kategorieë: TrendsMode

Ons gesels met Celeste Arendse van SELFI

1. Hoe benader jy die mode-industrie as jong ontwerper en entrepreneur?

Ek maak seker dat my naam by alle mode-geleenthede raakgesien word. My deelname aan die Mercedes Benz Modeweek en die Design Indaba het grootliks bygedra tot die groei en bekendheid van my modereeks. Ek beoog om die ontwerpe so eksklusief moontlik te hou, en ek kies die winkels waar my klere verkoop word, met sorg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Wat was jou hoogtepunte van 2013?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2013 was ’n hoogs produktiewe jaar by Selfi. Ek het my klere uitgevoer na ’n aanlynwinkel in New York en na ’n konsepwinkel in Zurich. Die uitvoer van my ontwerpe was nog altyd ’n droom en dit is uiteindelik bewaarheid! Dit is voorwaar my grootste hoogtepunt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Wat is die inspirasie waarmee jy jou Herfs/Winter 2014-reeks ontwerp het?

Trends van die 90’s was ’n groot riglyn. Ek het die style gemoderniseer, meer minimalisties laat vertoon en dit drabaar gemaak vir my kliënte. Oorgroot moue is ook in baie van my ontwerpe te sien en ponti-materiaal het vorm en vastigheid aan my ontwerpe verleen. Die patrone moes speels voorkom en daarom het ek op verfkwashale besluit.

4. Hoe voel jy oor die World Design Capital-inisiatief? Kan ons enige projekte van jou verwag in samewerking met die WDC2014?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

World Design Capital is ’n wonderlike, opwindende inisiatief. Nie net vir ontwerpers nie, maar ook vir die samelewing en mense van die Kaap wat meedeel in die kunste en ontwerp. Ek beplan om, in samewerking met ’n paar illustreerders, drukwerk op materiaal te doen. Ek sal dit in my ontwerpe inkorporeer.

5. Hoe sal jy 24uur in pragtige Kaapstad deurbring?

Met ’n verfrissende stap op teen Tafelberg. Ontbyt by Paradiso. Swem by Llandudno se strand. “Paragliding” af teen Leeukop. Ek sluit die dag af met ’n prettige partytjie saam met vriende op ’n seiljag tot sonsopkoms!

Gaan lees meer oor Celeste en Selfi ontwerpe hier:

www.selfi.co.za

Twitter: @lovethyselfi
Facebook: www.facebook.com/lovethyselfi

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.