kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 40

Bikini-waks

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Liesl skaam haar effens oor sy teleurgesteld is dat Harry tydens haar rustyd op sy plaas nie een naweek ’n draai kom maak het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat gaan aan met jou? Maan sy haarself. Jy is immers ’n vrou wat pas deur ’n trauma gegaan het en is veronderstel om te rou?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Haar hart is baie seer oor Konrad, weet sy. Dit is ’n ou seer wat oor jare net nie gesond kon raak nie. Elke keer is die roof opnuut oopgekrap. Sy weet die seer oor Konrad sal altyd in haar wees. Sy weet ook dat vergifnis dit laaf.

Ludwig en Harry het ’n paar keer oor die foon gepraat terwyl sy op die plaas was. Sy is bly haar seun raak al meer ingegrawe in Harry se betrokkenheid by teenstropingsveldtogte. Dit sal hom kans gee om sy kop uit te sorteer. Sy het baie begrip vir haar kind se besluit om nie terug te gaan universiteit toe nie. Dit was net die rugby wat hom daar gehou het. Sy hart was van die begin af nie by sy BCom-kursus nie. Ludwig is ’n natuurmens. Sy gun haar kind sy nuwe vryheid.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Erna en die jong veearts wat met die perderehabilitasie op die plaas werk, is baie danig. Daarom was sy verstom toe Erna aankondig sy wil teruggaan Londen toe om haar fotografiekursus te voltooi. Liesl dink dis ’n baie volwasse besluit van haar dogter as sy bereid is om vir ’n paar maande van haar nuutgevonde liefde te wees.

Met die kinders elkeen in sy eie koers begin sy die eerste keer in maande weer nadink oor wat die volgende stap in haar lewe gaan wees. Die siklus van drama het haar genoop om net met die stroom in te val.

Daar is aan die een kant prof Beekman se staande uitnodiging om by die universiteit te kom klasgee en sy voel baie lus om aan haar doktorsgraad te werk. Haar besoek aan die woestynland van Dubai het haar ook nuwe inspirasie vir ’n reeks skilderye gegee, maar daarvoor is sy nie dadelik lus nie.

“Emily, ek voel ek moet ’n ruk wegkom. Ek het tyd alleen nodig. Soos toe ek die Camino gaan stap het. Dit het my baie goed gedoen, maar ek is nou lus vir iets anders. Miskien die Inka-roete in Peru?”

“Goeie idee, Liesbet, jy het mos ’n ding oor Suid-Amerika. Wens ek kon saamgaan, maar jy is reg, dit sal jou goed doen om ’n ruk alleen te wees.”

“Em? Harry, wanneer laas het jy met hom gepraat?”

“Nog nie weer na die roudiens nie. Hy is mos al twee weke in die Krugerwildtuin besig.”

“O, ek het dit nie geweet nie. Hy het dan nie op die plaas ’n draai gemaak nie.”

Liesl is teleurgesteld. Harry het geweet sy is op die plaas en hy was naby genoeg om ’n draai te maak. Sy sou hom graag wou gesien het.

Maar dan waarsku ’n stemmetjie haar: Liesl, die man wil net vriende wees. Jy is nou ooremosioneel, moenie nou muisneste kry nie. Jy gaan net seerkry, en daarvan het jy genoeg gehad.

Sy weet sy is tot Harry aangetrokke, maar besef ook Harry is ’n geswore alleenloper. Die feit dat hy haar nie op die plaas besoek het nie, toon duidelik hy stel nie genoeg belang om 50 km af te lê om haar te sien nie.

Die wipplank van haar gedagtes help haar finaal haar besluit neem. Sy sal die Inka-roete gaan stap. Die keer gaan sy ook ’n man uit haar kop stap: Herman van Wyk. Vir wat moes sy nou op hierdie moeilike stadium van haar lewe op ’n man soos Harry verlief geraak het? Hy is glad nie die soort man van wie sy eintlik hou nie. Sy hou van mans wat goed versorg is, soos Konrad. Harry met sy kakiebroeke en vellies is nie veronderstel om haar hormone te roer nie.

Sy betrap haarself dat sy dagdroom oor die dag toe Harry haar in die grot styf vasgehou het, sy sien Harry met sy kaal voete voor die kavier. En dan hoor sy tangomusiek in haar kop en voel hoe sy en Harry oor die skuur se vloer in mekaar se arms gly.

Liesl! Liesl! Raas sy met haarself. Jou emosies hardloop met jou weg. Dalk is jy nie regtig op Harry verlief nie. Hierdie emosies is tipiese “rebound”-emosies.

Sedert sy besluit het om die huis te verkoop, voel sy ligter. Sodra haar besittings veilig gestoor is, gaan sy op ’n vliegtuig klim Peru toe.

Sy bespreek plek op die Inka-roete en sy sy-roetes. Hoe meer kilometers sy aflê hoe groter is die kans dat die wonde oor Konrad se dood effens sal herstel en dat sy oor haar kamma verliefdheid oor Harry sal kom, besluit sy.

In haar dagboek merk sy die dae af wat sy die Camino Inca en die sy-roetes gaan stap. Sy beplan om ook ’n tydperk op die Amasone-rivier deur te bring en as kunstenaar wil sy beslis die Nazca-sketse by Nazca en Palpa sien.

Asof haar lewe nie genoeg gekompliseerd is nie, lui haar foon en die fluweelstem van Michael Saunders oorreed haar om oor aandete ’n moontlike groot uitstalling in sy kunssaal te bespreek.

Miskien is Michael net wat sy nodig het om van Harry te vergeet? Ter voorbereiding van die ete bespreek sy vir haar plek in ’n salon vir ’n mani- en pedikuur … en ’n bikini-waks!

Hokaai! Waarsku die lastige konserwatiewe stemmetjie in haar. Hoekom het jy ’n bikini-waks nodig om saam met Michael te gaan eet? Wat beplan jy Liesl? Sy was op universiteit smoorverlief op die man en hy het die aand van haar uitstalling darem gewys sy is nie vir hom te onaardig nie.

Sy besluit om Emily diskreet te pols oor hoe nodig ’n bikini-waks vir ’n aandete-afspraak met Michael is.

“Mmm, Liesbet, as jy nou my eerlike opinie wil hê, is dit net wat jy nodig het om jou spanning te ontlaai. Ek bedoel natuurlik die waks-behandeling!”

“Ag man, ek weet wat jy eintlik bedoel. Dalk wil die man regtig net oor kuns gesels?”

“O ja? En dit nadat hy jou by die kunsuitstalling omtrent met sy oë uitgetrek het? Tot Harry het dit raakgesien!”

“O, het hy? Ek is bly hy sien darem raak wat met my gebeur.”

“Bespeur ek … Liesbet? Jy is tog nie verlief op Harry nie? Ek vermoed lankal …”

“Jy is seker mal Em! Hy is ons pel. Goeie ou Harry, onthou jy?”

“Harry is goed, maar nie dood nie. Ek het gesien hoe hy jou dophou daardie aand met die dans. En, onthou daardie pakkie wat hy vir jou gestuur het? Lindt-sjokolade, boeremusiek, brandewyn … en daardie nota waarin hy jou nooi om saam met hom in Argentinië te gaan tango! Julle tweetjies het ’n hele paar dingetjies …”

“Jy is lekker laf. Harry is nie ’n ou wat sommer sal vrouvat nie. Ek dink sy verloofde wat op die plaas begrawe is, was sy groot liefde.”

“Ja, en Konrad was joune, maar dit beteken nie een van julle mag ooit weer verlief raak nie.”

“Em, ons dwaal van die punt af, ek wil weet of jy dink dit is ’n goeie idee. Die bikini-waks?”

“Ag jitte tog vrou, gaan waks jouself en waks vir Michael, dan kry jy dit uit jou sisteem!”

Die gesprek met Emily oor Harry boer in Liesl se gedagtes terwyl haar hande en voete gepamperlang word. Haar hartklop versnel as sy op die tafel gaan lê vir die waks. Sy weet dit gaan pynlik wees en probeer op iets aangenaam konsentreer, maar hoe harder sy aan Michael Saunders se aantreklike gesig probeer dink, hoe harder hoor sy tangomusiek in haar kop!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.