kategorieë: Bekendes

Candice Bergen – Rolmodel

Candice Bergen – Rolmodel deur Margaret Gardiner. Hooffoto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Margaret uit Hollywood

Dis ’n koue, reënerige dag in New York, maar toe Candice Bergen by die vertrek instap, voel dit warmer. Op 72 is Candice terug op die kassie as Murphy Brown, die ondersoekende joernalis wat by ’n televisiestasie werk. Dié rol het haar vyf Emmy-toekennings en twee Golden Globes besorg.

Haar ouers was Hollywood-aristokrasie – haar pa, Edgar, was ’n bekende buikspreker en haar ma ’n beeldskone model en aktrise. Met haar blonde hare en klassieke skoonheid moes Candice destyds daarteen veg om nie as nog ’n talentlose blondine in Hollywood geklassifiseer te word nie, en sy het gereeld tipiese “ysprinses”-rolle gekry. Ná ’n rits flieks, het sy ’n rol in die komedie Starting Over gekry en teenoor Burt Reynolds gespeel. Sy was ook die eerste vroulike gasvrou op Saturday Night Live. Meer onlangs was sy te sien in Miss Congeniality en Sweet Home Alabama.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy het met rooi rose gesels oor haar terugkeer as Murphy Brown en haar destydse afspraak met ’n sekere Mnr. Trump.

Candice Bergen – Rolmodel

Hoekom is Murphy Brown nou weer relevant?

Dis die rede waarom ons die reeks teruggebring het! Ek en die skepper van Murphy Brown, Diane English, is vriendinne en kollegas, en mense het ons dikwels gevra of ons die reeks sou terugbring. Ons het altyd gewonder hoekom? Ons het dit mos gedoen. Maar toe het allerhande interessante goed begin gebeur, en daar was ook nuwe temas om te verken, en ek dink ons het dit reggekry om dit op ’n humoristiese, slim manier aan te raak.

Dis fantasties om die ou span terug te hê op stel. Dat ons almal nog leef, is ook fantasties (lag!) Ons het nege episodes gedoen, en het onder meer kwessies soos die #MeToo-beweging en immigrasie aangeraak. Ons het drie weke geskiet voor die episodes uitgesaai is, wat ons in staat gestel het om huidige kwessies in die nuus te takel. Ons het ook oor etiek en joernalistiek gepraat. Elke episode het ’n greintjie aktualiteit.

Dink jy die wêreld het juis nou vir Murphy Brown nodig?

Ek dink Amerika en die wêreld het nou mense nodig wat die waarheid uitbasuin. Donald Trump val die integriteit van die media deurentyd aan, en die waarheid word bloot geïgnoreer. Waardes, standaarde en blote menswaardigheid het vir hierdie man geen waarde nie. Hy bring al die slegte goed in mense na vore. Dis moeilik om teen so ’n sterk boelie op te staan, want jy kan nie op sy vlak terugbaklei nie. Maar stories soos Murphy Brown kan dit op ’n manier doen. Dis tyd om op te staan vir ons waardes, alles waarvoor ons kultuur vir soveel jare gestaan het – alles wat hy net wegwuif.

Hy het jou glo uitgevra toe jy 18 was?

Ons het een afspraak gehad! Een (lag)! En hy was nie heeltemal so onbesonne soos vandag nie. Hy was jonk en onbesonne (lag). Al wat hy gehad het, was geld. Hy het in ’n limousine opgedaag, en die limousine het by sy pak en skoene gepas – alles was wynrooi. Hy was ’n idioot. En ek was voor donker by die huis. Dit was ’n baie kort ete by ’n goeie restaurant, en dis omtrent al wat ek kan onthou. Ek het hom baie jare daarna nie weer gesien nie, maar wanneer ons mekaar nou en dan in New York raakgeloop het, was hy altyd beleefd en vriendelik. Maar dit gaan seker nou verander (lag)!

Was jy bang om weer in Murphy Brown se vreeslose skoene te klim?

Bedoel jy daar kan nou nagevolge wees? Ons is bewus daarvan dat sekere mense ons dalk kan teiken omdat ons ons posisie baie duidelik stel.

Ek kon dit nie glo toe Hillary Clinton in die eerste episode van die nuwe reeks verskyn het nie! Was dit moeilik om haar te oorreed om dit te doen?

Ons het dit van elke hoek en kant benader. Ons het mekaar al ’n paar keer ontmoet, en ons het elke mens gebel wat ons gedink het ons kan help om haar te oorreed. Sy was mal oor die manier waarop die toneel geskryf is, en ek het gedink dit was dapper van haar, want dit skeer ook die gek met haar, en tog het sy dit gedoen. Dit was ’n baie snaakse en slim toneel, en ek is bly ons kon dit laat werk. Almal moes tjoepstil bly daaroor. En ek moet bieg: sy is ’n uitstekende akteur!

Candice Bergen – Rolmodel. Foto: Magnus Sundholm vir die HFPA.

Hoe kry jy dit reg om gesond en fiks te bly sodat jy elke dag op stel kan wees?

Eerstens: dis nie ’n baie taai skedule nie. Dis seker die gemaklikste skedule in die geskiedenis van televisiereekse! Ons moes elke dag so teen nege-uur op stel wees en teen vieruur was ons klaar. Jy het nou seker alle respek vir my verloor (lag)!

Ek probeer gesond eet, maar ek is nie een vir oefening nie. Wanneer ek by die huis kom, is ek poegaai. Ons skiet eenstryk deur en ek moet heeltyd fokus. Dis ook nie meer vir my so maklik om my woorde te leer nie, dit was nog nooit vir my maklik nie, maar nou is dit ’n groter uitdaging.

Jy is ’n mooi vrou, was dit destyds moeilik om mense te oortuig dat jy ’n goeie aktrise is, en boonop snaaks?

Ek het eers ’n paar jaar gelede besef hoe gekompliseerd skoonheid kan wees – dis so belangrik vir mense. Veral in dié land. Jy moet daarteen baklei, want almal reageer net op hoe jy lyk. Hulle wil nie weet of daar meer in jou steek nie. Dit verg meer energie om jou as mens te laat geld as jy aan sekere standaarde van skoonheid voldoen. Ek het nooit gedink ek sou ’n komedierol soos Murphy kry nie. En dit was my droom om komedie te doen.

Hoe was dit toe jy oorspronklik die rol gekry het?

CBS wou my nie in die hoofrol gehad het nie. Hulle wou daardie bekende komediant, Heather Locklear, gehad het (lag!) Ek was te oud en te lank. Ek sou my ook nie in die rol geplaas het nie.

Wat het jy die meeste van Murphy Brown gemis toe die reeks destyds geëindig het?

Die gelag. Ons het altyd op stel gelag. Die draaiboeke was so snaaks en goed geskryf. Ek is ook mal oor my medespelers en is so bly dat ons weer saamwerk. En dis ’n voorreg om Murphy te kan speel. Sy is so ’n ryk karakter, daar is nie baie vroulike karakters soos sy op televisie nie. Ek het die kans gehad om in Boston Legal te verskyn as ’n vrou genaamd Shirley Schmidt. Sy was ook ’n snaakse, sterk karakter. Ek was mal oor haar humor, haar baasspelerigheid – sy was ’n pes! Dis pret om so iemand te speel.

Waarna kyk jy op televisie?

Ek en my man kyk The Bodyguard. Dis goed, baie intens, en goed gedoen. ’n Goeie draaiboek. Die Britte weet wat hulle doen met beperkte reekse. Die gehalte is uitstekend.

Hoe voel dit om in hierdie bedryf ouer te word?

Ek is nou 72. Ek het besluit dat ek niks daaraan gaan doen nie. Ná die eerste jaar wat ek Murphy gespeel het, het ek my oë laat doen. Die beligting van halfuur-komedies is sleg, hulle moet die hele stel belig en kan nie op individue fokus nie. Sedertdien het ek nie enige ander werk laat doen nie. Ek is kleinserig, en kan nie pyn hanteer nie. Ek het net besluit om myself te aanvaar, en solank ek ’n goeie haarstileerder en grimeerkunstenaar op stel het, is ek gelukkig. Ek hoop dit wys aan jonger aktrises dat hulle hulself moet aanvaar en met hul ouderdom vrede moet maak. Ek sien nie vroue met plooie op televisie nie, en dis so vreemd en onnatuurlik.

Dink jy Murphy Brown het ’n rol daarin gespeel om vroue in die werkplek in ’n sterker posisie te plaas?

Daar is gereeld jonger vroue in die dertig, veertig en vyftig wat vir my sê: “Ek wil jou bedank. Ek doen wat Murphy gedoen het. Ek is ’n joernalis. En ek sou dit nooit gedoen het as dit nie vir jou karakter was nie.”

Ja, ek dink tog die reeks het vroue gehelp om die selfvertroue te kry om hul drome na te jaag. Ná die episode oor borskanker was daar ’n toename in die aantal vroue wat vir ’n mammogram gegaan het. Ek glo Murphy Brown het ’n invloed op baie vroue se lewe gehad.

Het jy van Candice Bergen – Rolmodel gehou? Het jy geweet? Margaret blog vir ons oor haar opwindende lewe! Loer hier om haar plasings vir ons te lees.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

21 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.