kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 16

DIE OORBEL

Emily is vroeg op haar spoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Liesbet, vandag gaan ek en jy shop. Jy lyk soos ’n stok in ’n meelsak vandat jy so baie gewig verloor het. Eintlik haat ek jou daarvoor want ek sal my twee duur krone verruil om so ’n lekker lyf te hê soos jy nou het. Jy is nou vuurwarm hot, Sissie!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Liesl sien haarself nog nie as maer nie. Sy dra steeds die modes vir die molliges wat haar soveel jaar goeie diens gegee het. Die gedagte om nuwe klere te koop, maak haar benoud. Wat maak sy as sy weer gewig optel? Deur die jare van kind grootmaak het sy soms ’n vergeefse poging aangewend om gewig te verloor, maar met die eerste rusie met Konrad of wanneer ’n kind siek word, het sy haar kieste vol sjokolade geprop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek gaan niks duur koop nie. Wat maak ek daarmee as ek weer stoel?”

Emily gooi haar hande dramaties in die lug.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Jy weet nie wat vet is nie! Jy is nie so ’n stofpoepertjie soos ek nie. Julle langes se vet is oor ’n baie wyer area versprei. Jou lyf het nog altyd ’n vorm gehad. ’n Middel. Ek het laas ’n middel gehad toe ek tien jaar oud was!”

Liesl sny vir hulle elkeen nog ’n dik sny kaaskoek om by die tema van die gesprek te pas.

“Dis min of meer toe my boobs begin groei het en ek ophou swem het. Ek was vrek skaam daaroor. Jy moet onthou dis ook nie altyd lekker om die langste een in die klas te wees nie.”

Emily meet haar been langs die van Liesl.

“Soms wil ek jou mooi lang bene onder jou uitskop. Kyk nou net hierdie stampertjies van my. Die dice het vir jou reg geval Liesbet, beken dit nou maar. Kyk jou mooi dun enkels. Soos ’n resiesperd. En daai lang maer voete. Ogggg!”

Liesl druk haar vriendin styf vas.

“Maar ek is lief vir jou, al lyk jou voetjies soos strykystertjies!”

Konrad het altyd gekla dat Liesl en Emily soos tieners kan giggel. Ongeag die situasie, kry hulle dit mettertyd reg om lekker te lag.

“Kom kom, ons moet eerste vir jou nuwe onderklere gaan koop. Ek het my byna dood geskaam om Roxy te vra om vir jou skoon klere hospitaal toe te neem. Daai bloemers van jou gaan vandag nog asblik toe. Geen vrou met selfrespek trek haar broek tot onder haar bust op nie. Waar kry jy die goed? Voer jy dit van een of ander Amish gemeenskap in?”

Hulle vleg met Emilyt se Jeep deur die verkeer. By ’n larny mall kry Emily Liesl aan die arm beet en stuur haar in die rigting van ’n Franse onderklerewinkel met pryse wat Liesl laat hiperventileer.

“We need ’n full lingerie make over here. Il est une situation d’urgence! This is an emergency, lady!”

Sy swaai ’n kredietkaart onder Liesl se neus. ‘’Konrad het dit na my gekoerier met die opdrag: Vir Liesl en die kinders, in geval van nood. Wel, ons het ’n noodsituasie op hande. Terloops, wat gaan aan met Konrad? Hoekom so geheimsinnig oor sy reisplanne? Vlug hy vir die mafia of iets?”

Liesl kan nie van die onrustigheid oor Konrad ontslae raak nie. As hy die moeite gedoen het om vir Emily ’n kredietkaart te stuur, moet hy baie onseker voel oor die toekoms. Konrad kan Emily nie verdra nie, maar hy het nog altyd geweet sy is die sterk een tussen hulle twee.

Emily en die opgewonde Franse verkoopsdame bespreek Liesl se lyf en die grootte van haar borste asof sy ’n skouperd is. Liesl vang net hier en daar ’n woord tussen die Frans.

“Mmm no need for ’n push up bra, she’s got enough volume. Goodness, was this Noah’s wife’s bra? This brand has been discontinued years ago. We should send this to a bra museum!”

Liesl vererg haar oor die manier waarop haar gunsteling bra bespreek word. Daar was nog nooit fout met die manier waarop dit haar ondersteun het nie.

“Wait till you see this…” en met die aankondiging ruk Emily die syjassie oop. Dis die eerste keer wat Liesl in ’n winkel is waar jy ’n spesiale jassie moet aantrek as een van die kenners jou meet vir die perfekte bra.

“Vous plaisantez!”

“Told you! I am not joking!”

Die twee bekyk haar sindelike kantoenbroekie wat haar agterstewe netjies toemaak en nie op ongemaklike plekke inkruip nie.

“Qu’est-ce qu’un buste parfait! The perfect body for our new range. In fact you are Tulipe d’âge moyen! O, tulip lady!”

Die verkoopsvrou se stemmetjie styg ’n paar desibels. Liesl voel bietjie soos ’n hoërskooldogter op panty parade in die gimnasium.

“Ek dra net nie broeke wat in my tulpie optrek nie!” maak sy by voorbaat beswaar.

“Ag Liesbet, jy is tog so ’n ou Priss! … Lady, show us the full range of Tulipe d’âge moyen!

Liesbet, dis tyd dat jou tulp weer blom!”

Liesl paradeer blosend voor haar waarderende gehoor. Emily maak ’n stapeltjie wat haar goedkeuring wegdra en na wat vir Liesl soos ure se marteling voel, word die fyn kantgoedjies in sneespapier verpak en in ’n satyndrasak aan haar oorhandig.

“Je vous salue ma tulipe parfait!” sê die vrou wat in ’n eksotiese parfuumwaas omhul is en soen Liesl op haar wang. Emily, wat Konrad se kredietkaart rondgeswaai het, kry sommer twee soene.

“Huh, wat sê sy?” vra Liesl as hulle uitstap.

“Maak nie saak nie meisie. Daar is niks wat ’n mens so goed laat voel soos sexy onderklere nie. Hmm hoe voel daai Tulipe d’âge moyen nou aan jou lyf?”

Emily hou daarvan om van als ’n okasie te maak. Sy skud die papiersak met Liesl se staatmaker bra en katoenpantie dramaties in die lug.

“Tyd om op ’n waardige manier van dié spul ontslae te raak!”

In Liesl se lapa word ’n vuurtjie aangepak. Liesl skink die vonkelwyn wat Emily langs die pad gekoop het en Emily stook die vagevuur.

“Tjorts my pel!” sê sy en lig die glas na Liesl wat verstom staan en kyk hoe haar sindelike onderklere op ’n brandstapeltjie vlam vat.

“Op Simone de Beauvoir en Virginia Woolf! Brand die bra’s vir ons susters!”

Skaterend teug Emily en Liesl hul glase leeg en gooi dit op die vloer stukkend.

“Dit was bietjie oordramaties! Jy het darem die kuns om van iets kleins ’n skouspel te maak, Em!”

Hulle stap saam na Liesl se studio sodat Emily haar mening oor die laaste skilderye vir die uitstalling kan gee. Dit is trouens die eerste keer wat Liesl in die studio kom sedert die aand van die pille. Hulle staan saam en kyk na die skildery waaraan sy daardie aand gewerk het.

“Lyk so ’n bietjie soos Medusa? Geen wonder jy wou haar haartjies knip nie. Het jy die mitologiese figuur in gedagte gehad of iemand anders? … Iemand met big hair?”

Liesl neem die halfvoltooide skildery van die esel af.

“Ek het daardie aand te veel wyn gedrink, dis al.”

Sy buk om stukke van ’n gebreekte wynbottel op te tel.

Tussen die stukke blink iets. ’n Groot goue hoepeloorbel.

“En dié,” vra Emily. “Dis mos nie joune nie? Kyk, daar is bloed aan!”

Liesl voel hoe sy koud word.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.