Boelies en vergiffenis – Robert Pattinson

Boelies en vergiffenis – Robert Pattinson deur Margaret Gardiner.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Boelies en vergiffenis – Robert Pattinson

Ek het The Lighthouse op ’n koue, reënerige dag in Cannes gesien. Mense het in rye gestaan, saamgebondel onder sambrele, om ’n wit-en-swart weergawe te sien van die soort karaktervertolking wat dit selde tot op die silwerdoek maak.

The Lighthouse is anders as enige ander fliek wat ek nog ooit voorheen gesien het. Robbert Pattinson speel die rol van ’n leerling-vuurtoringwagter. Sy senior kollega – gespeel deur Willem Dafoe – kan ’n mentor wees, maar verlekker hom eerder daarin om die jong Pattinson se karakter af te kraak en uit te daag. Dalk sou die jonger man in ander omstandighede en tussen ander mense nie so erg geaffekteer gewees het deur die didaktiese geboelie nie. Maar in stormweer op ’n eiland met geen ander afleiding nie, ly die menslike psige.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: ’n Ernstige gesprek met Robert Pattinson

Dit laat mens noodwendig nadink oor die konsep van isolasie.

Die wêreld draai vinnig, en ons voel dikwels oorweldig deur die aanslag. Stilte kan ’n welkome uitkoms bied. Maar aan die ander kant kan gedwonge afleiding net so stresvol wees as te veel stimulasie. Twee mense, alleen op ’n eiland, met een wat meer mag het as die ander, kan lei tot ’n desperaatheid wat ’n mens tot op die rand van die afgrond kan neem. The Lighthouse verken hierdie tema, en beeld uit hoe swaar die psige kry.

Lees ook: Ons het almal sulke dae …

Robert Pattinson het natuurlik bekend geword danksy die Twilight-reeks, en danksy dit het hy amper oornag ’n teiken geword van ’n byna waansinnige groep aanhangers.

Charlie Sheen het gesê: “Ons berei ons kinders voor vir mislukking, maar niemand berei mens voor vir sukses nie.” Die soort isolasie wat saam met ekstreme roem kom, is moeilik om te verstaan vir die gemiddelde mens. Die druk van mense wat heeltyd na mens staar klink dalk na ’n droom vir mense wat dit nog nooit ervaar het nie, maar dit kan ’n jong volwassene hard slaan. In die vroeë jare het Pattinson baie ongemaklik gelyk met sy plek in die kollig.

Lees ook: Michael Douglas oor oud word en verhoudings

Margaret en Robert Pattinson

In my onlangse gesprek met hom op my YouTube-kanaal was hy baie gemaklik. Hy het ons op ’n heerlike avontuur vol lag en interessante onthullings geneem. Dit lyk beslis asof Pattinson op ’n goeie plek is in sy lewe, en gereed vir die uitdaging van Batman. Mens moet gemaklik wees met roem as jy daardie skoene wil vul, en dit lyk asof hy gretig is om die rol te vertolk.

Vir die wat hom ken as ’n gefolterde teenwoordigheid in onafhanklike flieks, sal hierdie onderhoud dalk as ’n aangename verrassing kom. Hy lag die hele tyd, maar praat ook oor hoe dit voel om geboelie te word.

Lees ook: Adam Driver in Venesië

Op ’n ander noot: mense los dikwels kommentaar op my sosiale media blaaie oor vullers en ander dinge wat hulle beweer ek met my gesig gedoen het. Die waarheid is dat wanneer ek gerus het en baie water gedrink het, lyk my gesig voller. Soms word ek wakker, en dan lyk ek soos op hierdie foto – die sakkies onder my oë lyk asof hulle sakkies het! Uitputting doen dit aan ’n mens – ek vergewe myself dat ek normaal is. Ek vergewe ook diegene wat uit hul gate kruip en my aanval op die dae wat ek beter lyk as wat ek eintlik voel.

Lees ook: Die dinge wat mense kwytraak

Gaan kyk gerus na hierdie video vir ’n regtig lieflike onderhoud met Pattinson en ’n realistiese insig in hoe beligting en ’n oomblik kan verander wat ’n lens vasvang. En volgende keer as jy ’n onvleiende foto van jouself sien, dink aan my, en moenie wreed wees met jouself nie.

Haal diep asem en laat dit gaan.

Loer hier na die video

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis alles gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.