Bestuur jou geestesgesondheid met slaap en oefening

Dr Eugene Kemp, ’n sielkundige en welstandsafrigter, voeg by: “Dit help ook om vernietigende patrone te onderskep of kwellende bekommernisse ’n ander fokus te gee. Jy moet dit ’n prioriteit maak, en bedag en bewus raak van die manier waarop jy dinge doen. Ten opsigte van oefening, moet jy seker maak dat jy tyd daarvoor beplan. Gee dit dit ’n spesifieke tydgleuf en verbind jou daartoe – fokus op die voordele wat op jou wag deur dit ’n prioriteit te maak.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer ons nie slaap en oefening prioritiseer nie, sien ons meer en meer psigiatriese gevalle “wat gevolglik weer simptome van die meeste geestesprobleme soos depressie, angs en bipolêre steuring kan vererger,” sê dr Kemp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr Daniel Amen, ’n Amerikaanse psigiater, het onlangs gesê oefening, wanneer dit met ’n antidepressante vergelyk word, is kop aan kop met enige farmakologiese ingryping om depressie mee te behandel. Dit bewys dat dit ’n doeltreffende manier is om jou geestes- en fisieke gesondheid te ondersteun.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“As jou gemoed ’n bietjie laag is, weet ons hoe moeilik dit is om net daaraan te dink om jou fiksheid weer ’n prioriteit te maak. Gelukkig hoef jy nie jouself te ooreis nie. Ignite Fitness se klasse en ander geriewe is bedoel om in al jou fiksheidsbehoeftes te voorsien. Jy mag vind dat jy graag bietjie harder wil begin oefen – dan is die Ruble-gedeelte vir jou bedoel. Dalk wil jy net by ’n gim aansluit omdat jy na ondersteuning op soek is en om jouself met ’n gemeenskap van mense soos jy te omring. Jy sal dan moontlik van ons groepsklasse hou. Wat jou ookal aan die beweeg kry, sal sekerlik jou kop en jou liggaam goed doen,” sê Kerry-Anne Marthieson, die bemarkingshoof by Ignite Fitness.

Slaap is een van die belangrikste aktiwiteite van jou hele dag – net so belangrik soos eet – en daarom moet ons seker maak ons skep die perfekte omgewing wat goeie slaap sal verseker. “Die ‘perfekte’ omgewing bestaan nie noodwendig nie, want vir almal is dit anders. Dis egter nie onmoontlik om te probeer nie!” sê Rudo Kemp, die stigter van Sloom, ’n onderneming wat eiesoortige, gemaklike, en verstelbare matrasse in Suid-Afrika maak.

“Een konstante waaroor jy beheer het, is dat jou matras en kussing van ’n goeie gehalte moet wees. Dit moet jou gemaklik laat voel en jou liggaam (en jou vorm) ondersteun. Ek het Sloom begin, want ek wou ’n bed skep wat die perfekte ‘rus’-omgewing vir almal bied – van ondersteuning tot gemak, en aflewering tot by jou deur,” sê hy.

“As jy lekker gemaklik wil slaap, kort jy beddegoed wat asemhaal – katoen of linne is altyd jou beste opsie, maar ook ’n moet. Kom ons gesels oor kamertemperatuur: Ons liggame verkies dit om in ’n kamer te slaap waar dit 23 ˚C is. Jy kan of ’n lugverkoeler aansit, vensters oop- of toemaak, of dikker of koeler gordyne hang. Sommige mense hou daarvan as hul kamer stikdonker is en ander verkies dat daar darem ’n bietjie lig deurskyn. Dis egter nie verkieslik om blootgestel te word aan skerms se blou lig voor jy gaan slaap nie,” voeg Rudo by.

Nou, hoe maak ons beter slaapgewoontes deel van ons roetine en hoekom is dit belangrik?

Navorsers het bevind dat slaap met verskeie breinfunksies verbind kan word. Dit sluit in:

– Geheue: Enigiets wat jou slaap versteur, kan jou vermoë om inligting te verwerk en herinneringe te vorm beïnvloed.

– Prestasie: As jou slaap ontwrig word, het dit ’n invloed op hoe jy by die werk, skool en op ander gebiede presteer. Dit sluit in jou fokus, selfbeheersing, besluitnemingsvermoë, en hoe waagmoedig jy is.

– Kognisie: Wanneer ons nie kan slaap nie, stres ons. Gevolglik sukkel ons om te dink, gesonde oordele te vel en probleme op te los.

“Die eerste stap is om bewus te raak van die verskeie voordele daarvan om beter slaapgewoontes deel van jou lewe te maak, en om jou roetines daarvolgens te beplan,” sê dr Kemp. “Wanneer iemand eers goed slaap, raak dit al hoe makliker om slaap ’n prioriteit te maak,” voeg hy by.

Dr Eugene Kemp deel sy topwenke waarmee jy jou gemoed en geestesgesondheid beter kan bestuur:

– Jou emosies en gemoed is die gevolg van hoe jy dink. Negatiewe emosies volg negatiewe denke.

– Jy kan ’n negatiewe gemoed onderbreek deur ’n blaaskans te vat en op iets heeltemal anders (en meer positiefs!) te fokus.

– Erken jou emosie, werk daardeur en beweeg dan aan.

– Onthou: Jy is meer as jou emosies!

Wanneer iemand wat jy ken deur ’n moeilik tyd gaan, stel dr Kemp voor jy ondersteun hulle as volg:

● Wees in die meeste gevalle teenwoordig.

● Wees bereid om net te luister sonder om ’n oordeel te vel.

● Beklemtoon dat dit heeltemal oukei is om kwesbaar te wees, en dat niemand jou geliefde se gevoelens of emosies kan wegneem nie – dis heeltemal geldig.

● Ondersteun jou geliefde deur, indien nodig, verdere hulp aan te bied.

Jou gesondheid is jou welvaart, en deur slaap en oefening in jou dagboek in te werk, geniet jou geestelike en fisieke gesondheid ook voorrang. Dis iets waarmee ons almal kan saamstem.

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

19 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

21 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

23 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

2 days Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

2 days Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.