Stel ’n digitaal-vriendelike CV op

Stel ’n digitaal-vriendelike CV op deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kelder jou CV jou?

Jy het dalk die regte kwalifikasies en ervaring vir ’n aanstelling, maar jou CV kan die deure voor jou neus laat toeklap nog voor jy ’n onderhoud gekry het.

“Aansoekers is die meeste van die tyd gefokus op die belangrike dinge in hul CV, soos hul akademiese prestasies, diensrekord en suksesse,” sê Lillian Bususu, ’n werkverskaffingskenner by The Independent Institute of Education in Rosebank, Johannesburg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Maar hierdie inligting beteken bitter min as ’n maatskappy ’n CV ontvang wat aan die menslike hulpbronbestuurder van hul mededinger gerig is.

“Mense doen by vele maatskappye en om verskeie posisies aansoek. Ná die hoeveelste aansoek verloor hulle konsentrasie en kan so iets maklik gebeur. Dit stuur die aansoek natuurlik kortpad snippermandjie toe.”

Lillian skakel gereeld met menslike hulpbronbestuurders van groot maatskappye en hulle beaam dat onsinnige foute CV’s summier kelder. Haal dus die vergrootglas uit en maak seker dat algemene foute nie deurglip nie.

Lees ook: Werk jy regtig lekker?

Maak seker dat jou aansoek nie in die digitale hek duik nie

As jy soms moedeloos wonder of iemand ooit jou CV lees, is jy dalk reg. Die CV verdwyn dalk in ’n digitale swart gat weens tekortkominge in die formaat van die dokument. Die meeste maatskappye behartig aansoeke via e-pos, waarna sagteware dit deur ’n siftingsprogram stuur wat net die gepaste aansoeke met die regte kwalifikasies laat deurgaan.

Jy is dalk gekwalifiseerd maar iets in die formaat van jou CV kan veroorsaak dat die stelsel jou aansoek uitskop. Voorheen sou dit gelyk wees aan die ideale CV wat in ’n koevert met die verkeerde adres gepos word. Dit gaan nooit die regte bestemming bereik nie.

Lees ook: 10 dinge wat elke goeie bestuurder weet

Maak jou CV digitaal-vriendelik

Verstaan hoe die stelsel werk: Groot maatskappye gebruik sagteware (Applicant Tracking System – ATS) wat hulle help om jou CV in ’n databasis te stoor.

’n Komponent in die sagteware verwyder alle formaat-elemente in die dokument sodat net die teks oorbly wat dan deur ’n masjien gelees kan word.

Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker?

14 Digitale wenke vir jou CV

Onthou hierdie 14 wenke

1. Goeie spelling tel

Maak seker daar is nie spelfoute nie. Nie net om ’n goeie indruk te wek nie, maar as die posisie waarom jy aansoek doen, of kwalifikasies, verkeerd gespel is, kan die sagteware dit nie herken nie en uitskop. Moenie op ’n spelprogram staatmaak nie, dit herken dalk nie die soort foute nie, of verander woorde outomaties na iets heel anders.

Lees ook: Introvert, hier is netwerkraad

2. ’n Goeie begrip het die regte woorde nodig

Kies belangrike woorde in die advertensie vir die aanstelling en gebruik dit en variasies daarvan in jou CV.

Lees ook: Swangerskap, stres en jou werk

3. Hou by jou Word

Gebruik ’n standaard Word-dokument. Nie elke program kan ’n PDF hanteer nie.

Lees ook: 5 items wat elke vrou in haar werksklerekas moet hê

4. Hoofletters maak saak

Gebruik hoofletters waar dit vereis word sodat ’n groep woorde wat met mekaar verband hou deur die stelsel herken word, soos University of Cape Town.

Lees ook: Raad vir konflik in die werkplek

Stel ’n digitaal-vriendelike CV op

5. Hou dit eenvoudig

Gebruik ’n standaard lettertipe in swart.

Lees ook: 5 wenke om ’n verhoging te kry

6. Hou dit konsekwent

Bly konsekwent wanneer jy vorige werkservaring gee en lys dit elke keer in dieselfde volgorde: maatskappy se naam, titel, adres en datum word as ’n standaardformaat gesien.

Lees ook: Ses maniere hoe jy jou onderneming van kuberkrakers kan beskerm

7. Bly by die standaard-hofies

Gebruik standaard- CV-hofies, soos Summary, Work, Skills, Education.

Lees ook: Is jy altyd laat?

8. Behou só die korrekte formaat

Laai jou CV as ’n afsonderlike lêer op eerder as om te knip en plak sodat die formaat behou word.

Lees ook: Kry nou jou boedel en testament op datum

9. Hierdie truuk kan onderduims lyk

Moenie wit lettertipe gebruik om weggesteekte sleutelwoorde in te sluit nie. Soms kan ’n Applicant Tracking System (ATS) hierdie onsigbare teks sien en dan lyk dit onderduims.

Lees ook: Lewe jy saam met ’n beheervraat?

Stel ’n digitaal-vriendelike CV op

10. Vermy grafika

Moenie grafika en beeldlêers (image files) eerder as teks gebruik nie.

Lees ook: Kweek so respek in die werkplek

11. Pasop vir afkortings

Moenie onnodige afkortings gebruik wat ’n ATS dalk nie kan herken nie. As jy afkortings gebruik wat eie aan die bedryf is, skryf die woord die eerste keer uit.

12. Vermy tabelle en spesiale karakters

Moenie tabelle en spesiale karakters gebruik nie. Kolkarakters (bullet points) is toelaatbaar.

Stel ’n digitaal-vriendelike CV op

13. Veelvoudige CVs kan soos rommelpos lyk

Moenie veelvoudige CV’s vir dieselfde aanstelling by dieselfde maatskappy indien nie. Dit kan soos rommelpos lyk.

14. Teks hier kan geïgnoreer word

Moenie teks in die header of footer insluit nie. Dit kan geïgnoreer word.

Inligting verskaf deur Adzuna; www.adzuna.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.