kategorieë: Ons menseBekendes

Carla Smith: Groen, klassiek en “slapstick”

Carla Smith: Groen, klassiek en “slapstick”Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Carla Smith, wat die rol van Kittie in Tydelik Terminaal vertolk, is ’n bekende teateraktrise, wat al te sien was in Altaar, Die maan val bewusteloos, Sewe Deugde, nee minder en Fiela se kind. Sy het ook al ’n gasrol vertolk in die sepie, Binnelanders.

Carla is op 8 Desember 1997 gebore in Kaapstad se Louis Leipoldt-hospitaal. Sy het grootgeword in ’n liefdevolle huis in Durbanville, en het ’n jonger sussie, Maja. Tydens haar eerste jaar op hoërskool is hulle verras met ’n klein boetie, Juan-Christoff. Vandag is Carla 21 jaar oud en woon sy reeds die afgelope vier jaar in Stellenbosch waar sy tans besig is met haar honneursgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Stellenbosch.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vra mens vir Carla wat haar kwaad maak, is die antwoord eenvoudig: onreg, leuens, geweld en haat. “O ja, en mense wat nie hulle flikkerligte gebruik nie!”

Carla vertel dat sy op haar gelukkigste is op die berg met ’n roomys, mooi musiek en ’n boek in haar hand! “Ek is lief vir enigiets groen, om te dans in die kombuis met my familie en omring te wees met mense wat hou van wat hulle doen. En flieks – enigiets waarin iemand sing, dans en in perfekte harmonie beweeg, maak my hart meer opgewonde as ’n Thaise groenkerrie.”

Waar kom jou liefde vir toneelspel en die kunste vandaan?

Van baie Sound of Music kyk, op die tafel dans as ’n 16 maande oue baba en ’n familie wat die beste en mooiste stories vertel.

Op watter ouderdom het jy besef dat jy graag eendag in die vermaaklikheidsbedryf wil werk? En vertel ons van jou studies en die opwindende lewe van ’n dramastudent.

Seker maar op dieselfde ouderdom waarop ek besef het dat bloed my naar maak en dat medies nie vir my bestem is nie – en dít was al redelik vroeg in my lewe gewees.

My studies was en is heerlik! Ek is omring deur mense wat wíl werk, lief is vir teater en stories vertel.

Wat was jou eerste groot rol, en wat het jy daaruit geleer?

Nina die boskind in Fiela se Kind en Peter Pan – by Peter Pan se een opvoering het daar nét 7 mense kom kyk (waarvan 4 familielede was!)

Ons moet hou van wat ons doen!

Beskryf jouself in drie woorde.

Groen, klassiek en slapstick.

Wat is jou motto in die lewe, en hoekom?

As dit jou laat glimlag en as dit jou laat groei,  doen dit weer!

Vertel vir ons van Tydelik Terminaal en die rol wat jy daarin speel?

My karakter se naam is Kittie en sy is ’n 22-jarige honneursstudent aan die Universiteit van Johannesburg. Kittie is ’n ywerige joernalistiekstudent en droom van stories dek in oorloggeteisterde gebiede. Ongelukkig word haar planne skielik omvergegooi wanneer sy in haar laaste semester van haar graad gediagnoseer word met kanker.

Die reeks volg haar en haar vriende se ervarings en lewens met en rondom dié siekte. Sy is ambisieus, gedrewe en doof vir enigiets wat haar moed wil breek. Tydelik Terminaal is helder en vars, en probeer die lekker en die seer van jonkwees uitbeeld.

Watter deel was vir jou die heel moeilikste van die rol van ’n kankerpasiënt?

Om my karakter se stryd met kanker en haar storie eerlik, deeglik en met deernis te vertel.

Watter boodskap wil jý graag hê moet Tydelik Terminaal aan kykers oordra?

As die reeks simpatie kan kweek by mense vir ander wat self dié stryd veg, en boonop vir ’n ouer gehoor ’n blik kan gee op die lewe van ’n jongmense in 2019, voel ek dit het sy doel gedien. Tydelik Terminaal wys ook die lig en mooi en lekker van die lewe, en ek hoop dat die belangrikheid van vriende en positiewe mense in jou lewe ook uitgelig word.

Watter boodskap neem jy uit Tydelik Terminaal – wat kon jy by jou karakter leer?

Om harder te werk as wat mens dink jy kan. En om sterk te wees … Maar ook om partykeer in te gee en hulp en ondersteuning te aanvaar.

Tydelik Terminaal put inspirasie uit die skepper van die reeks, Elanie Rupping, se eie stryd met kanker. Het dit ’n groot rol gespeel in die manier waarop jy Kittie Claassens vertolk het? Het dit dalk vir jou gevoel asof dit meer druk op jou as aktrise plaas of kon jy juis makliker aanklank vind?

Dit was aanvanklik baie moeilik, maar die feit dat dit slegs gebaseer is op Elanie se lewe, het die proses baie vergemaklik. Ek kon vir haar vrae vra oor hoe sy dinge ervaar en ondervind het – wat sý geleer het – en daardeur ’n dieper begrip kry van hoe ek die rol van Kittie kon vertolk.

Hoe ervaar jy die verskille in genres tussen teater en film? En watter een geniet jy meer?

Film is baie harde werk op jou eie – jy moet voorbereid wees en jou karakter baie goed ken sodat jy op enige gegewe oomblik sal weet hoe om te reageer. Jou rol daarin is eintlik baie kleiner, omdat dit ’n volledige samesyn is van regie, ligte, kostumering, produksie en alles wat daarby betrokke is. Bygesê is dit een van die grootste uitdagings wat ek al moes aanpak en ek sal dit graag nog ’n miljoen keer wil doen. Partykeer wens ’n mens net dat daar meer tyd was vir die ontginning van die karakter en storie.

Teater is egter ten minste drie of vier weke van harde werk aan ’n uur tot uur en ’n half se produksie. Die intensiewe groepwerk laat ’n mens egter as ’n akteur en kunstenaar groei en dit daag jou baie uit om beter te wees.

Teater is nog my voorliefde, maar ek vind film ’n genre wat opwindend en nuut is – ’n geheimsinnige liefde wat ek graag verder wil verken.

Waaraan werk jy tans?

Ek is tans druk besig om te werk aan teaterproduksies wat volgende jaar by die Woordfees gaan wees – kyk gerus uit vir Lycra en Petticoats!

En verder is ek ook betrokke by nuwe film-goedjies waaroor ek baie opgewonde is, maar nog niks kan sê nie…

Meer oor Tydelik Terminaal

Tydelik Terminaal is ’n 13-episode ligte dramareeks wat handel oor ’n 22-jarige honneursstudent, Kittie Claassen, en hoe sy die lewe moet aanpak ná sy met kanker gediagnoseer word.

Dis “die beste kanker om te kry”, soos Dokter Pillay haar verseker. Kortom is dit ses maande se hel, en dan weer terug na ’n lewe soos normaal. Die probleem is egter dat dié nuus in haar honneursjaar kom, en ’n kinkel in haar akademiese kabel gaan beteken dat sy haar toekomsdrome van Pulitzer-prys bekroonde joernalistiek moet uitstel as gevolg van Hodgkin en sy ontydige siekte.

Die reeks speel af oor die ses maande waartydens sy chemoterapie ondergaan, besties raak met die oues van dae, haar studies probeer voltooi, en boonop onverwagse lewenservaring en –wysheid opdoen.

Kittie en haar twee beste vriende, Mandy (Eve Nthabiseng Rasimeni) en Fanie (Hendrik Nieuwoudt), bevind hulleself in daardie deurmekaar tussen-fase van die lewe voor jy die sogenaamde grootmenswêreld betree. Dis ’n tyd van kindwees agterlaat, maar steeds pret hê; somber beplan vir ’n toekoms, maar uiters onseker wees van hoe daardie toekoms gaan lyk.

In hierdie drukgang van volwassewording, word elk van hierdie karakters met hulle eie menswees gekonfronteer en staan hulle voor die vraag van “Wie is ek nou eintlik?”

Tydelik Terminaal put inspirasie uit die skepper van die reeks, Elanie Rupping, se eie stryd teen kanker. “Ek het geleer dat die lewe se swaarkry en beproewinge soms ook sy grootste geskenke is, omdat dit ons die empatie gee waardeur ons met mense kan connect. Die beste manier hoe ek dit kan doen, is deur middel van stories. Daarom het ek een van die swaarste goed wat nog ooit met my gebeur het as voertuig gebruik om mense, hopelik, te laat voel dat hulle nie alleen is nie. Dat dit ’n gedeelde ervaring is en dat daar altyd hoop is.”

Tydelik Terminaal word vanaf 30 Oktober op Woensdae om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv) uitgesaai.

Loer hier om nog lekker onderhoude met plaaslike bekendes te lees

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.