kategorieë: Ons menseBekendes

Danté de Villiers: Meer as nét ’n surfer!

Meer as nét ʼn surfer! – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy herken hom dalk as die blondekop, blou-oog, branderplankryer van die Wes-Kaap, maar van een ding is ons baie seker: Rudolp Danté de Villiers is meer as nét ’n surfer!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons gesels met die sewende seisoen van MNet se gewilde werklikheidsreeks, Survivor SA, se eie Aquaman. Hy vertel vir ons van sy liefde vir die see, waarom hy teruggekeer het na Suid-Afrika en die alledaagse uitdagings van ’n maand op ’n eiland.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy het vir 6 jaar in Israel gewoon. Vertel ons hiervan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ek het op ’n klein eiland in Thailand gewoon waar ek my eerste Israeliese meisie ontmoet het. Ek was dadelik verlief op die taal, die kultuur en hoe doelgerig en passievol sy (hulle) is. Ons het besluit om Israel toe te trek en het vinnig daar ’n pragtige klein plekkie in Eilat (teen die Rooisee) gevind waar ons albei dadelik tuis gevoel het.

Publieke vakansiedae in Israel is baie gerig op familie, vriende en kos. Siende dat ek die enigste blondekop was (my meisie was van Yemen) by die gróót familie-geleenthede (die familie was rondom 35 – 50 mense, vanaf pasgeborenes tot ouma- en oupagrootjie) was dit elke keer ’n belewenis. Boonop was haar pa ’n gelowige Jood en is ek tydens elke Shabbat deur die hele ritueel geneem. Dit was soms uitdagend, maar is beslis ’n ondervinding wat ek vir niks sal verruil nie.

Wat het die lewe in die buiteland vir jou geleer? En watter raad het jy vir jong Suid-Afrikaners wat ’n lewe in ’n ander land oorweeg?

Ons as mense leef eintlik eers werklik sodra ons buite ons gemaksones is. En dít is presies wat die buiteland is. Dit forseer jou om vrae te vra, te luister na ander se opinies en om te leer om op te let na ander se maniere van dink en doen. Jy raak ’n beter mens deur uit jou gemaksone te beweeg, en dit is die dryfkrag vir my eie kreatiwiteit.

https://www.instagram.com/p/Bss1UcXAmrd/

Waarom het jy teruggekeer Suid-Afrika toe?

Na ’n paar jaar in Israel het ek en my Israeliese meisie uitgemaak en het ons paaie geskei. Dit het net mooi op presies dieselfde tyd gebeur waarin ek besef het dat ek gereed was vir ’n nuwe uitdaging – ek wou ook graag terugkeer na die Weskus. Alhoewel ek vandag voel dat Eilat my huis is, is die Weskus in my bloed. En jy kan vêr en wyd weghardloop en wegkruip, maar as jy soos ek grootgeword het op die strande van die Kaap, sal hy jou ook altyd terugtrek.

Jy besit Columbine Co. in Velddrif in die Wes-Kaap. Wat was jou inspirasie vir die koffiewinkel? En vertel vir ons van jou lewe as entrepreneur.

Ek is nog altyd maar meer van ’n dromer as enigiets anders. Ek kan ure lank in een plek spandeer en nét dagdroom, maar daarvoor kort ek beslis ook ’n uitsig! Die klein bokkomhuis was my oupa sʼn. Hy was destyds ’n visserman. Na hy oorlede is, het ouma Kitty daarop aangedring dat die huisie gehou moet word. Deur die jare het my buurman die huisie gehuur om sy vis in te verwerk. Met my terugkeer na Suid-Afrika het ek die plek skoongemaak, uitgeverf en besluit om weer die deure vir almal oop te maak om saam die pragtige erfenis en geskiedenis van bokkomlaan te geniet – dit alles natuurlik met ’n koffie in die hand, ’n halva en vriendelike pelikane. Nou kan ek dagdroom terwyl ek oor die Bergrivier staar.

Wat is die ultimate droom – persoonlik en besigheidsgewys?

Ons groei elke dag. En nes ons leer, hoor, sien en ervaar, verander ons ook gereeld ons opinie en idees oor die lewe. Ek voel drome gaan gepaard daarmee. Iemand kan my elke dag dié spesifieke vraag vra, en ek mag dalk net elke keer ’n ander antwoord hê. Maar in die groter prentjie van dinge is geluk en gesondheid altyd deel van my antwoord. Op dié huidige oomblik, sal ek nie omgee om nog 5 handevol Land Rovers in my garage te hê nie.

https://www.instagram.com/p/B1vw7jpptgO/

Kom ons gesels bietjie oor Survivor. Waarom het jy besluit om hiervoor in te skryf?

Vra enige persoon (my ouderdom) wat die een realiteitsprogram is waarmee hy/sy grootgeword het, en ek is seker almal se antwoord sal Survivor wees.

Wie wil nie daaraan deelneem nie? Jy kan leef in jou Speedo, baie vis vang, op die mooiste strand bly en boonop R1 miljoen rand wen. Wat kan tog beter wees?

https://www.instagram.com/p/Bz-OK02pQdb/

Was dit (en die lewe op ‘n eiland) dit wat jy verwag het?

Niks en niemand kan jou voorberei vir die eiland nie. Punt. Daar’s níks soos dit nie!

My gunstelingdeel was natuurlik om baie tyd in die see te spandeer en om met slegs die basiese gereedskap te leef.

Wat was die moeilikste deel van Survivor?

Honger wees. Die baie reën. Min tot geen slaap.

Die eerste 7 of 8 dae het ons nie ‘n krummeltjie kos ingekry nie, jy was meeste van die tyd sopnat, en jy moes snags regop sit omdat dit onophoudelik gereën het. En tussendeur die reën, ongemak en honger-wees moes jy boonop probeer konsentreer op Survivor.

Jy staan bekend as Survivor (en Suid-Afrika) se eie “Aquaman”. Ons verstaan beslis hoekom, maar wil graag weet waar jou liefde vir die see vandaan kom?

Ek kom uit ’n familie wat elke naweek iewers heen op pad was om te gaan visvang. My pa het vir die Westelike Provinsie vis gevang, en my ma was net so lief vir lyn natmaak. As kinders was ek en my broer gedurig iewers op ’n strand besig met gevriesde mossels of sardientjies. So, ek het grootgeword met branderplank ry. En as ’n tienerseun wat groot geword het op Melkbosstrand, het ek twee opsies gehad: of tyd in die see, of kattekwaad… (Ek het ’n streng balans gehandhaaf!)

Wat is jou gunstelingtydsverdryf?

Ek is mal oor die buitelewe. As ek nie ín die see is nie, is ek naby hom. Solank as wat ek in die son kan wees, is ek gelukkig!

Na my deelname aan Survivor maak ek ’n punt daarvan om elke week iewers te gaan kamp en nuwe plekke te ontdek.

Wat interesseer jou?

Alles interesseer my. Die sterre. Blomme. Poësie. Kuns en beweging. Daar’s iets spesiaal aan dinge wat bloot net natuurlik voorkom – sonder grense of voorwendsels.

Wat is jou motto in die lewe?

Ek luister graag na filosofie en geniet dit om te leer oor hoe ander die lewe sien en wat hulle idees is van ’n volmaakte lewe. Ek self probeer net om elke dag ʼn beter persoon te wees as die een wat ek gister was, al is dit ook net so klein soos 0.1%.

Vertel ons van die liefde in jou lewe?

Ek het vir Maayan ontmoet net voordat ek teruggekeer het Suid-Afrika toe. Op daardie stadium was sy reeds besig om vir haar toer te spaar. Sy en haar hond (Chai) sou Chili toe vlieg, daar ’n minibus koop en dit inrig met ’n bed en ’n kombuis, en dan vir twee jaar deur Suid Amerika toer – nét die twee van hulle.

Ons albei se fokus was reeds so gevestig op ons eie planne – ek met my koffiewinkel en sy met haar Suid-Amerikaanse toer – dat ons besluit het om daarmee voort te gaan. Ons het wel vir 18 maande lank daaglikse kontak gehou, totdat ek eendag ’n oproep ontvang het: “Dis dit. Ek wil kom kuier!”

Ongelukkig het dié oproep gekom slegs ’n week nadat ek ingeskryf het vir Survivor. Ons het toe saam besluit dat ons vir nog vier of vyf maande sou wag totdat ek ’n antwoord het. Toe ek gehoor het dat ek wel gekies is om aan die nuwe seisoen van Survivor deel te neem, het alles met nóg vier maande aangeskuif.

Die dag met my terugkeer van Survivor af het ek haar dadelik gebel. En twee weke later stap sy en Chai deur die lughawe se deure. Vandag is ons ’n driemanspan wat kamp en die buitelewe geniet.

En laastens wil ons graag die storie van julle pragtige hond hoor. Watter rol speel hy in jou lewe? En wat was die inspirasie om vir hom sy eie Instagram-profiel te skep?

Maayan het ses jaar gelede vir Chai aangeneem en sedertdien is hulle onafskeidbaar. Hulle gaan orals saam met mekaar – van klas tot werk en partytjies tot verskillende lande. Chai is absoluut Maayan se skaduwee! Hulle doen alles saam, sonder uitsondering. Suid-Afrika is Chai se negende land – hy trek al by sy tweede paspoort! Deesdae, as hy nie besig is om vis te vang of saam met ons te kano nie, verwelkom hy almal by die koffiewinkel met vriendelike stertswaai en ’n groot glimlag.

https://www.instagram.com/p/B1PICyvBRLR/

Maayan het besluit om vir hom sy eie Instagram-profiel te skep bloot vir die rede dat sy vir hom ’n lewe vol avontuur belowe het die dag toe sy hom aangeneem het. So met die tyd het sy met oorsese besighede wat diereprodukte maak en vervaardig in besigheid getree, en doen sy tans baie werk vir hulle deur haar profiel.

https://www.instagram.com/p/B2TkIyOBBbf/

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.