kategorieë: ReisOntspanning

Ontspan en herlaai by ’n luukse, tropiese vakansieoord

Ontspan en herlaai by ’n luukse, tropiese vakansieoord. Inligting en foto’s verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Oorvloed natuurskoon en ’n rustige, vreedsame omgewing verwelkom jou by die Constance Prince Maurice in Mauritius.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Paradys tussen meer en lagune

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Constance Prince Maurice is knus geleë in ’n eksklusiewe 60-hektaar private skiereiland in die noordooste van Mauritius. ’n Asemrowende, lowergroen ware paradys. Dié romantiese wegbreekplek met sy betowerende argitektuur is intiem en versteek wat vir jou die privaatheid waarborg wat jy nodig het terwyl jy van jou sorge vergeet en vir die oomblik lewe.

Die akkomodasie by Constance Prince Maurice bestaan uit junior suites, familiesuites, villas op stelte, strandvillas met private swembaddens asook die superluukse Princely-villa wat in ’n private deel van die hotel geleë is.

Stylvol en geïnspireer deur Feng Shui-beginsels, word perfekte harmonie regdeur die oord geskep.

Verfynde kookkuns en die grootste wynkelder in die Indiese Oseaan

Prince Maurice het drie gourmet-restaurante en vier kroeë. Die Archipel and Beach Deck Restaurant en die Asian Restaurant sal jou gastronomiese kant bederf, terwyl Mauritius se enigste drywende restaurant – Le Barachois – fusie-geregte wat op seekos fokus, voorsit.

Die vier kroeë sluit ’n 175 m2 wynkelder met eksklusiewe wyne, met ’n kapasiteit van 25 000 bottels in. Dit is die grootste wynkelder in die Indiese Oseaan.

Wynparings, die Princely-ontbyt en kookklasse is almal aktiwiteite om na uit te sien.

’n Spa-dag om te onthou

U Spa deur Constance en hulle Sisley-produkte sal jou van jou daaglikse bekommernisse laat vergeet deur hulle uitmuntende spabehandelings.

Probeer die masserings, velbehandelings, verhitte swembad, sauna, stoomkamer, koue swembad, haarkapper en Brice Nicham se mani- en pedikure.

Oefenprogramme wat joga en persoonlike afrigting insluit, sowel as gesonde maaltydopsies sal jou gou soos ’n nuwe mens laat voel.

’n Perfekte afslaan

Constance Prince Maurice het twee kampioenskap-gholfbane vir almal om te geniet. Slaan af in ’n wilde, tropiese omgewing, of speel seelangs in uitstekende lig. Moet net nie só na die pragomgewing staar dat jy vergeet om te speel nie!

Gaste speel by die Legend- en Links-gholfbane by die Constance Belle Mare Plage. ’n Gratis pendelbussie word verskaf.

Aktiwiteite vir almal

Boonop is daar aktiwiteite vir almal by Constance Prince Maurice, insluitend:

  • Twee tennisbane
  • Fietse
  • ’n Gholf-oefenbaan
  • ’n Groot, hoofswembad sowel as een waar rondtes geswem kan word.
  • Hobie Cats
  • Waterski
  • Laserbote
  • Trapbootjies
  • Snorkel
  • Seilplankry
  • Kajak
  • Weeklikse gratis vlieërseilklas

Daar is ook verskeie fasiliteite wat met betaling beskikbaar is:

  • Vlieghengel
  • Bootreise
  • Katamaran bootreise
  • Diepseehengel
  • Skubaduik (PADI & CMAS)
  • Valskermseil
  • Vlieërseil

Of jy net by die spa wil ontspan of aan adrenaliensport deelneem of selfs jou troue op een van die strande hou, Constance Prince Maurice is die tropiese wegkruip-paradys vir jou.

Loer hier vir nog lekker reis-idees

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.