Bestanddele
- 450 g (3½ k + 1 t) koekmeel
- 150 g (1 k) versiersuiker
- 150 g (1 k) mielieblom
- 500 g botter, in blokkies gesny
- 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- strooisuiker om oor te strooi
Nog idees:
Mout-en-sjokolade-brosbroodballetjies
- Vervang ½ k koekmeel deur ½ k mout (soos Horlicks).
- Rol 1 x 200 g-pak sjokoladeballetjies soos Whispers in brosbrooddeeg toe. Moenie te dik rol nie.
- Pak op ’n bakplaat en bak soos beskryf.
- Strooi versiersuiker oor.
Framboosharte
- Rol een hoeveelheid brosbrooddeeg op ’n skoon, meelbestrooide werkvlak uit en druk sirkels in pare uit.
- Sit die sirkels op die bakplaat en druk dan in een van die sirkels ’n hart of enige ander vorm uit. Lig die deeg versigtig uit. Bak soos beskryf.
- Plaas die afgekoelde koekiepare op ’n rak en skep sowat 1 t (5 ml) frambooskonfyt in die middel van elke koekie en sit ’n hartkoekie versigtig bo-op.
- Druk liggies vas sodat die konfyt die hele hart vul en sif versiersuiker oor.
- Laat staan die koekies liefs vir nog ’n uur sodat die konfyt heerlik kan insak en jou hart smelt.
Brosbroodvingers
- Kap 80 g geglasuurde gemmer fyn en 100 g donkersjokolade ruweg.
- Roer dit deur die deeg net voor dit in die yskas geplaas word.
- Druk die deeg dan styf in die pannetjie en bak soos beskryf.
