kategorieë: Ons menseBekendes

Fiela se Nina oor onvoorwaardelike liefde en jou sê sê

Fiela se Nina oor onvoorwaardelike liefde en jou sê sê – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Melissa Willering, die 21-jarige Suid-Afrikaanse aktrise is veral bekend vir haar rol as Chrissie Bekker in die gewilde kykNET-sepie Getroud met Rugby (GMR). In November 2015 het sy haar matriek voltooi en in Januarie die volgende jaar het sy by die Bekker-gesin op GMR aangesluit, waar sy tot onlangs nog die rol van ’n opstandige tiener vertolk het.

Melissa is in Pretoria gebore en het haar laerskool- en hoërskoolloopbane aan Dirk Postma voltooi. Onder leiding van Esther Bredenkamp kon sy haar kreatiwiteit uitleef deur dramaklasse as ’n buitemuurse aktiwiteit te neem. In 2014 het sy haar deurbraak in die vermaaklikheidsbedryf gemaak nadat sy die ATKV- en Villa Rosa se Sterrejag-kompetisie gewen het. Deur dié kompetisie het sy die tienerrol van Ilse Momberg gekry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vanjaar maak sy haar rolprentdebuut in Fiela se Kind. Dié fliek is gegrond op Dalene Matthee se gelyknamige en geliefde roman, en Brett Michael Innes is in die regisseurstoel. Melissa vertolk die rol van die volwasse Nina van Rooyen.

Ons het gaan hoor wat sy alles oor dié besonderse rolprent te sê het:

Wanneer het jy besef jy wil graag eendag in die vermaaklikheidsbedryf werk?

Ek kan nie die spesifieke ouderdom onthou nie, maar ek weet dit was al op laerskool. Ek het eers in graad agt met dramaklasse begin, maar was dadelik mal daaroor – dit het my “veilige hawe” geword waarna ek weekliks kon ontsnap!

Toe ek in 2013 die eerste keer op die stel van Villa Rosa (waarin ek in daardie stadium ’n vakansierol gespeel het) gestap het, het ek geweet dat ek dít vir die res van my lewe wou doen.

Wat is vir jou die opwindendste deel van ’n lewe in dié bedryf?

Beslis die oomblik wanneer jy hoor dat jy ‘n rol gekry het! Niks kom by daardie gevoel nie. En dan natuurlik ook om op stel te kom en dít te doen waarvan jy hou. Elke dag is anders, jy het nooit dieselfde dag op stel nie. Ek dink dis waarom ek dié loopbaan bo enige ander werk verkies.

Wat wens jy het jy geweet voordat jy besluit het om ’n beroep in die kunste te volg?

Ek wens ek het werklik besef hoe moeilik dit gaan wees om te vryskut – ek het geweet dit gaan moeilik wees, maar ek het nooit regtig besef wat dit alles vereis nie. Boonop het ek drie jaar lank in ’n sepie gespeel, en ek het nie besef hoe moeilik die “spaar en wag vir werk”-deel gaan wees nie.

Wat is jou droomrol?

Ek wil baie graag die rol van ’n sterk vrou van my ouderdom vertolk; ’n vrou wat deur verskeie uitdagings in haar lewe worstel, maar sterker aan die ander kant uitkom. ’n Regte emosiebelaaide rol.

Wat beteken dit vir jou om deel te wees van ’n groep kunstenaars wat aan ‘n Dalene Matthee-storie lewe gee?

Alles. Die feit dat dit my eerste fliekrol is, is ’n baie groot voorreg. Ek wou van my skooldae af in ’n Dalene Matthee-storie speel, want sy het my nog altyd geïnspireer. Sy skryf oor sterk karakters wat soveel ontwikkel, en dít is die soort karakter wat ’n mens graag wil vertolk. Hierdie geleentheid is nie een wat elke dag oor ’n mens se pad kom nie. Ek is vreeslik dankbaar.

Watter boodskap neem jý uit Fiela se Kind?

Ek neem die boodskap van onvoorwaardelike liefde saam. Fiela was vir Benjamin nét so lief soos vir haar eie kinders. Dit maak nie saak wat ’n mens se ras of identiteit is nie, ware liefde is onvoorwaardelik.

Watter les het jy by jou karakter, Nina van Rooyen, geleer?

Ek het by haar geleer om sterk te wees en my sê te sê wanneer dit nodig is. Sy is hardkoppig en volg haar eie kop wanneer dit by haar lewe kom, en ek respekteer dit van Nina.

Wat was die moeilikste deel van die hele verfilmingsproses?

Vir my was dit die feit dat ek ’n ikoniese karakter vertolk wat so baie mense reeds ken. Die gehoor gaan in die teater stap met ’n vooropgestelde idee van hoe elkeen van die karakters moet optree. Maar ek het probeer om vir Nina ’n nuwe “baadjie” aan te trek en ’n nuwe lewe te gee – nes die teks van my verwag het. Ek het getrou aan my teks gebly.

Hoe lyk ’n tipiese dag op die stel van Fiela se Kind?

Ons staan vroeg op, eet ontbyt saam, gesels oor ons scenes vir die dag, dan word hare en grimering gedoen, ons oefen woorde en skiet tonele. Die hare en grimering het dikwels lank gevat omdat ons elke dag van voor af in “vuil bosmense” moes verander. Ons moes ook gewoonlik ’n hele rukkie wag terwyl hulle die skote opstel, en dan het ons akteurs sommer saam deur ons woorde gelees. Die skiet van tonele kon dikwels ure neem, maar elke dag het verskil. Ons was ook nie elke dag dieselfde tyd on call nie.

Ons het een dag (op ons afdag) saam ’n berg gaan uitklim en sommer net die pragtige natuur van die beeldskone Knysna om ons geniet. Dit was ’n wonderlike ervaring om in die regte Knysnabos te verfilm.

Waaraan werk jy tans?

Ek vryskut, en tussendeur werk ek baie hard aan my studies. Ek studeer sielkunde deur UNISA en dit neem baie van my tyd in beslag, maar ek maak darem aan die einde van vanjaar klaar.

Fiela se Kind sal Vrydag, 13 September landswyd in teaters begin draai.

Kyk gerus hier na die amptelike lokprent van Fiela se Kind:

Vir nog lekker onderhoude met plaaslike bekendes, klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.