PARIS, FRANCE - JULY 03: Celine Dion is seen, outside Valentino, during Paris Fashion Week Haute Couture Fall/Winter 2019/20, on July 03, 2019 in Paris, France. (Photo by Edward Berthelot/GC Images)
Deur Savanna Douglas. Foto: Getty Images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
In ‘n persverklaring wat onlangs op haar sosiale media-platforms gedeel is, het Celine aangekonding dat sy haar Courage-wêreldtoer vir alle datums wat in 2023 en 2024 te koop is, sal kanselleer weens die seldsame toestand.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
“Ek is so jammer om julle almal weereens teleur te stel. Ek werk baie hard om my krag terug te bou, maar om te toer kan baie moeilik wees selfs as jy 100% is. Dit is nie regverdig teenoor jou om aan te hou om die vertonings uit te stel nie, en al breek dit my hart, is dit vir die beste dat ons alles nou kanselleer totdat ek regtig gereed is om weer terug op die verhoog te wees. Ek wil hê julle moet weet, ek gee nie op nie… en ek kan nie wag om julle weer te sien nie!” – Celine xx…”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Volgens die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Neurologiese Afwykings en Beroerte word SPS geklassifiseer as:
“‘n Seldsame, progressiewe neurologiese afwyking.”
“Simptome kan stywe spiere in die romp (bolyf), arms en bene insluit; en groter sensitiwiteit vir geraas, aanraking en emosionele nood, wat spierspasmas kan veroorsaak.”
“…Mense met SPS kan met verloop van tyd abnormaal ontwikkel, dikwels gebukkende posture. Sommige mense is dalk te gestremd om te loop of te beweeg. Baie val gereeld omdat hulle nie die normale reflekse het om hulself te vang nie.”
“Wetenskaplikes verstaan nog nie wat SPS veroorsaak nie, maar navorsing dui daarop dat dit die gevolg is van ‘n outo-immuunreaksie wat in die brein en rugmurg skeefgeloop het.”
In ‘n boodskap aan aanhangers wat haar diagnose in Desember verlede jaar bekend gemaak het, het Celine ‘n span dokters genoem wat haar help om beter te word, en bedank haar ondersteunende kinders wat haar hoop gee op haar pad na herstel.
Alhoewel daar nog baie is om oor die toestand te leer, noem Dion dat sy hard besig is om haar krag terug te bou, met behulp van ‘n Sportgeneeskundige Terapeut.
Lees ook: Luke Dale Roberts open Europese styl salon in Kaapstad
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.