kategorieë: Ontspanning

“Binge Watching”: nog net een episode!

Karyn Harrison, uitlegkunstenaar

Karyn binge watch vier of vyf keer per jaar tot in die vroeë oggendure, gewoonlik saam met haar dogter, Amy, en hul hondjie, Griffin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die storievertelkuns is so oud soos die berge, en verg vaardigheid. Ek is mal daaroor om by die karakters en hul wêreld betrokke te raak, en soms leer ek iets, soos in House of Foyles War wat op die Tweede Wêreldoorlog gegrond is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ek hou van die Skandinaviese whodunnits soos Anno 1790 en The Killing, en Britse TV-reekse soos Poirot, Wallander, Broadchurch, Endeavour, Silent Witness en The Fall. Soms kyk ons na ou komedies soos Seinfeld en Black Adder, of periode-reekse soos Victoria, Outlander, Downton Abbey, Poldark en Call the Midwife.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Call the Midwife was so inspirerend. Die eerste paar reekse is op die na-oorlogse memoirs van Jennifer Worth gebaseer. Die nonne se toewyding aan die gemeenskap en hul persoonlike groei het my diep geraak.

“Ons het na die omstrede reeks Thirteen Reasons Why gekyk. My dogter is gelukkig oud genoeg om die inhoud te oordink en te bespreek. Wat haar ontstel het, was die feit dat selfdood so grafies uitgebeeld is. Sy het gereken dis onsensitief en onnodig, veral omdat die reeks ’n jonger gehoor aantrek. Sy het ook opgehou om na The Fall te kyk omdat dit haar nagmerries gegee het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Anet Schoeman, joernalis

“Binge watching is my en Manlief se naweek plesiertjie wanneer ons nie na ’n fliek op  Netflix kyk nie.

“Ons vind so ’n kyksessie ontspannend en ontvlugtend. Baie flieks oortref nie ons verwagtinge nie, terwyl ’n reeks se kwaliteit voorspelbaar is. Jy weet jy gaan pret hê. Ons het ook gereeld meer as een reeks waarna ons kyk. Dan besluit ons waarvoor ons daai aand lus voel. Ons doen dit net oor naweke, en dan in die aand.

“Op die oomblik kyk ons na Game of Thrones, Vikings, The Good Wife en The Big British Bake-off.”

Anélle Tewson, produksiehoof

Anélle het so elke vier maande ’n binge watching-sessie, “afhangende van hoe gereeld ek iets kry waarvan ek hou. Ek kyk saam met my man, maar sou alleen kyk as hy nie van die reeks hou nie.

“ʼn Reeks kan my slaaptyd laat uitstel én hou my weg van ander aktiwiteite. Dit laat my heeltemal aan die regte wêreld en my sorge ontsnap.

“My gunstelingreeks is Grey’s Anatomy. Drama, drama, drama! En die mediese gevalle is interessant.

“Wanneer ons klaar is met ’n reeks, kry ek onttrekkingsimptome, en die karakters bly in my kop.”

Nicole Kemp, bemarking

“Ek kry skaam om dit te sê, maar ja – ek kyk soms na meer as drie hoofstukke van ’n reeks op een slag. Darem net oor naweke!

“Dit laat my vir die duur van die episode vergeet van alles wat gedoen moet word en in daardie tyd is ek saam met die karakters in ’n ander wêreld.

“My gunstelingreekse is Modern Family, The Big Bang Theory, Zoo en élke liewe CSI wat nog ooit gemaak is. Modern Family laat my aan my eie familie dink. The Big Bang Theory is net vrek snaaks. Zoo is só spanningsvol en boeiend, en CSI is net interessant. Oe – amper vergeet ek van The Vampire Diaries en Downton Abbey! Ek het dit hierdie jaar weer begin kyk, want ek was bang as ek dit laas jaar sou doen, sou my akademie daaronder ly.”

Vickie de Beer, kosredakteur

Vickie geniet binge watching wanneer sy tyd het – “een keer in drie maande. Soms kyk ek en my man saam na ’n reeks, soms kyk ek dit alleen op my iPad.

“Ek doen dit slegs wanneer ek regtig niks anders het om te doen nie en myself wil forseer om te rus.

“Ek kyk graag na kosreekse, dit inspireer en motiveer my. My gunstelinge is die kosprogramme Chefstable en South Pond.

“Wat kinders of tieners en reekse betref: Dis ’n heel ander ball game! Ons het ’n konstante battle om skermtyd te beperk en te beheer. Dis die generasie van BINGE watching!”

Cornél Dunn, leefstylredakteur

Doen Cornél binge watching? “Elke naweek!”

“Ek kyk alleen, verkieslik op my bed. So ’n kyksessie skep ’n nuwe realiteit. My gunstelingreeks is Game of Thrones. Ek is mal oor die tydperk van ridders en drake.

“Ek doen dit bloot vir ontspanning en ontsnapping. Ek dink nie daar is enige nadele aan verbonde nie – dis ’n gesonde tydverdryf.”

Martie Swanepoel, joernalis en skrywer van ons gewilde aanlynvervolgverhale

“Ek en my lewensmaat het  die hele reeks van Outlander in een dag gekyk! Ons kry selde hiervoor kans, en dit is hoekom ek kyk en kyk en kyk as ek tyd het. Ons kyk tot ons byna uitpass en drink baie koffie tussenin. Eet hope tjokkies. Ons raak verslaaf en kan skaars wag vir die volgende seisoen.”

Kyk hier onder “Fiksie” vir Martie Swanepoel se jongste vervolgverhaal Grieta

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.