kategorieë: Lees

Botox, Barbies en Bietse: Episode 20

Vrae

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maks beskou die daaglikse gestoei met die koerant as ’n goeie begin vir sy dag. Hy lê geduldig en wag tot Liesl die voordeur oopmaak om die koerant by die hek te gaan haal. Dan draf hy vinning vooruit om eerste by die hek te kom. Hy skud dan opgewonde die opgerolde koerant rond in sy bek en weier kamma om dit vir haar te gee. Eers as sy ’n paar draaie agter hom aan op die grasperk gehardloop het, oorhandig hy die verflenterde koerant aan haar. Soms is sy opgewondenheid te groot As Liesl laat slaap. Dan gaan haal hy die koerant alleen en verskeur dit dan tot die flenters nuus soos konfetti oor die grasperk waai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Na ’n lekker drafsessie saam met Maks deur die tuin en ’n paar keer om die swembad, oorhandig Maks uiteindelik die koerant aan sy uitasem baas. Liesl se slaapbroek is vol modderstrepe soos sy deur ’n paar beddings moes draf om haar daaglikes porsie nuus te kry.
Sy het al oorweeg om in te skryf op die digitale weergawe van Dagblad, maar haar oggendspel met Maks verhoed haar. Dit help haar om die dag met ’n bietjie oefeninge te begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Asof hy iets aanvoel, het Maks vanoggend die voorblad vir haar uitgespaar. Met die spoeg- en grasbesmeerde koerant in haar hand, gaan sit Liesl op die rant van die swembad met haar voete in die water terwyl Maks ’n paar draaie in die koel dagbreekbriesie swem. Waterterapie was deel van sy rehabilitasieprogram na die heupvervanging en hy geniet die water nou meer as ooit.

Die hoofopskrif op die voorblad laat haar lam voel van skok:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vrae oor EMKO
Maryna Bester, omgewingsverslaggewer

’n Fluitjieblaser het gerugte bevestig, dat die omstrede internasionale mynreus, EMKO, se beoogde tien oopgroef-steenkoolmyne al langs die Krugerwildtuin ’n komplot is van Arabiese oliemagnate om beheer te kry oor die ryk steenkoolriwwe in Suid-Afrika.

Die fluitjieblaser, wie se naam aan Dagbreek bekend is, se identiteit word geheim gehou om haar veiligheid te verseker. Dagblad se bron by EMKO, sê die vrou het insig in die geheime van die mynreus.

Vrae word al ’n geruime tyd oor die geldigheid van die goedkeuring van omgewingsimpakstudies vir die beoogde myne gevra. Die goedkeuring het plaaslike en internasionale omgewingsbewustes rooi laat sien. Veral aangesien goedkeuring vir nog tien oopgroefmyne van EMKO binne die volgende maande verwag word.

Dagblad verneem ook dat vrae in die myngroep gevra word oor die geheimsinnige verdwyning van Konrad Burger, invloedryke finansiële bestuurder van die myngroep …

Liesl hardloop met nat voete die huis in om Ludwig en Erna te gaan bel. Sy wil nie hê hulle moet in die koerant lees hul pa het “verdwyn” nie. Sy het hulle vertel hy is op ’n sakereis.

Konrad het nog nie weer gebel nie en Gerben het ook niks van hom laat hoor nie. Oor laasgenoemde is sy nie eintlik verbaas nie. Sedert haar besoek aan sy dakwoonstel kan sy nie die gevoel afskud dat sy Konrad verraai het deur Gerben in te lig waar sy vermoed Konrad is nie.

Konrad se persoonlike assistent, Engela, is net so in die duister soos sy, en dit is kommerwekkend want Engela is soos ’n bloedhond, sy kan enigiets uitsnuffel.

Die gelui van haar selfoon en die huisfoon verwelkom Liesl in die kombuis. Sy herken nie een van die nommers nie. Beide is joernaliste wat wil weet of sy iets van Konrad se bewegings weet.

Konrad het haar sedert sy aanstelling in die hoë pos voorberei op navrae van nuuskieriges en joernaliste oor sy werk:

“Ek kan ongelukkig geen kommentaar lewer nie …” probeer sy die verslaggewers vriendelik antwoord.

Sy haal die huisfoon van die mikkie af en bel Erna eerste van haar selfoon af.

“Mamma! Ek wou nou net bel! Ek lees op Twitter Pappa het verdwyn!”

Liesl probeer haar kind kalmeer. Erna is in trane en bekommerd oor haar pa se veiligheid.

“Dis net ’n misverstand my gogga. Jy weet hoe joernaliste dinge kan aanblaas. Pappa is net op ’n sakereis. Jy weet mos hy moet soms vertroulike samesprekinge doen. Die pers wil net sensasie soek om meer koerante te verkoop.”

Sy probeer die onderwerp verander en begin oor Erna se komende kuier in Suid-Afrika praat.
“Mamma kan nie wag nie. Dan sal Pappa hopelik al terug wees en kan julle lekker kuier. Hopelik bring hy vir jou iets mooi! Onthou jy hoe opgewonde jy en Ludwig altyd was as Pappa oorsee gaan? Daardie babapop wat hy vir jou uit Korea gebring het, is steeds vir my die mooiste babapop wat ek nog ooit gesien het. Nes ’n regte baba! Ek sien hulle maak nou eers sulke babapoppe hier …”

Soos sy verwag het, bel Liesl Ludwig wakker.

“Môre môre laatslaper,” sê sy in haar vrolikste stem. “Ek wou so graag met jou gekuier het voor die rygbytoer! Nou lyk dit my ons programme is te besig.”

“Ma jok, dis Ma se sosiale lewe wat deesdae so besig is. Altyd besig om te jol. Geen wonder Ma het siek geword en in die hospitaal beland nie. Ma en ma se vervlakste hond het seker al ons finansies opgebruik. Dis die dat Pa nie my boodskappe beantwoord nie. Ek het vir hom al drie sms’e gestuur en gevra hy moet meer sakgeld inbetaal vir die toer. Lyk my hy geniet sy reis te veel.”

Dis Liesl se kans om haar seun voor te berei op die koerantberig oor sy pa.

“Kan jy glo watter nonsens skryf die koerante oor Pappa! Hulle verkondig kamma hy het verdwyn. Kan jy nou meer! Wat sal hulle nie als doen om hul sirkulasiesyfers op te bou nie. Ek gaan Pappa lekker spot as hy weer bel.”

Sy stuur ’n paar sms’e en e-posse aan familie en vriende oor die “twak” wat die koerante skryf, en prop die huisfoon uit. Haar sel word op vibreer gestel sodat sy nog noodsaaklike oproepe kan ontvang. Sy hoop Konrad laat van hom hoor.

Sy ken al Maks se blaf as iemand by die hek is. Hy waarsku haar altyd nog voor die persoon die hekklokkie lui.

Deur die sitkamervenster sien sy verskeie paneelwaens voor die hek. En fotograwe! Die pers! En verskeie mans met polisie-uniforms! Haar selfoon vibreer aanhoudend en sy is te bang om oproepe van vreemde nommers te beantwoord.

Met bewende hande lig sy die interkom se gehoorstuk.

“Mev. Burger, dit is kaptein Armand Verhoef van die Arende-teenkorrupsie eenheid. Ons het ’n lasbrief om u eiendom te deursoek.”

Henk Loots, Konrad se prokureur, se stem klink of hy die oproep verwag het.

“Liesl, bly nou baie kalm. Ek sal Verhoef se bevelvoeder dadelik bel om hulle terug te hou tot ek daar is.”

Liesl rammel Emily se foonnomer vir Henk af. Sy het Emily nou nodig.

Dan kruip sy onder die duvet in en druk n kussing oor haar ore.

Dit versmoor haar hortende snikke.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: verhale

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.