloor se vlakte gesit. Sy was ’n splinternuwe ma wat gevoel het asof sy haar identiteit in haar nuwe rol verloor het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Alhoewel ek elke oomblik van moederskap geniet het, het ek moedeloos vir my ma gevra: ‘Is dit nou dit, is dit nou my lewe?’ Haar antwoord aan my was: ‘Jou lewe is wat jy daarvan maak. Jy kan elke dag in jou slaapklere rondhang en jouself jammer kry of jy kan kies om op te staan, jou hare te was en mooi aan te trek – al is jy nou ’n mamma!’”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die volgende dag het sy haar ma se raad gevolg, mooi aangetrek en ’n vinnige selfie in haar spieël geneem. Ná sy die foto op haar Facebook-blad gedeel het, het sy ongelooflike positiewe terugvoering gekry en besluit om haar uitrustings elke dag te deel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kort voor lank het sy 10 000 volgelinge op Facebook gehad en besluit om haar passie vir mode en skryf te kombineer. Só het haar blog PrettyBelle.co.za tot stand gekom. Sy het oor onderwerpe van moederskap tot die nuutste lipstiffies geskryf en so die aandag van handelsmerke begin trek. Vandag hou haar Instagram-blad 20 000 en haar Facebook-blad 18 000 volgelinge se aandag!

“Mense kan met my identifiseer – jy kan ’n ma wees en steeds mooi lyk (sonder ure se grimering of Photoshop),” sê sy.

Helene is gebore en getoë op Ermelo en het ’n graad in joernalistiek aan Tukkies verwerf. Sy bly nou saam met haar man en twee kinders in Nelspruit, waar sy onder meer stimuleringsklasse vir ma’s en hul babas, as die eienaar van Pienkvoet-Pret Nelspruit aanbied.

Sy beskou haarself as ’n ware entrepreneur en #momboss. PrettyBelle is vandag ’n volwaardige onderneming en gee vir Helene die geleentheid om saam met bekende handelsmerke as inhoudskepper te werk. Sy het ook onlangs hierdie passie na PrettyBelle PR uitgebrei en skep sosiale-media-inhoud vir kliënte, soos inkopiesentrums.

PrettyBelle het letterlik my lewe gered – dit het gevoel asof ek myself verloor het toe ek ’n mamma geword het. PrettyBelle was die plek waar ek net Helene kon wees. Nie ’n mamma of vrou nie. Net Helene – kreatief, weird, modemal, en uniek.”

Karlien Meiring het meer oor hierdie veelsydige fashionista aan die stuur van PrettyBelle gaan uitvind.

Waar kom jou liefde vir mode vandaan?

Glo dit of nie, maar ek was ’n regte tomboy! Ons is vier kinders en ek het tussen twee boeties grootgeword. Ek het saam sokker, touch rugby en tennis gespeel en was one of the boys. Ek het selfs in ’n stadium met ’n vreeslike kort haarstyl gespog.

In graad nege het ek skielik bewus van mode geword toe ek op ’n tennistoer in Bloemfontein was. Ons het die aand uitgegaan en ek het my vergaap aan hoe mooi die ouer meisies in hul stywe leerbroeke en truie gelyk het. Ek onthou tot vandag toe my blou Keedo-hemp (met olifantjies op) en denim wat ek moes aantrek. My ma gaan my doodmaak, maar ek het baie beskermd grootgeword en omdat ek jonger as my spanmaats was, was ek nog nie modegewys op hul vlak nie. Nodeloos om te sê, ná daardie week het ek besef dat dit wat jy aantrek belangrik is, want dit het die mag om jou goed of sleg oor jouself te laat voel.

Interessant genoeg het my ouma ook toentertyd ’n bekende modewinkel besit en modevertonings gereël. Dit is seker maar in my bloed.

Hoe sal jy jou persoonlike styl beskryf?

Prettig dog stylvol. Ek neem myself nie te ernstig op nie – mode moet lekker wees! Ek hou veral daarvan om met nuwe modeneigings te eksperimenteer en dit dan my eie te maak. Ek vertel gereeld my volgelinge van die volgende groot trend – of dit nou loafers of helder kleure is, en dan gee ek praktiese raad oor hoe hulle die neiging kan dra. Ek is ’n gekwalifiseerde voorkomskonsultant en glo vas daaraan dat jy jou goeie bates moet beklemtoon en die dele waarvan jy nie so baie hou nie, moet verbloem. Ek het byvoorbeeld mooi bene, maar ’n mamma-magie – ek hou dus altyd my lyf se vorm ingedagte as ek met klere rondspeel.

Dan sal jy my natuurlik nooit sonder my kenmerkende helderkleurige lipstiffie vang nie – dis ’n tradisie in ons huis. My ma dra tot vandag toe haar koraalkleurige lipstiffie, my ouma was bekend vir haar pienk lippe, nou is ek en selfs my dogtertjie, Minki, net so lief vir ’n helder lippie!

Ek voel hoe jy elke dag aantrek, weerspieël hoe jy voel en hoe jou dag gaan verloop. Dis soos ’n superpower!

In watter kledingstuk of bykomstigheid sal ons jou nooit sien nie?

Ek het altyd gesê Crocs! Dit was vir my die lelikste skoen in die wêreld en ek gaan eerlik wees; ek het mense wat dit gedra het, geoordeel! Soos wat die ugly shoe trend en bonkige skoene begin kop uitsteek het, het Crocs natuurlik al hoe mooier geraak – selfs in my oë. So ja, ’n mens is nooit te oud om te leer nie.

Jy sal my wel nooit in spaghetti strap-hempies of rokkies sien nie – ek hou regtig nie van my bo-arms nie en verkies die preppy-voorkoms. Ek is mal oor ’n rokkie of hempie wat tot bo toegeknoop is met moue, verkieslik pofmoue!

Kan jy ons bietjie meer vertel van die #LoveJouLyfie-beweging wat jy op Instagram begin het?

Een van my volgelinge het een aand ’n privaat boodskap vir my gestuur wat gesê het: “I think your dresses are way too short for someone your age.” Ek het haar beskaafd geantwoord: “Dankie vir jou mening, maar dis jou mening, geniet jou aand.” Haar antwoord daarop was: “Well, I think you are making a fool of yourself!”

Ek was woedend. Nie soseer vir myself nie, maar vir die feit dat alles waarvoor ek staan en waaroor PrettyBelle gaan – soos dat jy gemaklik met jou lyf en met wie jy is, moet wees en dat almal kan mooi lyk, al is jy nie ’n grootte 10 nie – het die mens met haar ongevraagde kommentaar opgemors.

Toe besluit ek om die #LoveJouLyfie-beweging te begin – en my volgelinge uit te daag om te dra wat jy wil, wanneer jy wil, maak nie saak hoe oud jy is nie! #AgeIsButANumber #RockDaaiRokkie

Die reaksie was oorweldigend! Vroue van alle ouderdomme het iets wat hulle mooi laat voel, aangetrek en foto’s van hulself op sosiale media gedeel – van 55-jariges in crop tops tot 71-jariges in kort rokkies, en jong mammas wat skaam oor hul selluliet in high-waisted- kortbroeke was. Binne ’n dag het my plasing ’n beweging geword! Ek dink ek het toe ook vir die eerste keer besef hoeveel mense my plasings lees, geniet en waardeer – almal het soos een man teen die ongevraagde kommentaar opgestaan en so het baie mense daarby baat gevind!

Ek kan nie glo dat een negatiewe boodskap tot soveel positiwiteit gelei het nie! Ek moet eintlik vir daardie tannie dankie sê …

My punt is: Ons word almal ouer, jou lewe verander, jou lyf verander, maar daar is nie ’n sekere manier waarop 30-,40-,50-jariges moet aantrek nie. Vroue is so geneig om hulself oor almal se menings te bekommer terwyl jy eintlik net moet dra en doen wat jy wil – al dink sommige mense jy maak ’n gek van jouself.

Ek haat boksies – en dit is my passie om ander te inspireer om uit hul boksies te klim en hul lewe te geniet. Wees net jouself, dis so cool.

Hoekom dink jy is dit so belangrik vir ’n mens om die lewe vir jouself mooi te maak?

Ek lewe vir die mooi in die lewe! Hoekom? Want ek glo vas daarin dat jou lewe elke dag mooi en lekker moet wees. Wat help dit jy sien heeljaar uit na jou Desembervakansie? Dis net 14 dae van jou jaar. Wat help dit jy lewe vir groot oomblikke terwyl jou alledaagse lewe vir jou aaklig is?

Ek het ook besef dat niemand anders jou lewe vir jou gaan lekker of mooi maak nie. It’s up to you.

Die lewe gaan oor die klein dingetjies; drink koffie saam met ’n vriendin, vat ’n middagslapie, kyk ’n werklikheidsreeks, lag vir jou kinders, drink ’n glas wyn saam jou man op die stoep en trek ’n mooi rokkie aan. Ek trek elke dag my “spesiale klere” aan, want hoekom wag?

Daarom het ek doelbewus vir my ’n lewe geskep wat ek love. Eks mal oor ma-wees (met al die uitdagings), en ek floreer ten spyte van al die werk se uitdagings. Die feit dat ek dit self opgebou het, verstom my nog elke dag. Ek het ’n wonderlike, kalm man, ’n lieflike huis en wonderlike familie en vriende wat my hart se punt is.

Volg haar op Instagram!

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Chanelle de Jager – oor Projek Dina se derde seisoen

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

6 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.