rooi rose se deure sluit na 78 jaar: Brief van die redaksie

Liewe lesers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis met ‘n swaar gemoed dat ons hierdie brief aan julle skryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Soos julle seker al weet, het Caxton Uitgewers besluit om die maatskappy se tydskrifafdeling te sluit. Van die land se gewildste en geliefdste tydskrifte, ook rooi rose, word hierdeur geraak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tot dusver het ons gedurende die inperkingstyd hard en wetsgehoorsaam van die huis af gewerk aan ons Junie-uitgawe wat Vrydagaand drukkers toe gestuur is. Groot planne is beraam vir die opvolgende uitgawes en vroeg-vroeg Maandagoggend het ons aan die werk gespring met die Julie-uitgawe.

En Dinsdagoggend kry ons toe die nuus …

Dit was vir ons ‘n yslike skok, een wat ons nog nie heeltemal verwerk het nie. Dit was so onverwags. Ons is net ‘n kort rukkie voor die mediaverklarings uitgereik is hieroor ingelig, en soos julle kan dink, het dit ons ‘n paar dae geneem om tot verhaal te kom.

Ons is nie seker wat die toekoms vir rooi rose of die redaksie gaan inhou nie, maar een ding is seker: die geheime resep wat rooi rose so spesiaal en uniek maak, is te danke aan die besonderse groep kreatiewe mense wat elke maand onverpoos werk om elke rooi rose te skep.

Elkeen gee ‘n stukkie van haarself, haar hart en siel, om die beste Afrikaanse vrouetydskrif in die land die lig te laat sien. Sonder hierdie groep mense sal daardie resep nie werk nie, en sal dit net nie rooi rose wees nie. Ons het immers al 78 jaar se geskiedenis agter ons. Dis ‘n vaandel wat ons geesdriftig en met trots by vorige redakteurs en redaksies oorgeneem het.

Ons drome vir die toekoms lê aan skerwe, en ons  probeer nog sin maak van waar ons ons sal bevind wanneer die inperkingstyd verby is. Ons is nie seker wanneer die laaste rooi rose wat ons besig is om saam te stel die lig gaan sien nie, maar wees intussen op die uitkyk na die Junie-uitgawe wat op 18 Mei beskikbaar gaan wees, en gooi haar in jou trollie.

Maar onthou, daar is nog elke dag vars, inspirerende leesstof, heeltemal gratis, by rooirose.co.za. Nuwe episodes van jou gunstelingreekse op rrRADIO, rooi rose se podsendingskanaal, sal ook, sover ons hoegenaamd kan, nog gereeld uitgereik word.

Een ding wat ons almal vir seker weet, is dat ons nooit so lank sou kon groei as dit nie vir julle, ons lesers was nie. Julle was die rede vir ons bestaan, en julle ondersteuning het dit moontlik gemaak. Julle lojaliteit en ondersteuning vir ons projekte deur die jare, en julle oop harte en hande vir ons Kansa-tees het ’n ongelooflike bydrae oor soveel jare moontlik gemaak. Ons gaan julle mis, ons gaan julle teenwoordigheid in ons lewe mis.

Ons is oorweldig deur die spesiale boodskappe en opmerkings van ondersteuning wat uit alle oorde ingestroom het. Dit is julle woorde uit julle harte op elke platform wat ons in hierdie moeilike tyd dra. Baie, baie dankie.

Bly veilig en bly positief,

??? Martie Pansegrouw (redakteur), Hannelie Diedericks (adjunk-redakteur) en die rooi rose-span ???

Van ons Intekenare-afdeling:

As jy ‘n intekenaar is, moet jy weet dat die digitale uitgawe vir alle druk-intekenare ook op hul mags@home-rekening gelaai sal word, heeltemal gratis (daar was ongelukkig nie ’n Mei-uitgawe nie). Ons sal ook ongelukkig steeds nie die Junie-uitgawe vir jou kan pos nie, as gevolg van die COVID-19-inperkingsregulasies. In hierdie verband sal Caxton Uitgewers ook alle gelde aan intekenare terugbetaal vir tydskrifte wat nie uitgestuur kan word nie. Hierdie proses is in werking gestel, maar sal ongelukkig ’n tyd neem om af te handel, en ons vra dat julle geduldig sal wees.

Die Subskripsie-afdeling sal in hierdie verband inligting aan alle intekenare uitstuur. 

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.