kategorieë: OuerskapJou lewe

Brugbabas: kan jy jou baba help roteer?

Brugbabas: kan jy jou baba help roteer? Deur Mariette Snyman. Foto’s Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is Heska Prins, getroud met Ryno Prins. Ons het twee pragtige seuntjies, Leroux (amper 3) en Fouche (6 maande).  Ek boer saam met my pa met sitrus en my man werk vir ’n sapmaatskappy waarheen ons van ons vrugte stuur om versap te word.  Ons het ook ’n partytjie- en trou venue, Buffelsfontein Bietjiebos, wat ons lekker besig hou. Ons woon naby Mooinooi aan die voet van die lieflike Magaliesberge, en is maar gewone plaasmense wat bid vir reën en vir babas wat reg lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Vertel van jou eerste swangerskap. Het alles goed afgeloop, en was Leroux in die regte posisie?

Dit was ’n fantastiese swangerskap. Ek was vir die eerste 14 weke erg naar en het die laaste 10 weke erge sooibrand gehad, maar dis maar deel van die swangerskap en ’n mens moet weet dit kan gebeur.  Verder was daar niks probleme nie en het ek elke oomblik baie geniet!

Op 36 weke het my gynae egter gesê Leroux lê met sy kop boontoe en ons sal met die volgende sonar moet kyk of hy gedraai het.  Ek was vasbeslote om die klein karnallie te láát draai want ek wou baie graag normaal geboorte gee! Ek het ’n klomp oefeninge op die internet gekry en dit so lank as wat ek kon uithou beoefen. Onder andere moet jy onderstebo lê, kop onder op die grond en boude op die bank.  Ek het wel ook met Leroux gesels en vir hom met my hand die draaibeweging op my maag gemaak om hom te wys hóé hy moet draai.

’n Baie gehoorsame baba van die begin af, want op 38 weke, met my volgende sonar, het hy reeds gedraai. Hoera!

2. Vertel van jou swangerskap met Fouche. Hoe het jy agtergekom hy is in die brugposisie?

Ek was op 34 weke by my vroedvrou en sy het sonder ’n sonar vermoed hy lê brug, daarna was ek weer op ongeveer 36 weke by die gynae en hy het dit bevestig. Ek was nie baie gepla daaroor nie want ek het mos nou geweet ek dra gehoorsame babas wat draai as mamma so sê. Ek het weer die oefenige begin doen en Fouche het ook maklik reg gedraai.

Brugbaba: Kan jy jou baba help roteer?

3. Spinning Babies is ’n betroubare bron van hierdie oefeninge. Hoe het jy van Spinning Babies te hore gekom?

Om eerlik te wees het ek eers ná Leroux daarvan gehoor, by my vriendin Cozette Loubser wat geweldig baie van swangerskap, geboorte en babas weet. Sy is by Babagim (‘n móét as jy swanger is of reeds ’n baba het) en sy het ook Sensible Birth begin (gaan loer gerus op Facebook, dis werklik ’n interessante blad, propvol nuttinge inligting).  Ek het besef die oefeninge wat ek gedoen het, is wel afkomstig van Spinning Babies.

4. Op watter tydstip het jy jou babatjies gehelp om te roteer?

Vanaf 36 tot 38 weke.

5. Wat het jy gedoen en hoe lank het dit geneem?

Ek het onder andere kussings op die vloer voor die sitkamerbank gepak, my kop op die kussings gestut en my boude bo-op die bank. ’n Mens kan ook ’n strykplank gebruik om op te lê, een kant op enigiets soos ’n koffietafel of dan die bank, en die ander kant op die vloer.  Ongeveer ’n minuut op ’n keer, vier keer per dag. Ek het dit natuurlik meer as vier keer per dag gedoen want ek wou baie graag hê hulle moes draai. Daar is wel nog ander oefeninge ook.

6. Hoe het dit gevoel toe jou babas draai?

Ek kon dit nie fisies voel nie, maar toe die sonar dit bevestig, wou ek uit my vel spring!

Brugbabas: Kan jy jou baba help roteer?

7. Was mense verbaas hieroor?

Nie regtig nie, ek het van die begin af met hulle altwee gesê hulle sál draai en nie daaraan getwyfel nie. As jy so seker is van ’n saak, móét mense jou seker glo.

8. Hoe het die geboorte elke keer afgeloop?

Altwee geboortes was verskillende, wonderlike ervarings. Ek het gelukkig ’n fantastiese vroedvrou, Erna Loedolff, wat altwee my wonderwerkies gevang het en met wie ek vreeslik goed oor die weg kom. Ons verstaan mekaar en sy was elke stappie saam met my. Sy het meer as 30 jaar ondervinding, wat ek definitief glo help in elke liewe situasie.

9. Sal jy Spinning Babies aanbeveel?

Definitief! Dit help jou nie net om die baba reg te laat draai nie maar vat ook onnodige spanning van ’n swanger mamma af.

Spinning babies: www.spinningbabies.com

Cozette Laubser – geboorte-opvoeder, Paramanadoela, Gevorderde BabyGym-instrukteur en Play Learn Grow-fasiliteerder van Johannesburg: cozette@sensiblebirth.co.za, sensiblebirth.co.za, Sensible Birth op Facebook en theartofcocreating.co.za (moenie die podsendings misloop nie!) Cozette bied kwartaalliks gratis twee uurlange inligtingsessies aan.

Vir nog interessante ouerskap-raad, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

15 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

20 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

23 hours Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

24 hours Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 day Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.