kategorieë: ReisOntspanning

Camp Ndlovu: Weelde in Afrika-styl

Tussen die berge en riviere van die Waterberg-distrik in die Limpopo-provinsie lê dié 35 000 hektaar van uitsonderlike natuurskoon. Die malariavrye gebied is ook die tuiste van die wêreldberoemde Groot Vyf van Afrika.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sekuriteit is baie streng, en om die ongerepte omgewing te beskerm, word privaatvoertuie nie verder as Welgevonden se hoofingang toegelaat nie. Die aantal besoekers word ook streng beheer. Daar is veilige parkering vir jou motor by die ontvangsarea en jy word met ’n wildbesigtigingsvoertuig na jou kamp geneem. Camp Ndlovu se unieke ligging in die natuurreservaat en die rykdom van natuurlewe bied onvergeetlike wildbesigtigingservarings onder leiding van ervare gidse. Daar is nog nooit op die diere hier gejag nie, dus voel hulle nie bedreig deur mense nie – ’n paradys vir fotograwe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

By aankoms word ons groepie hartlik verwelkom deur die personeel en kampbestuurder met verfrissende drankies en snoephappies. Die argitektuur en dekorstyl van die kampgeboue, die voël- en dieregeluide, die kleure en geure van die plantegroei in die veld is outentiek-Afrika en tog is daar treffende ooreenkomste tussen Camp Ndlovu in Welgevonden en die gesofistikeerde boetiekhotel The Residence in Johannesburg (lees meer in die April 2018-uitgawe van rooi rose). Maar in Camp Ndlovu hang die reuse kristalkandelare aan rietplafonne en kaats reënboogliggies op ruwe klipmure en die groot spieëls met dik, sierlike rame weerkaats landskappe van veldgras en doringbome in die helder sonlig. ’n Kombinasie-ervaring van dié twee 5-ster-bestemmings is ’n baie besonderse en wonderlike belewenis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Camp Ndlovu se unieke ligging in die natuurreservaat bied uitstekende geleenthede vir wildbesigtiging en die kamp spog met net vyf eksklusiewe suites wat spesiaal ontwerp is om die maksimum privaatheid en gerief van gaste te verseker.

Elke ruim, luukse suite het ’n volledige badkamer met aparte stort asook ’n buitestort en bad (buite sig van apies en ander nuuskieriges!) en ’n private swembad op ’n houtdek, met mooi, gerieflike meubels vir buite-kuiers en ’n pragtige uitsig op die rivier waar ’n verskeidenhed diere daagliks in die koelte van die bome hulle dors kom les. Ook lugreëling en ’n waaier, ’n koning-grootte-bed, ’n sitkamer met kaggel, gratis WiFi, japon, pantoffels, komplimentêre badprodukte, ’n Nespresso-koffiemasjien (met pods) en ’n mini-kroeg. Al die meubels, toerusting en afwerkings is van die allerbeste gehalte en getuig van ’n goeie ontwerpersoog en fyn beplanning.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Etenstye by Camp Ndlovu is baie spesiaal – ’n kulinêre vreugde in Afrika-styl. Die spyskaart bied ’n verskeidenheid opwindende keuses wat wissel volgens die seisoen. Etes is heeldag beskikbaar in die eetkamer, op die terras of saans in die Boma onder die sterre. Dorstig? Die kroeg is oop.

Jy hoef ook nie jou fiksheidsprogram of skoonheidsroetine te verwaarloos nie – die gimnasium is volledig toegerus met alles wat jy mag nodig hê, en die spa bied elke behandeling wat jou hart kan begeer. Ek het na net één massering soos ’n splinternuwe mens gevoel! En al die ander wonderlike bederfdinge was ’n verkwikking vir liggaam en gees. Hier klop Afrika se hart nog sterk en warm. Lank lewe Camp Ndlovu!

Om die The Residence Portfolio-ervaring ten volle te beleef, kan jy jou verblyf by The Residence Boetiekhotel in Houghton, Johannesburg kombineer met ’n besoek aan Camp Ndlovu in Welgevonden, Limpopo. Meer inligting by theresidenceportfolio.co.za of Central Reservation: 011 853 2480.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.