kategorieë: Ons menseBekendes

James en Anel Alexander se 20ste huweliksherdenking en lewende begrafnis vereer ’n lewe van moed

Deur Karlien Meiring. Foto’s: Elsabe Putter, Mighty Fine Weddings

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die spesiale geleentheid is by Hendrik en Ria Verloren van Themaat se skilderagtige Druiweplaas piekniekvenue in Pretoria gehou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Anel het die inspirasie agter die geleentheid gedeel en gesê: “Wanneer jy hoor jy het net ’n paar maande oor om te lewe, is daar groot besluite om te neem. Ons het lank gepraat oor die hou van so ’n geleentheid, maar was onseker of James se toestand dit sou toelaat. Ek is so bly en dankbaar dat ons dit wel gedoen het – dit was een van die spesiaalste, vreugdevolste en hartseerste dae van my lewe.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto: Elsabe Putter van Mighty Fine Weddings
Foto: Elsabe Putter van Mighty Fine Weddings

James en Anel het die dag as ’n geleentheid beskou om hul lewe saam te vier en hul geliefdes ’n kans te bied om van James afskeid te neem. Dit was ook vir die egpaar ’n manier om hul dankbaarheid aan diegene te betoon wat hulle deur James se vyf jaar lange stryd met kanker ondersteun het. James se wens was dat dit ’n dag van hoop moes wees en het sy persoonlike reis en getuienis oor hoe sy geloof hom deur sy moeisame kankerstryd gedra het met gaste gedeel.

“My man was nog altyd goed met woorde, maar die toespraak wat hy daardie dag gegee het, het die aarde laat sidder. Dit was net ongelooflik,” het Anel gesê. James word onthou as ’n mense-mens met ’n baie groot vriendekring: “Hy was soos die son en het mense na hom toe aangetrek. Ek was vir 22 jaar aan sy sy, en ek het nog nooit iemand ontmoet wat nie van hom gehou het nie.”

Foto: Elsabe Putter van Mighty Fine Weddings

Die program het ’n vertoning ingesluit van ’n aangrypende video met huldeblyke van hul vriende om die wêreld heen en ’n spesiale lied wat die bekende sanger en liedjieskrywer, Riana Nel, vir die dag geskryf het.

Om James en Anel se Skotse erfenis te vereer, het Anel se skoonsuster, Judith Flett, ’n doedelsakspeler vir die geleentheid gereël, net soos hulle by hul troue in 2003 gehad het.

Die seremoniemeester vir die geleentheid was Joshua Rous, James se beste vriend van byna drie dekades, bekend as skrywer en regisseur. Die dag is pragtig deur die talentvolle fotografiespan van Mighty Fine Weddings vasgevang.

Anel en James het die tyd geneem om hul dankbaarheid uit te spreek teenoor die talle individue wat hulle oor die jare ondersteun het, hetsy deur gebed, finansiële bydraes of dade van goedhartigheid. Die geleentheid sou nie moontlik sonder die bydraes van hul geliefde familie, vriende en kollegas in die bedryf gewees het nie. Verskeie maatskappye en individue het finansieël bygedra of kos verskaf, wat die dag ‘n werklikheid gemaak het.

Foto: Elsabe Putter van Mighty Fine Weddings
Foto: Elsabe Putter van Mighty Fine Weddings

Anel het oor hul reis saam besin, en erken daar was uitdagings as twee akteurs wat ’n veeleisende bedryf navigeer. “Ons het regtig ’n punt daarvan gemaak om met mekaar te praat en nie toe te laat dat die klein jakkalsies die wingerd verwoes nie. Daarvoor is ek dankbaar. Ons is al 20 jaar getroud, maar omdat ons twee akteurs is, behoort ons dit in hondejare te tel! Ons bedryf maak nie voorsiening daarvoor om huwelike bymekaar te hou nie. Ek is trots op wat ons bereik en alles saam deur gemaak het,” het sy gesê.

Anel het op die dag dieselfde sluier en oorbelle gedra wat sy op hul troudag gedra het. James het hulde gebring aan hul troudagdrag deur ’n kamokilt aan te trek. Anel het speels opgemerk dat die vraag wat hy in 2003 onder die kilt gedra het vir altyd haar geheim sou bly.

James en Anel se troudag in 2003.
Foto: Elsabe Putter van Mighty Fine Weddings

Volgens Anel het die seremonie ’n gevoel van afsluiting verskaf en sy het die oomblik beskryf en gesê: “Ons het aan mekaar 20 jaar gelede voor ons geliefdes trou beloof en kon mekaar weer voor ons geliefdes bedank vir elke oomblik saam – die goed en die sleg. Dit was ’n ‘volsirkeloomblik’.”

Drie dae voor die geleentheid moes James weer in die Sungardens Hospice opgeneem word weens sy toestand wat versleg het. Daar was kommer dat die dag dalk gekanselleer moes word, maar danksy die toegewyde personeel by die hospies, was James in staat om een van die onvergeetlikste dae van hul lewe te beleef.

Ongelukkig het James se gesondheid ná die gebeurtenis vinnig agteruitgegaan.

Anel se suster, Pulane Nel-Sekepe, ’n aktrise en aanbieder, het ’n deurslaggewende rol in die organisering van die geleentheid deur haar geleentheidsmaatskappy, Salt and Pepper Creative, gespeel. Die aktrise Leandie du Randt het gesorg dat Anel pragtig lyk in ‘n Zoët rok, en grimering wat deur Francois de Klerk gedoen is.

Foto: Elsabe Putter van Mighty Fine Weddings

Anel beplan om eendag James se inspirerende verhaal en die diepgaande impak van sy geloof met die wêreld te deel.

Lees ook: Geliefde akteur James Alexander sterf op 45

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Wynproe en stap: Die nuutste ervaring by Blaauwklippen

Woorde en foto’s: Clifford Roberts Ek wil glo dat, soos ek, elke nuwe staptog met…

12 hours Gelede

Ontdek die topervaring waar alles met Club Med ingesluit is

As jy nie die konsep ken nie, stel ons jou graag daaraan bekend: Dis ’n…

16 hours Gelede

Ons Moedersdaggeskenkgids: Kreatiewe geskenke wat wys jy gee om

rooi rose intekening Teken in of hernu jou intekening op die gedrukte weergawe vir net…

19 hours Gelede

Kristen Raath oor haar snaaksste, en vernederendste, oomblik op die stel van Wyfie

Dié toekennings, wat deur Screen International aangebied word, word op 20 Mei 2024 in Cannes, Frankryk, uitgedeel.…

2 days Gelede

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

3 days Gelede

Bronchostop stel nuwe hoesstroop, Bronchostop Nite, bekend

Ons was al almal daar: Jy rol tot twee uur die oggend nog rond van…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.