Besonderse barista Tumelo Itumeleng se lewenslus is aansteeklik

Besonderse barista Tumelo Itumeleng se lewenslus is aansteeklik deur Mariette Snyman. Foto’s verskaf. Hooffoto Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Min dinge kikker my so op soos ’n geurige cappuccino in ’n koffiewinkel met ’n besonderse atmosfeer. Wat dit nóg lekkerder maak, is ’n kundige barista wat hom in sy werk verlustig en positiewe energie uitstraal.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toe ek met Tumelo Itumeleng – ’n barista by Bean There, 44 Stanley in Johannesburg – kennis maak, wou ek dadelik sy storie hoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tumelo vertel:

Ek het in Soweto grootgeword as die oudste van twee seuns. My ma het elke dag vir my kos skool toe ingepak, maar ek het selde snoepiegeld gekry. Dit het my geïnspireer om eendag my eie geld te verdien.

Op skool het ek soms in die moeilikheid gekom omdat ek te veel vrae gevra het! Ek het gasvryheidstudies geneem en aan die einde van graad 11 vakansiewerk gedoen as ’n ontbytsjef by ’n hotel in Auckland Park. Ek moes soggens die trein betyds haal om 05h00 in te klok. Dit was nie maklik nie, en het my respek gegee vir mense wat hard werk. Ek het besef jou optrede het gevolge en dat ’n gebrek aan verantwoordelikheid jou werk in gevaar kan stel.

Tumelo se ouers, Sarie en Puleng Itumeleng

Ná matriek wou ek by ’n internasionale hotelskool studeer,  maar dit was ongelooflik duur. My ouers het wel vir my studies gespaar, maar nie soveel geld nie. Omdat ek mense met tersiêre kwalifikasies geken het wat sukkel om werk te kry, het ek besluit om eerder te gaan werk soek. Ses maande lank het ek van plek tot plek gegaan en gevra of hulle werk het – tevergeefs. Toe vertel my beste vriend, Tshepo Modikoane, my  van ’n pos as kelner by  ’n koffie- en sjokoladewinkel in Bryanston. Ek het die pos gekry.

Tumelo se vriend, Tshepo Modikoane (Instagram @diboymashesha)

’n Hart van skuim?

In die winkel het ek die eerste keer a heart in a cup teëgekom. Om die waarheid te sê was dit my heel eerste kennismaking met ’n cappuccino! Ek het barista-opleiding gekry en self hierdie kuns bemeester. Kort voor lank was ek hulle top-barista, maar ek wou meer vaardighede verwerf en het geleer koek bak, koek versier en hoe om toebroodjies, brownies en sjokoladeplakke met allerhande ongewone bestanddele te maak … interessant!

’n Voorbeeld van Tumelo se “latte art”

Ná  twee jaar is ek daar weg om ’n Taxify driver te word. Dit het net twee maande gehou. Ek het gevoel ek is heeltemal te jonk om heeldag in ’n kar te sit. Dit was net nie ek nie.

’n Paar maande was ek sonder werk, en toe vra die kennis van ’n vriend my om hom te help om ’n koffiewinkel in Sandton oop te maak. Die meeste klante het van ’n regsfirma langs die winkel gekom. Met dieselfde gesigte elke dag was dit te stil na my smaak – ek ontmoet graag nuwe mense. Ek was ’n jaar lank die bestuurder, maar toe kry ek die kans om by ’n groot koffiewinkel in Rosebank te gaan werk. Tydens my kennistydperk in Sandton is ek ná ure Rosebank toe om te werk en opleiding te kry.

Skielik was daar ’n kinkel in die kabel. Ek het ’n ruk tevore ’n week verlof geneem om as barista by die Nampo-landbouskou te gaan werk, onder Bean There, die koffie-onderneming waar ek deesdae werk. Terwyl ek ná ure by die Rosebank-koffiewinkel ingeval het, bel Bean There om te hoor of ek ’n dag lank vir job shadowing wou kom. Hulle sou my betaal; hulle wou sien wat my werksetiek was.

Die dag het goed afgeloop en Bean There het gesê hulle sou my bel met ’n aanbod. Toe sê ek ek is jammer, maar ek begin die volgende dag in Rosebank werk.

So gesê, so gedaan. Die volgende dag het ek egter besef ek resoneer glad nie met die energie in die Rosebank-winkel nie. Ek het verlang na die samehorigheid en positiewe gesindheid by Bean There. Ek het oop kaarte gespeel en die Rosebank-bestuurder het my laat gaan. Ek het onmiddellik by Bean There ingeval. Ek glo ons moet die lewensbesluite neem wat vir ons die beste is.

Tumelo se tattoes

Ek glo ook ons moet investeer in dit wat ons inspireer – en ons moet weet wat dit is! Ek het aan my liefde vir koffie gestalte gegee deur tattoes van koffietoerusting te kry.

Kom proe!

Koffie het ’n eie karakter. Dit ontwikkel elke dag. Jy kan verskillende mengsels hê, of dieselfde blend heeltemal anders aanbied. Ek sien myself as ’n creative, en dis verstommend hoeveel kreatiewe siele jy in koffiewinkels kry, druk besig om op hulle skootrekenaars te werk. Koffie kan hulle daardie ekstra woema gee.

Toe ek koffie werklik leer ken, was ek verras om agter te kom dit stam uit Afrika. Ek het die begeerte ontwikkel om meer van my mense aan koffie en die geskiedenis daarvan bekend te stel. Onbekend maak onbemind – in Soweto kom jy nie sommer ’n cappuccino teë nie. En as jy iets nie ken nie, weet jy ook nie dit hou loopbaanmoontlikhede in nie, of hoe?

Ek het my eerste garage event gereël. Teen ’n toegangsfooi van R50 en ’n blikkie kos kon elkeen twee koppies koffie gratis kry. Daar was ander koffies te koop – die groot gunstelinge was Ierse koffie en ’n Amarula infused latte. Ek het basies op ’n verlies gewerk, maar dit het nie saak gemaak nie.

Die blikkieskos was bedoel vir ’n inisiatief waarby ek vroeër betrokke geraak het, OfficialMajorWorld – ’n aanlyn radioplatform wat op plaaslike en opkomende kunstenaars, goeie musiek, kuns, besighede en jeugsake fokus. Ek en my vriend Kamogelo Mofokeng het Maandae ’n show aangebied, maar ongelukkig het werksverpligtinge dit nou onmoontlik gemaak.

Tumelo en sy vriend Kamogelo Mofokeng (Instagram @a11.alone) agter die mikrofoon

Dis belangrik om blootstelling aan musikante en kunstenaars te gee. Ek glo musiek en kuns kan die wêreld verander. Baie mense kan of wil nie artikuleer wat hulle diep binne voel nie, en op ’n dag is daar ’n ontploffing. Wanneer hulle dit deur kuns, skryfwerk of musiek doen, help dit nie net hulself nie maar ook ander. As ek ’n ontstellende gedagte het en afkom op ’n kunswerk wat dieselfde idee uitdruk, kan ek ontspan. Ek voel ek is nie alleen nie. Kuns verbreed jou uitkyk.

Ek is trots om steeds deel te wees van die OfficialMajorWorld “Sondagkos”-inisiatiewe. Ons gebruik die blikkieskos wat ons by geleenthede soos my garage event kry om vir hawelose mense te kook. Ons huur ’n taxi en neem dit elke keer na ’n ander deel van stad. Ons het dit op Kersdag ook gedoen.

“Sondagkos”

Modebewus

Ek en my neef, Tshepo Makoloane, het ’n aanvoeling vir mode. Dis ’n kuns om goed te lyk. As jy goed lyk, voel jy goed en doen jy goed! Jou voorkoms verklap iets van jou karakter. Duur handelsmerke is nie noodwendig ’n pluspunt nie; jy kort ’n goeie oog, en jy kort selfvertroue. Mense hou van iets wat anders is.

Tshepo en Tumelo (Instagram @kousinfriction_fashion)

Wat ek glo

  • You need to love what you do – jy moet jou werk so goed leer doen dat uitmuntendheid vanself kom.
  • Ek is sensitief vir energie en fokus sover moontlik op positive vibes. Ek is selektief met wie ek omgaan en sorg dat ek self positiewe energie uitstraal. Dit maak jou meer produktief, gee jou verhoudings ’n hupstoot, en help jou om vooruitgang te maak.
  • Ek word geïnspireer deur my ouers, en deur die besonderse mense wat ek in die koffiewinkels ontmoet – baie het goeie vriende geword, al is hulle dikwels ouer as ek. Ek waardeer opbouende geselskap. Jy het mense nodig om jou te help groei.
  • Wanneer iets skeefloop, glo ek dit gebeur omdat ek iets moet leer.
  • Alles is moontlik. As jy régtig Superman wil word, kan jy – jy moet net aanhou tot jy kan vlieg.
  • My droom is om die jeug te inspireer. As ek more as motiveringspreker voor hoërskoolkinders kan staan, sal ek. Dis belangrik om jouself te verstaan, om te glo dat jy van die wêreld ’n beter plek kan maak, en om ’n plan en ideale vir jou toekoms te hê. Ek sou leerders aanmoedig om soveel praktiese ervaring op te doen as wat hulle kan – klop aan by winkels, besighede, kyk waar jy vakansiewerk kan doen of ’n internskap kan kry, al werk jy sonder vergoeding.
  • Moenie die lewe blameer nie – verander jou perspektief. Be a man of solutions.

Tumelo en sy jonger broer, Lesego Itumeleng

Klik hier om meer uit te vind oor Bean There

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.