kategorieë: OuerskapJou lewe

Borsvoeding: in of uit?

In antieke tye was borsvoeding die enigste manier om ’n baba se honger te stil, reg? Nie noodwendig nie! In Egipte is houers wat bababottels kon gewees uit die tydperk 2000 voor Christus opgegrawe, en in Rome is “bababottels” van klei gevind in die graffies van babas wat gebore is tussen die eerste en die vyfde eeu na Christus. Bababottels is dus geen nuutjie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tog kan ons aanvaar dat borsvoeding millennia lank die botoon gevoer het. In die Weste was dit ook die aangewese manier van doen, totdat dit in die vroeë jare van die twintigste eeu in lande soos die VSA en Kanada ’n negatiewe kleur gekry het. Sommige mense het gemeen dis ’n “ongekultiveerde” praktyk, en dat baba- of formulemelk baie meer gesofistikeerd is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die gebruik van babamelk het toegeneem, veral ná die Tweede Wêreldoorlog, en in die laat jare sestig ’n piek bereik. Sedertdien beleef borsvoeding ’n opbloei.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Watter land is vandag die borsvoedingsmekka?

Die wenner is … Noorweë! Hier, nes in Swede en Denemarke, maak ruim swangerskapverlof dit maklik vir ma’s om lank te borsvoed. Hulle kan tot 49 weke volbetaalde swangerskapverlof neem, of 59 weke teen 80% van hul salaris. Boonop is werkende vroue geregtig op borsvoedingsbreuke tydens hul werksdag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Talle kraamhospitale in Noorweë word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie of WHO as “babavriendelik” geklassifiseer. Dit beteken hulle aanvaar geen gratis babamelk of bottels van privaatmaatskappye nie, en die personeel word opgelei om ma’s te help borsvoed van ’n halfuur na die baba se geboorte tot weke nadat hulle die hospitaal verlaat het. Advertensies van bottelmelk is taboe.

Die uitkoms van hierdie maatreëls is die hoogste borsvoedingstatistiek van alle ontwikkelde lande: 99% van die babas wat in Noorweë gebore word, word ten minste deels geborsvoed, en 80% van hierdie babas geniet die voorreg tot op ses maande, of later. Noorweë se klein bevolking (net sowat 50 000 geboortes per jaar) en die feit dat die bevolking relatief homogeen is in terme van opleiding, inkomste en sosiale denke, tel in hul guns.

Ma’s voed hul babas sonder skroom op busse, in parke, restaurante of winkels. Die nadeel is dat ma’s wat nie wil of kan borsvoed nie, die wenkbroue laat lig.

Peru

Weens ’n baie hoë voorkoms van wanvoeding onder Peruviaanse kinders, het die regering borsvoeding ’n beleidsprioriteit gemaak. Sedert die jare negentig word gesondheidswerkers opgelei om borsvoeding aan te moedig en soveel moontlik steun aan ma’s te verleen. Vroue met kinders onder 12 maande mag ook borsvoedingsbreuke neem by die werk.

Elke Augustus, tydens Internasionale Borsvoedingsweek, organiseer die Departement van Gesondheid kompetisies om te sien watter vrou haar kleinding die langste aaneen kan voed. Hierdie benadering werk! In 1992 is minder as 20% van alle Peruviaanse babas uitsluitlik geborsvoed. Teen 2012 het die syfer gestyg na 67.5%.

Privaat en skoon

As jy verkies om in privaatheid te borsvoed, met ’n rits moderne geriewe tot jou beskikking, is Japan die plek vir jou. Hierdie land snap skynbaar dat ma’s nie net op twee plekke – tuis of op kantoor – na hul kinders omsien nie. Ma’s reis ook per trein of vliegtuig, gaan winkel toe, besoek ampsgeboue en gebruik openbare ruimtes – dikwels met ’n honger baba op tou. Gratis borsvoedingskamers is oral beskikbaar, en daar is selfs toepassings (apps) wat jou help om die naaste een op te spoor.

Anderkant die deur wat met ’n bababottel gemerk is wag daar skoon, ruim areas met genoeg plek vir babawaentjies, private hokkies met gemaklike voedingstoele, wasbakke asook warm water vir vroue wat hul melk wil stoor. Soms is daar selfs speelareas en prenteboeke om ouer kinders besig te hou.

Hierdie benadering werp vrugte af: omstreeks 97% van alle babas wat in Japan gebore word, word minstens deels geborsvoed.

Brittanje en die VSA word as “bababottelkulture” beskou. Sommige studies dui op ’n 20% borsvoedingstatistiek in Brittanje en op 32% in die VSA. Kort swangerskapverlof en besige skedules maak dit moeilik vir ma’s om babas te borsvoed, en bottelvoeding is sosiaal meer aanvaarbaar as in lande soos Noorweë.

Is jy tevrede met die manier hoe borsvoeding in Suid-Afrika – of waar jy ookal woon – benader word? Dit sou interessant wees om ’n ma te hoor sê sy emigreer omdat die land van haar keuse die beste borsvoedingsgeleenthede bied!

Deel jou kommentaar met ons.

Lees ook: Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.