Hoe om in ’n veldbrand te bestuur

Hoe om in ’n veldbrand te bestuur deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy nog nooit in die digte rookwolk van ’n veldbrand op die pad gevang is nie, het jy geen idee hoe skrikwekkend dit kan wees nie. Dis behoorlik soos ’n gordyn waardeur jy ry en dan kan jy skielik byna niks sien nie. Wat maak jy? Eugene Herbert van MasterDrive gee wenke.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hoe om in ’n veldbrand te bestuur: 11 slim wenke

  1. Voorkoming is die beste raad, so bly op hoogte met verkeersberigte en vind voor die tyd uit wat op jou roete gebeur as jy in ’n gebied is waar daar ‘n hoë risiko vir veldbrande is.
  2. As jy wel in ’n veldbrand gevang word, verminder jou spoed omdat sig baie belemmer word.
  3. Dis ’n goeie idee om altyd met jou hoofligte aan te ry vir beter opmerklikheid op die pad. Maak dus dubbel seker dat jou hoofligte aan is as jy jou in rook bevind.
  4. Skakel alleenlik jou noodligte aan as jy stop om te verhoed dat jy ander bestuurders verwar wat nie weet of jy beweeg of stilstaande is.
  5. As die rook geweldig dig is, moenie probeer om daardeur te ry nie. Jy loop die risiko om teen ander motors te bots of om van die pad af te ry in die brand.
  6. Moet nooit jou voertuig verlaat nie. Dis die veiligste plek om jou teen hitte en rook te beskerm.
  7. Anders as in flieks is die kans skraal dat jou petroltenk van die hitte van ’n veldbrand gaan ontplof.
  8. Sak laag af in jou voertuig en hou die vensters en luggate toe terwyl jy wag dat die brand verby beweeg.
  9. As die voertuig (na die brand verby is) te warm is om in te bly, kan jy uitklim en na ’n gedeelte beweeg waar dit reeds klaar gebrand het. Hou jou liggaam bedek indien moontlik.
  10. Gee voorrang aan noodvoertuie op die pad en luister na hul instruksies. Hulle het die meeste ervaring en sal jou na veiligheid lei.
  11. As jy moet stop, vind ’n oopte of ’n gedeelte langs die pad waar die plantegroei min is. Skakel jou voertuig af en hou jou ligte aan.

Vir nog goeie raad, loer hier

Wat om te doen as jy in ’n motorongeluk beland

Ken jou wegsleepregte

Pasop vir seinblokkers!

5 dinge wat jy moet weet voordat jy ’n nuwe kar koop

Wees só ’n geduldige bestuurder

Pootjie jou skoene jou wanneer jy bestuur?

Wat jy moet weet oor nies en bestuur

Verswak ADHD bestuursvernuf?

Grensposte, jou motor en versekering

Motorversekering: Oppas vir hierdie slaggat

Wat sluit jou reisversekering regtig in?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

4 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

4 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.