kategorieë: OuerskapJou lewe

Boeliegedrag: die rol van stories

“’n Lae selfbeeld, onsekerheid, en kulturele, sosiale of gesinsverwante knelkwessies vind op verskeie manier uiting,” sê Brian Helsby, die hoof van Youth Mobilisation by die sosiale nieregeringsorganisasie Heartlines. “Boeliegedrag is een daarvan.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Heartlines het onlangs ’n nasionale inisiatief met die naam What’s Your Story geloods.  “Ons leef in ’n wêreld van stereotipes, en tot ons mekaar se stories hoor en verstaan sal ons mekaar volgens blote opinies en aannames hanteer. What’s Your Story wil die onderliggende kwessies wat op negatiewe gedrag soos rassisme en boelie uitloop deur die vertel van persoonlike stories aanspreek.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Stories vorm die manier hoe ons na die lewe kyk. Dis deel van ons gemeenskap, en daarom die perfekte platform om verdraagsaamheid, empatie en begrip te bevorder. ’n Eenvoudige manier om boeliegedrag en wedersydse onverdraagsaamheid by skole of in jeuggroepe aan te spreek, is om jongmense na mekaar se stories te laat luister.” Wanneer jy iets van iemand se agtergrond verstaan, agterkom dat sy drome met joune ooreenstem, en na sy vrese luister, gaan ‘n ander  wêreld vir jou oop. Jy kan nie weer met dieselfde gesindheid na hom (of haar) kyk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Heartline se doelwit is om uiteindelik meer as tien miljoen mense dwarsoor die land deur die deel van persoonlike verhale te bereik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kyk, en deel self

Gaan kyk self! Op www.whatsyourstory.online kan jy die stories lees, luister en sien wat reeds daar gedeel is. Kry meer insig in die lewens van mense wat armoede, siekte, gestremdheid in die gesin of ander uitdagings ervaar het. Dalk is dit heeltemal anders as jou storie; dalk is daar ooreenkomste.  Jy kan ook jou bydrae lewer!

Hulpmiddels

By Brian@heartlines.org.za is daar die volgende hulpmiddels (in Engels) vir jeuggroepe van hoërskoolouderdom beskikbaar:

’n DVD met:

• vier Lewensoriëntasie-lesse om begrip, vertroue en rekonsiliasie in die klaskamer te bevorder

• hoe om die vertel van persoonlike stories verder as die klaskamer te neem

• ’n Heartlines-film, The Miners, wat tot besprekings oor diversiteit en kulturele bewustheid kan lei

• ’n Ware verhaal van twee hoërskoolvriende wat mekaar se wereld betree en begrip bevorder.

“Stories kan vrees oorkom, weet jy … Hulle maak die hart groter.” Ben Okri

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.