kategorieë: Kalender

Cap Classique en Champagne-fees

Die jaarlikse “The Magic of Bubbles”, ook bekend as Franschhoek se Cap Classique en Champagne-fees, wat deur Mastercard aangebied word, vind vanjaar oor die naweek van 3 en 4 Desember by die ikoniese Hugenote-monument in Franschhoek plaas. En om so bietjie ekstra kleur en geur aan die verrigtinge te verleen, is besluit dat vanjaar se tema “Swart en Wit met Blomme” gaan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die groot markiestent sal weereens daar wees vir gaste om in styl en gemak te ontspan terwyl hulle hul verlustig aan die talle plaaslike MCCs en ’n keur van die beste Franse sjampanjes. Die plaaslike Cap Classique-produsente sluit Pierre Jourdan, Morena, Môreson, La Motte, Boschendal, Colmant, Leopard’s Leap, Noble Hill, Plaisir de Merle, Anthonij Rupert Wyne, JC le Roux, Pongracz, Simonsig, Steenberg en Villiera in, terwyl Frankryk verteenwoordig sal word deur hoogs aangeskrewe handelsmerke soos Piper Heidsieck, Champagne Guy Charbaut en Veuve Clicquot.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gaste sal die hongerpyne kan stil met ’n keur van die lekkerste eetgoed uit die kombuise van plaaslike restaurante wat Franschhoek reeds deeglik gevestig het as een van die wêreld se voorste kosbestemmings. Bread & Wine, Haute Cabrière, Le Franschhoek, L’Ermitage, The Restaurant at Grande Provence en Mont Rochelle is maar net ’n paar van die restaurante wat hul spyskaarte tydens die fees ten toon sal stel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kaartjies kos R350 per persoon en sluit in toegang tot die fees, wat elke dag van 12nm tot 5nm oop is, en ’n komplimentêre proeglas en koepons. Bykomende koepons kan by die fees gekoop word. Kinders onder 18 kry gratis toegang tot die fees.

Om te bespreek, gaan na www.webtickets.co.za, maar moenie op jou louere rus nie, die kaartjies is beperk. Gebruik jou Mastercard en ontvang ’n korting van 10 persent op jou kaartjie, asook 10 persent op alle aankope by die fees!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.