kategorieë: BlogsOntspanning

Bly, vir die afterpaartie…

Dis ‘n aand van vreugde en vierings, maar ook van veterane. Dié jaar klap ons vir drie van Suid-Afrika se blinkste sterre – dramaturg Pieter Fourie word vereer vir sy bydrae tot die woordkuns en klassieke musiekkundige Ronnie Samaai vir sy bydrae tot musiek. En dan is daar Lida Botha

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit was in Fiela se Kind wat ek haar die eerste keer gesien het. Die lenige vrou met die stil, sterk gesig. Daarna ook in rolprente soos Die Storie van Klara Viljee, Invictus, Roepman, Hoofmeisie en Pad na Jou Hart. En in toneelstukke soos Die Van Aardes van Grootoor, Straties, Faan se Stasie en Ouma en Oupa Sit op die Stoep. En op TV in Nommer Asseblief, Arende, Meester, Meeulanders, Manakwalanders, Orion, Vallei van die Sluiers en Donkerland. Vanaand word sy vereer vir haar bydrae tot teater.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het haar in ander se stories gesien – snaaks dat ek nooit van haar eie storie geweet het nie. “Ken jy haar storie?” vra vryskut-joernalis Ilza Roggeband my dié aand tussen die roesemoes blink sterre. Vertel: Lida is ‘n Namakwalander, wat in die Paarl skoolgegaan en daarna onderwys aan die Universiteit van Kaapstad studeer het. Soos so baie ander het ook sy by Babs Laker se Akademie vir Dramakuns studeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy’s Engeland toe, het weer ‘n draai in Suid-Afrika gemaak en het toe by ‘n klooster in Engeland aangesluit. Dié stukkie fassineer my: Lida kom terug en word ‘n non op Kuruman. Hou daarna op Bloemfontein skool. Ontmoet haar man. Trou. Word aktrise.

Vanaand staan hy styf langs haar, akteur Johan Botha, die een wat my maskara toets toe hy in sy huldeblyk aan haar van die verhoog af praat met sy “ingel” en haar vertel hoe lief hy haar het. Met hom het sy op 35 getrou en begin toneelspeel. En iewers in my agterkop onthou ek hoe hulle twee skater in ‘n onderhoud oor die vraag wat hul huwelik oor soveel jaar maak werk. “Drank en seks.” En Lida wat byvoeg “Ek drink en hy…”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Na die formaliteite kyk ek hoe Lida haar familie buite die saal groet, hoe hulle mekaar vashou, lank vashou, styf vashou. En skielik wens ek sy was my buurvrou, die wyse, eerlike een langsaan aan wie se voete jy kon gaan sit.

Die storie loop: daar’s spesiaal gereël dat iemand die veterane net na die formaliteite huis toe neem. Sodat hulle kan gaan rus. Hulle is mos nou eenmaal nie vandag se kind nie. Sommige waag dit om in die oorvertel van die storie te sê hulle is oud. Dit was immers ‘n lang dag, en so.

Watwou. “Gaan julle maar,” hoor ek Lida sê. “Hier’s ‘n afterpaartie. Ons bly. Sal op ons eie by die hotel kom.”

Lenige Lida. Talentvolle Lida. So dís jou geheim? Want skuins anderkant 80 jaar oud maak jy steeds jou stem dik en dring jy aan om te bly. Vir die afterpaartie.

So moet dit wees. Ons moet bly, vir die afterpaartie.

Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.