Catriona Balfe gesels oor Seisoen 5 van Outlander

Catriona Balfe gesels oor Seisoen 5 van Outlander deur Margaret Gardiner. Hooffoto: HFPA.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Catriona Balfe gesels oor Seisoen 5 van Outlander

Caitriona Balfe herinner ‘n mens aan ‘n wilgeboom wat in ‘n sagte somerbriesie waai – so koel en mooi lyk sy in haar pragtige geblomde ontwerpersrok van Erdem en haar Louboutin-skoene.

Caitriona is een van die sterre in die Oscar-genomineerde rolprent Ford v Ferrari.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Wanneer jy dink jy praat oor Ford v Ferrari maar jy praat eintlik oor lewenslesse …

Vandag is ons egter hier by die Four Seasons Hotel om te gesels oor die vyfde seisoen van die Outlander-reeks. Ek het probeer om ‘n paar aanhangers se vrae in te sluit – gaan kyk gerus ook na hierdie onderhoud op my YouTube-kanaal as hierdie uittreksel jou belangstelling prikkel.

Vertel ons van seisoen 5 van Outlander …

Die vorige seisoen was soort van ‘n oorgang. Ons het van die een stel en storielyn na die volgende verskuif, na hierdie nuwe wêreld wat Jamie en Claire betree. In seisoen 5 was dinge baie meer gesettle.

Dis mooi om te sien hoe die Frasers regtig wortel skiet in Fraser’s Ridge en hoe die hele uitgebreide gesin om hulle saamtrek. Dis ‘n regte gemeenskap. As mens eers iets het waarvoor jy so lief is, begin jy vrees dat iets slegs met hulle kan gebeur of dat jy hulle kan verloor.

Ek dink hierdie seisoen gaan veral oor die beskerming van die wat jy liefhet. Vir Claire is dit ook hoe sy as dokter die mense om haar kan beskerm.

Lees ook: Sam Heughan oor Outlander

Hoe voel jy oor Claire?

Baie beskermend! (Lag)

Ek bestee soveel tyd daaraan om haar te vertolk. Ons skiet vir nege, tien maande van die jaar, en ek bestee meer tyd van my jaar aan Claire as aan myself. Ek dink haar selfvertroue, pak-die-bul-by-die-horings-geaardheid en reguit manier van doen en praat het bietjie aan my afgesmeer.

Ek kan nogal skaam wees, en ek dink om Claire te vertolk het my meer selfvertroue gegee.

Lees ook: Margaret gesels met Elizabeth Banks en Kristen Stewart oor Charlie’s Angels

Jy en Sam Heughan, wat die rol van Jamie vertolk, het op die oog af ‘n wonderlike vriendskap, en julle spandeer baie tyd saam. Irriteer julle mekaar soms?

Margaret, jy soek nou moeilikheid. (Lag)

Eintlik raak ons maar min geïrriteerd met mekaar, wat eintlik verstommend is as mens in ag neem hoe nou ons saamwerk. Sy tydsbestuur – of gebrek daaraan – irriteer my dikwels wanneer ek vir hom moet staan en wag.  Maar ek is dalk bietjie te baasspelerig? Ek is nie seker nie.

Maar ek dink ons het ‘n bewustelike besluit geneem reg aan die begin dat ons die enigste twee mense is wat mekaar se ervarings kan verstaan, en dat ons mekaar daarom sal beskerm. En ons het dit tot dusver gedoen, wat ontsettend belangrik is.

Ek kan nie dink hoe ‘n mens ‘n reeks op hierdie skaal kan aanpak sonder iemand op wie jy kan staatmaak nie – dit maak dinge net 100% makliker, en ek is baie dankbaar daarvoor.

Daar is sprake daarvan dat Outlander vir nog twee jaar kan aangaan. Hoe gaan jy dinge balanseer?

Ja, ons is gekontrakteer vir nog ‘n seisoen of twee. Vir beide my en Sam is dit belangrik dat die gehalte van die reeks goed bly, en dat ons steeds uitgedaag word. As akteur dink ek stabiliteit is wonderlik, maar dis nie noodwendig eerste op ons lysie van prioriteite nie. Dis nie werklik in ‘n akteur se DNS nie.

Ek persoonlik wil uitgedaag en geïnspireer word deur wat ek doen, en in daardie opsig was Outlander nog altyd fantasties. Ons het dalk verlede seisoen ‘n bietjie gesukkel met die oorgang, maar hierdie jaar is ons lekker gevestig. Ek het veral aan die einde van die reeks rond nogal ‘n uitdagende storielyn, en daar is ander aanslag, ook visueel. Ek het nog nie die episodes gesien nie, en kan nie wag nie. Maar dis nogal lekker om te weet dat ons selfs in die vyfde seisoen gevra word om nuwe uitdagings aan te pak, en as ons nog ‘n seisoen of twee kan hê, sal dit wonderlik wees.

Lees ook: Margaret gesels met Dwayne ‘The Rock’ Johnson

Jou karakter is ’n ouma. Hoe voel dit om op so ‘n jong ouderdom die rol van ‘n ouma te vertolk? En nog ‘n ding: jy het ‘n redelike uitgesproke klomp aanlyn-aanhangers. Hoe voel jou lewensmaat daaroor? Want eintlik is Outlander nogal ‘n ikoniese liefdesverhaal.

Om ‘n ouma te vertolk is nie regtig so moeilik nie – dis nogal pret! Dis uiteindelik net toneelspel.

Oor die ander goed: Dis nie rêrig moeilik nie, want ek en Sam is sulke goeie vriende en my man ken hom al vandat ons begin uitgaan het. Ek dink hy verstaan die situasie baie goed. Wat die aanlyn-aanhangers betref, probeer ek maar net om nie te veel van daardie kommentare te lees nie. Dis soms nogal aaklig, en dan wil mens seker maak dat jou mense – wat nie deel is van jou werk nie – nie negatief daardeur geraak word nie. Mens voel baie beskermend teenoor hulle.

Enige seisoen wat afskop met ‘n troue is ‘n goeie seisoen, en geluk ook met jou eie troue! Is daar enige spesiale oomblik van jou eie troue wat jy met ons lesers wil deel? En wat is jou drome vir jou eie huwelik?

Ek het my eie troue ingepas oor ‘n naweek tydens die produksie, en dit was lieflik. Vir my was die wonderlikste dat ek my nabye familie en vriende daar kon hê – dit was klein en intiem. Maar as mens in ‘n vertrek vol mense is vir wie jy regtig lief is, is dit net só spesiaal. Dit was regtig heerlik!

Ek wil net gelukkig wees – ek is gelukkig dat ek ‘n loopbaan het, ‘n roeping, waarvoor ek regtig lief is en waarin ek my passie kan uitleef. Maar ek dink ook dis baie belangrik dat mens se loopbaan nie jou enigste ding kan wees nie. Daarom is ek baie bly dat ek iemand gekry het wat my baie, baie gelukkig maak.

Dus, as ek my loopbaan en my huwelik albei aan die gang kan hou, sal ek baie, baie gelukkig wees.

Volg gerus Margaret se blog vir rooi rose waar sy ons vertel oor haar interessante en besige lewe. Jy kan haar ook volg op Instagram, facebook, twitter en haar YouTube-kanaal waar sy met bekendes gesels – dis als gratis om haar te volg.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.