kategorieë: GebakKosSomerkos

Bessiestroop-en-meringue-bakkies

Basiese meringue-resep

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir een middelslag-pawlowa. Ek verdubbel gewoonlik die resep om ’n lekker groot pawlowa vir 8-10 mense te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • 200 g suiker
  • 4 eierwitte
  • knypie sout
  • knypie kremetart

1  Voorverhit die oond tot 110 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
2  Klits die sout, kremetart en eierwitte met ’n elektriese klitser of in ’n staanmenger tot stywepuntstadium.
3  Gooi 45 ml (3 e) van die suiker by en klop vir sowat 1-2 min. tot die eierwitte glansend wit is en weer punte maak.
4  Gooi die res van die suiker stadig by en klits deurentyd tot die suiker goed ingemeng is. Die eierwit moet dik en glansend wees en stywe punte maak.
5  Skep groot lepels vol van die meringue op mekaar in die middel van die bakplaat. Vorm met die agterkant van ’n lepel ’n groot gepofte sirkel wat effens induik in die middel.
6  Bak vir 1-1½ uur tot die meringue krakerig en gaar is, maar nie verkleur nie.
7  Indien dit nog sag is as jy liggies met jou vingerpunte daaraan raak, kan jy die temperatuur na 60 °C afdraai en vir nog ’n halfuur bak.
8  Skakel die oond af en droog verder in die warm oond uit tot droog en krakerig.
9  Laat heeltemal afkoel op ’n afkoelrak.
10 Bêre die meringues in ’n lugdigte houer. Strooi eers ’n dun lagie suiker onderin die houer en voer met bakpapier uit – dit keer dat die meringues taai word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Meringue-bakkies

Genoeg vir 6

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie lekker poedinkies kan jy met enige vrugte maak. Nektariens en perskes werk goed.

  • 1 hoeveelheid basiese meringuemengsel
  • 500 g bevrore, gemengde bessies
  • 250 ml (1 k) suiker
  • sap van ½ suurlemoen
  • dubbeldikroom vir opdiening

1  Voorverhit die oond tot 110 °C.
2  Kook die bevrore bessies, suiker en suurlemoensap in ’n kastrol tot stroperig. Laat afkoel.
3  Maak 1 hoeveelheid basiese meringue.
4  Skep die bessiestroop in kolwyntjiepapiertjies of klein ramekins.
5  Skep ’n groot lepel van die meringue op elk van die bessiebakkies en bak vir 20-25 min. tot die meringue gaar en krakerig is, maar nie verkleur nie.
6  Sit die poedinkies met skeppies dubbeldikroom voor.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.