kategorieë: Sukses en geld

Beurtkrag en versekering

Beurtkrag is ongerieflik genoeg, maar iets wat jy moontlik nog nie oorweeg het nie is die gevolge van ? inbraak in die geval van kragonderbrekings. Sal jou versekering uitbetaal? Aon, die vooraanstaande versekeringsmakelaar, risikobestuur en menslike hulpbron-oplossings, moedig jou aan om die implikasies van jou versekeringsdekking se terme en voorwaardes te ondersoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gedurende ’n lang kragonderbreking kan die batterylewe op veiligheidstoerusting soos elektriese heinings, alarmstelsels, sekuriteitskameras en buitelugbeweging uitloop voordat die kragtoevoer herstel is, wat ’n kwesbare situasie vir jou en jou besittings kan veroorsaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In die geval van ? inbraak of rooftog gedurende hierdie tyd, mag jou versekeringsdekking dalk nie spesifiek voorsiening maak vir omstandighede wat buite jou beheer is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• As deel van jou voorbereiding vir ’n potensiële kragkrisis hierdie winter, is dit noodsaaklik om met jou versekeraar te bevestig wat deur jou polis gedek word. As jy onseker is, gebruik ’n professionele makelaar wat jou deur die proses kan lei.

• Makelaars sal spesifieke voorwaardes tot hul dekking verskaf wanneer dit kom by jou huis of eiendom se sekuriteitsmaatreëls, meer spesifiek ook die alarmstelsel. Die alarmstelsel moet byvoorbeeld in volledige werkende toestand wees en in baie gevalle ook aan ’n gewapende reaksie-maatskappy gekoppel wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Die kliënt mag onderwerp word aan addisionele, verpligte bybetalings, eisverwerping, of die vermindering van skikking indien die korrekte maatreëls nie onderneem word nie. ’n Goeie makelaar sal jou kan help in sulke omstandighede. Die voordeel van so ’n onafhanklike versekeringsmakelaar wat deursigtige en vaardige raad sal verskaf, kan nie genoeg beklemtoon word nie.

’n Makelaar se rol is om jou omstandighede behoorlik te ondersoek en om onpartydige dekking aan te beveel wat aan jou spesifieke behoeftes voldoen.

Besoek www.aon.co.za vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.