kategorieë: InspirasieJou lewe

Book Dash: kinderboeke vir Afrika

Book Dash: kinderboeke vir Afrika deur Mariette Snyman. Foto’s: Hooffoto Pexels, ander foto’s verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eendag was daar … drie mense in die uitgewersbedryf wat besluit het genoeg is genoeg. Hulle het geweet hoe duur dit is om ’n kinderboek uit te gee, en besef miljoene kinders in Suid-Afrika se gesinne kan dit nie bekostig nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hulle was oortuig storieboeke maak kinders gelukkiger, kreatiewer, slimmer (omdat dit breinontwikkeling aanhelp) en dat boeke ouers of versorgers uitnooi om kwaliteittyd saam met kinders te bestee. Lees versterk bande; lees is plesierig; lees doen jou goed.

Lees ook: Help jou kind se leesvaardighede aan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toe maak hierdie drie mense – Arthur Attwel, Michelle Matthews en Tarryn-Ann Anderson – ’n plan. Hulle het Book Dash gestig, ’n niewinsgewende organisasie wat vrywilligers saamtrek om hoë kwaliteit kinderboeke te skep.

Tydens ’n Book Dash-geleentheid trek hulle uitgesoekte vrywilliger-creatives saam wat binne twaalf ure ’n kinderboek skep. Daarna word die boek finaal versorg en op Book Dash se webwerf gelaai waar dit wag om gratis gelees, afgelaai, gedruk of versprei te word – of vertaal of op enige ander manier gebruik te word, solank Book Dash die nodige erkenning kry.

Dink net: die enigste koste voor ’n boek in ’n kind se gretige hande beland, is die drukkoste.

1 Hoe kan ’n kinderboek in slegs 12 ure geskep word?

Ons is so gelukkig om talle aansoeke te kry van skrywers, illustreerders, ontwerpers en redigeerders wat aan ons projek wil deelneem. Ons kyk na hul portefeuljes en kies ervare en talentvolle mense omdat die eindproduk van uitstaande gehalte moet wees. Hierdie mense werp hulle hart en siel in die proses.

’n Tipiese Book Dash vind in ’n groot stad plaas en behels ongeveer 50 mense:

  • Twaalf spanne wat uit ’n skrywer, illustreerder en ontwerper bestaan wat reeds vooraf storielyne en rowwe karaktersketse geskep het
  • ’n Ondersteunende span wat redakteurs, kunshoofde, tegniese bestuurders en logistieke personeel insluit.

Ons hou by ’n fyn beplande skedule, duidelike roluiteensettings, riglyne en templette, terwyl ons genoeg ruimte laat vir spontane kreatiwiteit. Ons span elke minuut doeltreffend in en kies selfs die kos om die deelnemers se energievlakke hoog te hou. Almal is entoesiasties en lewer hul beste werk. Boonop word vriendskappe gesluit en is dit ’n wonderlike leergeleentheid. Dis soos die Comrades, maar vir kreatiwiteit. Die gevoel van bevrediging waarmee so ’n dag afgesluit word, is onbeskrylik.

Lees ook: Jy kan jou kinders aan die lees kry

2 Watter vereistes stel julle vir die boeke?

Ons fokus op genotvolle stories wat nie te veel van ’n les bevat nie. Ons doel is om ’n liefde vir lees aan te moedig. Dit moet lekker wees!

Die skrywers kry bondige riglyne rakende verskillende ouderdomsgroepe, maar nie so baie dat dit hulle inperk nie. Die boeke is op die gemiddelde Suid-Afrikaanse kind afgestem. Karakters, name en landskappe moet divers wees, maar toeganklik vir die lesertjies. Daar moet iets wees vir elke kind sodat hulle kan voel hulle is kosbaar en kan agterkom lees is pret.

3 Hoe kom die boeke by die kinders uit?

Ons werk saam met verskeie organisasies om die boeke gedruk te kry asook te versprei: gaan kyk gerus na bookdash waar ons vennote genoem word. Baie ‘gewone’ mense help ook deur skenkings te gee of op ’n ander manier te help. Geen bydrae is te gering nie.

Mense wat betrokke wil raak, kan op die webwerf op “Get involved” klik.

4 In watter tale is die boeke al vertaal?

In al elf die amptelike tale, asook in Frans, Duits, Kiswahili, Luganda, Lugbarati en ander tale – grootliks met die hulp van  africanstorybook.

5 Watter vreugdes ervaar julle afgesien van die hoë energie-inspuiting van ’n Book Dash-geleentheid?

By die weggee-geleenthede ontmoet ons van die kinders wat ons boeke gaan lees. Dit voel dikwels soos ’n partytjie!

6 Kan enigeen die boeke op julle webwerf gaan lees?

Ja, en hulle kan dit ook op hul tuisrekenaars aflaai! Daar is PDF e-boeke, PDF lêers wat drukgereed is, en in sommige gevalle ook oudioboeke. Daar is verder ’n Android app beskikbaar om die boeke te versprei: gaan na die Google App Store en soek na Book Dash. Gaan kyk gerus na ons boeke by https://bookdash.org/see/books/

Ons verskaf ook skakels na ander plaaslike en internasionale platforms met gratis kinderboeke.

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.