kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 24

Die bloedbesmeerde oorbel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Emily trek ’n paar toutjies by Dagblad en vind uit by watter plastiese chirurg Isa haar operasie laat doen het. Die chirurg het inderdaad ’n slegte reputasie en word gereeld van wanpraktyk aangekla. Hy skroom nie om op pasiënte te eksperimenteer nie. Die gesigontrimpeling wat hy op Isa uitgevoer het, is nog nie voorheen in Suid-Afrika gedoen nie en daar hang ’n groot vraagteken oor die prosedure omdat die Amerikaanse Food and Drug Administration bekommerd is oor die veiligheid van die operasie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Johan Duvenhage, ’n ondersoekende joernalis by Dagblad, bel Emily binne minute terug. Hulle het jare gelede saam gewerk en was eens ’n belowende ‘item’, soos Emily dit beskryf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Dit moet ’n fout wees, Johan, ek belowe ek het haar met my eie oë pas op die lughawe gesien! Sy het op ’n vlug Dubai toe vertrek. Hoe weet jy die vrou in die hospitaal is wel Isa? Haar gesig is dan in verbande toegewikkel? Ek sê jou, mater, hier is iets baie vreemd aan die gang. Is die vrou met die verbande wat julle by Konrad se huis afgeneem het wel Isa? Daai prokureur van Konrad lieg so mens kan niks glo wat hy sê nie!”

Die misterie rondom Isa maak die pad Mpumalanga toe korter. Ludwig bestuur en Emily leef haar joernalistieke belustighede uit oor die foon.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“My kontak by die lughawe sê Isa se naam verskyn nie op die passasierslys van daardie vlug van Emirates nie. As dit werklik sy is wie ons gesien het, vlieg sy met ’n vervalsde paspoort, dis verseker.”

Liesl bekyk Erna se kleedkamer-foto weer. Erna vergroot dit op haar skootrekenaar.

“Hoe kan ek die gesig van die vrou vergeet wat my man gesteel het? Dit is beslis sy. Kyk, die moesie onder die neus. Ek voel ek ken elke porie op daardie gesig.”

Liesl skuif die muis heen en weer oor die vergrote beeld van die styf gebotoxde gesig. Haar blik haak vas by die oor. Daar is ’n duidelike vars letsel aan die vrou se oorbel.

“Wag! Emily! Onthou jy die bloedbesmeerde oorbel wat ons na die pilledrama in my studio gekry het? Kan dit wees dat Isa daardie nag in my studio was?”

Emily reageer soos iemand wat die lig gesien het. As joernalis by ’n TV-program wat ondersoekende dokumentêre programme maak, hoef mens haar net ’n effense leidraad te gee dan raak haar nuuskierigheid op hol.

“Liesbet! Jy is reg! Daardie oorbel is verdag. Niemand wie ons ken – dis nou behalwe Isa – dra sulke kommen oorbelle nie. Dis nou wel egte goud en weeg ’n ton, maar hallo? Moet dit so groot wees? ’n Sirkushond kan daardeur spring …”

Emily weet hoe haar vriendin afdraaipaaie kan volg as sy ’n storie wil vertel.

“Em, kom tot die punt! Dink jy ook?”

“Ja, Isa was daardie nag daar, ek is daarvan oortuig. Ek weet jy is deur die blare, maar ek glo nie jy sal per ongeluk te veel pille sluk nie. Jy was geskok, maar darem nie op die rand van selfmoord nie.”

Die nagmerrie wat Liesl al weke treiter, is skielik helder. Die figuur waarmee sy in haar droom stoei. Die soet vloeistof wat in haar mond gedwing is.

“My droom, Emily! Dis my droom! Iemand het my daardie nag vasgedruk en my gedwing om die pille te sluk! Die gestoei. Iemand het my vasgedruk.”

“Jissie, jy het seker terugbaklei en Isa se oorbel uitgeskeur! O aarde, die ding raak nou hard core hoor! Hoekom sou Isa jou wil uithaal? Sy het mos klaar jou man afgevry?”

“Maar Emily, jy vergeet haar tantrum in die hospitaal oor Konrad se blomme aan my. Daai een is nie lekker nie. Ek was in die hospitaal te deur die blare om na haar oor op te let. Miskien is Henk reg, dinge is dalk nie meer reg tussen Isa en Konrad nie, maar is dit genoeg rede om my te probeer vermoor?”

Emily hiperventileer skoon van opgewondenheid oor die teorieë wat sy en Liesl in die kar rondgooi.

“Liesbet, dis dalk sy wat arme Engela ook geblaas het. Jy sê mos Engela kon haar nie vedra nie.”

“Jo jo, Em, as iemand mislik is met jou is dit seker nie genoeg rede om haar dood te skiet nie?
Daar skuil dalk meer agter die ding as net dit.”

“Die fluitjieblaser! Liesl, dis ook ’n vrou. Maar is Isa slim genoeg om bedrog oop te krap? Ek sou eerder gedink het iemand soos Engela sal die fluitjieblaser wees. Wag, ek bel Johan weer. Hy sal nie oor ons vermoedens uitpraat nie, maar sal kan uitvind wie die fluitjieblaser is.”

Die lyne gons soos Emily en Johan hul eie weergawe van die misterie rondom Isa uitrafel, maar Liesl onderbreek hulle.

“Emily! Daardie oorbel in Gerben se apartment! Ek het vergeet daarvan. Dis lyk soos die oorbel in die studio. Dis sweerlik die een in die studio se maat. En onthou die vroueroompies en parfuum in Gerben se badkamer? Ek dog die arme man het ‘n nuwe vrou in sy lewe, maar … Hy en Isa! Hulle knyp die kat in die donker! Sy verkul Konrad met haar eks! Altans, ek dink so …”
Emily en Johan debateer oor die foon oor die saak en besluit Liesl het inderdaad ’n punt beet. Hulle glo Gerben maak verniet of hy Konrad wil help.

“Hy is dalk een van die mense by EMKO wat Konrad wil frame Gerben het genoeg rede om effe vies te wees vir Konrad. Dit moes ’n groot slag vir so ’n vaal knaap gewees het om ’n ‘hot’ vrou soos Isa te verloor.”

Johan lui af om te gaan uitvind wie die fluitjieblaser by EMKO is.

“Liesl, jy weet ek is nie Konrad se grootste fan nie, maar selfs ek kan nie glo dat hy werklik skuldig is aan bedrog nie. Daar is ’n lelike geknoei daar by EMKO en ons moet self uitvind wat aangaan. In hierdie stadium vertrou ek niemand nie. As ou Engela net betyds by ons kon uitkom. Daardie aand toe by Konrad se kantoor ingebreek is. Ek dink iemand wou Konrad waarsku. Wat sal ‘Jy sal spyt wees’ beteken? Dis groot teen die muur gespuitverf. Het Konrad toe reeds iets gedoen wat die booswig kwaad gemaak het? Of was dit ’n waarskuwing vir iets wat Konrad nog op pad was om te doen?”

Die gelui van Emily se selfoon laat die insittendes van die motor skielik stilsit. Hopelik het Johan nuus oor wie die fluitjieblaser is.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.