kategorieë: LeesOntspanning

Boek van die maand: Swartval

Martin Steyn het 2015 se ATKV Woordveertjie vir Spanningslektuur gewen, en in 2016 sommer wéér so gemaak – die derde keer dat ’n skrywer dié gesogte prys twee jaar agtereenvolgens wen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

En pas het nog ’n boek uit sy pen die lig gesien. Swartval is anders in die sin dat dit nie doodreguit ’n riller is nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Claire Winters word in ’n sementsel gevange gehou deur, dink sy, die een wat die blomme op haar kar gelos het. Dié keer gee hy nie, dié keer wil hy vat. Vir háár. Haar hoop is dat haar broer, ’n speurder, dalk sal kom om haar te red – hy weet immers wie die man is wat haar ontvoer het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Steyn voer ’n kragtoer uit deur in die prooi se kop te klim, haar pyn, asook die reis nadat die raaisel “opgelos” is, kragtig en met patos te ondersoek.

Behalwe dat Steyn hom binne drie jaar sekerlik as een van ons voorste skrywers in die riller-genre gevestig het, is dit sy menslike benadering tot karakters wat hom kop en skouers bo ander laat uittroon. Die uitsonderlike sielkundige riller bevestig dit luid en onvergeetlik. En die wonderbaarlike is: dit raak nooit, nooit kil en klinies nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Uitgewersprys R240
rooi rose R216

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.