kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 21

‘Vasbyt ou girl …’

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Arende se soektog is baie gefokus. Asof hulle Konrad se gewoontes ken, mik hulle op die kratte in die motorhuis. Dit word in paneelwaens gelaai. Selfs die kratte met die kinders se ou skoolboeke en Liesl se kunsleggers spring nie die snuffeltog vry nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Henk Loots marsjeer soos ’n generaal tussen die span in die motorhuis en die klomp in die studeerkamer. Hy sorg dat Armand Verhoef en sy manne Liesl en haar besittings met respek hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Emily en Roxy arriveer met skreeuende bande.

“Wat bedoel jy ons kan nie ingaan nie? Dis ons vriendin se huis en sy het ons nodig!” Emily hou haar in ter wille van Liesl as die polisie haar probeer keer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die pers sak op die twee vroue toe en peper hulle met vrae.

“Weet julle waar Konrad Burger is?”; “Woon hy nog hier?”; “Waar kruip hy weg?”

’n Fotograaf maak die groot fout om sy lens in Roxy se gesig te druk. Sy plant haar imposante gespierde lyf voor hom. Haar stewels kap behoorlik in die sypaadjie in en die draak op die tatoe op haar boarm glim in die oggendson.

“Ek stel voor jy klim terug in jou hok. En as jy weet wat goed is vir jou, neem jy ’n paar van jou pelle saam!”

Emily waai verwoed met haar arms as sy Henk in die oprit sien.

“Hei! Laat ons inkom voor Rox die pers vir brekfis opvreet!”

Roxy het die maer fotograaf stewig om die skouers beet asof hulle ou vriende is. Sy druk hom kamma teen haar vas.

“Nee wat, Em, ek en die ou verstaan mekaar … Nie waar nie, grootman? Jy weet mos as jy weer jou lens in my gesig druk, gaan ek jou kniekoppe afskop?”

Emily besef Roxy se PR effort gaan ’n tragedie afgee as sy nie ingryp nie.

“Ouens! Ons is bietjie gestres en bekommerd oor ons vriendin. Sy en Konrad Burger is geskei en hy woon nie meer hier nie. Hy het al sy besittings verwyder en julle gaan ongelukkig geen juicy stuff hier kry nie. Gaan kuier gerus by sy vriendin, Isa, by Esselenstraat 38. Dis waar hy deesdae bly. Miskien is hy daar?”

’n Paar joernaliste skryf die adres gretig af en spring in hulle motors om by Isa te gaan aanklop.

“Emily! Hoe kan jy so onverantwoordelik wees!”

Henk stoom woedend by die hek uit en gryp Rox en Emily elkeen ferm aan ’n arm.

“Julle twee maak sake erger!”

“Ek het hulle mos net reggehelp? Nou weet hulle waar Konnie bly. Dink net hoe verras Isa gaan wees. Foei, ek hoor die arme mens se hele gesig is toe onder verbande. Vertel glo vir almal sy het ’n allergie opgedoen en haar gesig dop af. Dit gaan seker styf trek ook, as jy my vra. Ek voorspel ons gaan een van die dae ’n spinternuwe Isa sien!”

Roxy kruip saam met Liesl onder die duvet in terwyl Emily skoon klere uit die kas haal. Emily hou daarvan om in beheer te wees.

“Kom kom, Rox, gaan maak sterk tee met baie suiker! … Liesl, stort toe met jou! Ons gaan nie maklik lê nie. Ek bel Engela gou want vandag moet ons weet wat in Konrad se lewe aangaan.”

Min mense waag dit om Emily se bevele te ignoreer. Nie eens Roxy nie.

Twintig minute later is Liesl aangetrek en versterk met Roxy se soet tee.

Henk kom sit by die vroue in die sitkamer.

“Hulle is amper klaar. Hulle kry in elk geval nie waarna hulle soek nie.”

Liesl vertel Henk van Konrad se opruimingsproses die vorige week.

“Ek weet daarvan …”

“Henk! Ek dink ek het die reg om te weet wat aangaan. Ek moet vandag nog met die kinders praat en ek het antwoorde nodig.”

Henk boender Emily en Roxy teësinnig by die deur uit asof hy nie klaar weet Liesl bespreek alles met Emily nie.

“Liesl, hoe minder jy weet, hoe veiliger vir jou en die kinders.”

“Nee, nee, nee! Henk! Dis nie goed genoeg nie! Ek leef in vrees en bekommer my dood!”

“Wat vandag hier aangaan … Iemand by EMKO het drooggemaak en hulle pak die skuld op Konrad. Wees gerus, hulle sal niks bewyse kry nie. Konrad se dokumente is skoon.”

“Jy laat dit klink of Konrad iets het om weg te steek? Hoekom moes hy so deeglik ‘skoonmaak’?”

Verhoef kom by die deur in en lig Henk in hulle is op pad na Konrad en Isa se huis.

“Ek kom saam! Ek het jou mos gewaarsku julle mors julle tyd met Konrad. My kliënt is in die buiteland en het nie nou selfoonopvangs nie. Julle het reeds sy reisdokumente ontvang. Julle sal sien alles is in orde.”

Liesl probeer Henk keer voor hy saam met Verhoef uitstap.

“Is alles regtig in orde, Henk?”

Sy selfoon lui en hy stap uit op die balkon om dit te beantwoord.

“Yes, speaking. I cannot hear you?”

Liesl staan skaamteloos nader as sy Konrad se naam hoor. Sy sien hoe Henk bleek raak.

“Can I please speak to my client? Yes, she is here. … Ok! OK!”

Hy hou die foon na Liesl en sy kan vir ’n breukdeel van ’n sekonde vrees in Henk se oë sien.

Liesl kan nie veel oor die krakerige lyn hoor nie. Sy hoor ’n verlangse stem in ’n swaar aksent. Dan hoor sy Konrad se stem. Daar is ’n klank in sy stemtoon wat sy nog nooit gehoor het nie: Angs.

“Lies, ek is lief vir julle. Sê vir Henk …” Dan klik die foon dood.

Henk se hande bewe as hy die een oproep na die ander maak. Liesl verander in ’n outomaat wat inligting inneem.

Konrad is in Dubai in hegtenis geneem. Dis nog nie duidelik wat die klag teen hom is nie.

“My sekretaresse sal sorg dat Ludwig dadelik opvlieg en Erna met ’n vervroegde vlug kom. Ek sal hulle bel en voorberei dat hulle met niemand moet praat nie. Die pers gaan groot gaan met die nuus. EMKO gaan glo ’n persverklaring uitreik. Lafaards! Hulle gaan hom verraai!”

Emily neem Henk onder kruisverhoor, maar as ervare regsman kry sy min nuwe inligting uit hom.
Erna is in trane as Liesl bel.

“Mamma is jammer, ek wou nie gehad het julle moet bekommerd wees nie. Ek sal daar wees as jy land.”

Dit breek haar hart om Ludwig in te lig hy sal sy rugbytoer moet prysgee. Sy is skielik woedend vir Konrad. Haar kind het so hard gewerk om span te kry. Nou bederf Konrad en sy dinge alles.

As Henk uiteindelik die selfoon van sy oor wegskeur, klink hy koel en saaklik.

“Is daar iewers waarheen jy en die kinders ’n paar dae kan gaan? Waar julle veilig sal wees? Of moet ek iets reël? Ek …”

Emily onderbreek hom.

“Ons gaan na ’n vriend se plaas in Mpumalanga. Dis afgesonder. Ek sal reël dat Liesl en die kinders reeds more soontoe vertrek. Intussen neem ek Liesl na my huis. Daar is hiper streng veiligheid in die kompleks.”

Liesl hoor hulle stemme net in die verte. Haar hande is om die beker warm tee gevou asof ’n yswind op die soel someroggend oor haar waai.

In haar kop speel die kort gesprek met Konrad oor die krakerige lyn oor en oor af.

“Liesbet? Moenie worry nie, ons sal hierdie ding uitsorteer. Glo my, ons sal. Ek het Engela gebel. Sy moet eenvoudig vanaand na my huis kom en vir ons antwoorde gee.”

Liesl bondel sonder om te dink klere in ’n tas. Sy voel haastig om uit haar eie huis te kom. Dit voel nie meer soos haar huis nie. Daardie white picket fence wat sy in haar verbeeldingsvugte om hulle ‘familiehuis’ gebou het, laat haar nou kwesbaar voel. Dis lankal te laag om al die onheil uit te hou.

Emily hou haar foon na Liesl uit. “Dis Harry …”

“Ja ou drama queen! Ek kom Maks netnou haal. Hy kan by my huis bly terwyl ons Mpumalanga toe gaan. Van hierdie oomblik af bekommer jy jou niks oor jou en die kinders se veiligheid nie, gehoor? Vasbyt ou girl, ek is nou daar.”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

18 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 weeks Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 weeks Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.