kategorieë: VerhoudingsJou lewe

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Dis asof kinders – van watter ouderdom ookal – met vet gesmeer is. Jy dink nog jy kan ’n bietjie met hulle gesels, dan is hulle op pad om iets anders te gaan doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar jy kan slim wees. Kyk watter van die volgende wenke vir jou werk:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 In die motor

As jou kind nog nie sy eie kar het nie, het jy ’n “captive audience”. En as hy klein genoeg is, kan jy munt slaan uit die rit skool toe en terug. Verban enige aktiwiteit wat oorfone verg; jy kan natuurlik sy gunstelingmusiek speel of dit afwissel met joune, solank dit in die agtergrond is.

Party mammas vleg aktiwiteite soos tafels oefen tussen die geselsies deur. Dis nogal pret as die kinders verskillende ouderdomme is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 In die kombuis

Lê jou kind voor as sy iets te ete gaan soek. Maak vir jou ’n koppie tee en knoop ’n geselsie aan.

3 Waar ookal in die huis

Min kinders sal nee sê vir ’n voetvryfie of ’n kopkrap – as hulle net eers daaraan gewoond is, kry jy dalk gereeld versoeke. Soms skep dit ’n lekker geselskans.

4 In lyn met jou kind se ouderdom

Dis belangrik om elke dag minstens ’n paar minute met elke kind te spandeer. Jy kan ’n kleintjie op jou skoot tel of saam op die vloer speel, by ’n laerskoolkind op die bank gaan sit na sy TV-program en gou gesels, of ’n ritueel met jou tiener hê om elke aand voor slaaptyd iets warms saam te drink.

Gereelde geleenthede vir gesels is goed omdat ’n kind nie altyd lus voel om oop te maak of iets te bespreek nie, maar die kans sal benut as dit nodig is.

5 In die algemeen

Alle mense praat die graagste oor dit wat vir hulle belangrik is. Probeer uitvind waar jou kind se hart lê. As sy verlief is, moet jy dalk na eindelose stories oor die wonderlike geliefde luister, maar dis beter as stilstuipe! Dis natuurlik ook waar dat sommige kinders toeklap en nie wil praat nie. Dan moet jy maar genoeg ruimte gee.

Wees wakker vir wanneer jou kind ’n geselsie wil inisieer. Dis dalk moeilik om jou weg te skeur van dit waarmee jy besig is, maar dis die moeite werd om die kommunikasiekanale só oop te hou.

Begin ’n vraag met “wat” eerder as met “hoekom”. “Hoekom het jy dit aangetrek?” stel ’n kind op die verdediging. “Wat dink jy gaan die meeste kinders vanaand aantrek?” werk beter.

Luister geduldig en help ’n kind om te dinkskrum om antwoorde te vind eerder as om advies aan te bied, al is die versoeking ook hoe groot.

Meer wenke by www.ahaparenting.com

Lees ook ons artikel “Kommunikasie tussen jou en jou kind”. Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.