Kan slaap jou slim, slank en ryk maak?

Kan slaap jou slim, slank en ryk maak? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/David-Prado

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Geen intelligente mens is so naïef om te glo dat jy Frans kan aanleer deur bloot ’n YouTube-video deurnag onder jou kussing te speel nie. Maar tog wys navorsing daar steek iets in dié wilde (en aanloklike) aansprake oor die voordele van slaap …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Swot deur te luister terwyl jy slaap

Die wilde teorie:
Jy kan opnames van lesings deur jou dosente speel terwyl jy slaap, want vir jou brein is dit soos om in die klas te sit en aandagtig te luister, sonder dat enigiets (of daardie beeld van ’n man) jou aandag aftrek. Die brein neem alles in, lê dit vas en verwerk dit. Môre-oggend kan jy maar gaan toets skryf, of ’n brug ontwerp, gegrond op die wiskundige beginsels wat jy oornag ingeneem het. Voor die boeke sit en swot? Dit mors tyd wat jy beter kan gebruik …

Lees ook: Hou bekommernis oor werk jou wakker?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die feite:
In 2015 het navorsers van die Swiss National Science Foundation 27 Duitssprekendes gevra om die Nederlandse vertalings vir 120 Duitse woorde te leer. Daarna het hulle drie uur lank geslaap terwyl die vertalings oor en oor gespeel is, maar in verskillende slaapfases. Die volgende dag was die woordeskat van dié wat in hulle slaap na die vertalings geluister het, byna perfek – maar net vir party. Dié wat tydens nie-REM slaap na die woorde geluister het, kon beter onthou. Die res nie.

Lees ook: Hoe om ’n slaapdagboek te hou vir ’n beter nagrus

iStock/David-Prado

Moontlik, nuttig, of nie?

Daar steek baie moontlik iets in klankprikkels tydens slaap. Slaapnavorsers soos dr. Björn Rasch van die Freibourg-universiteit in Duitsland wat bogenoemde ondersoek gelei het en as ’n leier op die gebied van slaap beskou word, skryf dat nie-REM slaap (dis die grootste deel van jou slaap) ’n onontginde geleentheid is om jou geheue te versterk met ’n tegniek wat “targeted memory reactivation” genoem word. Dit beteken basies dat as dieselfde klanke wat jy hoor wanneer jy deur die dag sit en leer, snags herhaal word, jy moontlik beter kan onthou wat jy geleer het.

Ongelukkig beteken dit nie waarop ons almal hoop nie. Net soos vir die proefkonyne in hierdie ondersoek, is sit-en-leer ’n onontkombare voorvereiste. Dit beteken ook nie dat jy beter gaan onthou as jy snags na opnames van jou klasnotas luister wat jy wel opgeswot het nie. Onthou, die proefkonyne het net onthou wat tydens hul nie-REM slaapfase gespeel is. Jy gaan snags herhaaldelik deur siklusse van REM en nie-REM slaap. Al is jy meestal in die “leerbare” nie-REM slaap weet niemand wanneer dit begin nie … tensy iemand jou dophou en die klank aanskakel.

Lees ook: Wat elke vrou moet weet oor slaap en menopouse

Dis minstens halfpad waar dat genoeg slaap jou slimmer, slanker en ryker kan maak

Jy glip in ’n nommer 10 deur meer te slaap

Die wilde teorie
Vergeet van dieet. Regslaap maak jou rietskraal. Al wat jy moet doen, is om van nou af elke nag ’n uur vroeër bed toe gaan as tevore, want meer slaap keer vetjies. Die ander variasie is dat jy ’n uur later gaan slaap as wat jy sou, want minder slaap brand vetjies. Maklik!

Lees ook: Alles wat jy moet weet oor die vas-dieet

iStock/diego_cervo

Die feite

Te min slaap het ’n groot invloed op verskeie hormone. ’n Verrassende feit is dat jou eetlushormone, ghrelien en leptien, vervaardig word terwyl jy slaap. Slaap te min, en jy het te min van hierdie twee hormone wat hul wisselwerking en jou eetlus aanwakker, sê dr. Jacob Teitelbaum, skrywer van Real Cause, Real Cure.

Daarby werk jou groeihormoon veral snags om meer spiere te bou en weefsel te herstel en te vervang. Dit lyk dus asof mense wat te min slaap – veral oor jare en dekades – kan eindig met minder spiere en meer plooie as mense wat genoeg slaap en hul liggame kans gee om elke nag te herstel.

Lees ook: 10 dinge oor die Noakes-dieet wat jy kan glo

Wat gebeur wanneer jy wakker bly? Omdat jy langer besig bly, verbrand jy meer kilojoules. Daarom smelt die vetjies weg.

Verder wys observasie-ondersoeke ons is meer geneig om te peusel wanneer ons moeg is. As jy later gaan slaap met die idee dat jy meer energie gaan verbrand, is die kans goed dat jy deur die aand en veral deur die volgende dag een of twee (of drie of vier) snoepgoedjies gaan eet, juis omdat jou oormoeë liggaam na ’n bietjie energie smag. ’n Gesonde appel wat jy ekstra eet, beteken 250 kJ ekstra. Ná ’n jaar kan jy tot 2,5 kilo’s gewig aansit – en ná tien jaar meer as twintig kilo’s. Dit alles van te min slaap en net een appel ekstra, en vir seker veel meer as jy op beskuit, sjokolade of pakkies skyfies staatmaak vir ’n bietjie ekstra energie.

Lees ook: 59 happies vir jou dieet

5 dieetwenke wat vir almal werk

pexels

Moontlik, nuttig, of nie?

Vroeg gaan slaap en genoeg slaap het potensiële voordele vir jou gewig. Maar moenie wonderwerke verwag nie. Genoeg slaap gaan jou nie tien kilogram laat afskud nie – selfs nie eens een kilogram nie. Dit kan wel help om te keer dat jy gewig aansit. As jy gewig wil verloor, bly minder eet en reg eet die enigste suksesresep.

Lees ook: Die porsie-geheim wat jou sal help om gewig te verloor.

4 wetenskaplike oplossings wat jou dieet kan help

Skatryk as jy vroeg gaan slaap

Die wilde teorie

Mense wat in die deel van die land woon waar die son die vroegste opkom, is ryker as ander mense. Die teorie is dat mense waar die son vroeër sak (soos in Gauteng) uit eie keuse vroeër gaan slaap. Aangesien kantoorure landwyd min of meer dieselfde is, is dit meer waarskynlik dat hierdie mense teen opstaantyd werklik uitgerus is. Uitgeruste mense is meer produktief. Dit word wyd aanvaar dat net een uur minder se slaap die ekwivalente uitwerking van een tot twee drankies op jou brein het. Mense in die weste van die land (soos in die Kaap) is waarskynlik nie daagliks babelas nie maar die vroeg opstaan voor hulle behoorlik uitgerus is, tas moontlik hul goeie oordeel, werkfokus en akkuraatheid aan. Dit kan hul vermoë benadeel om goeie besluite te neem, produktief te wees en goeie werk te lewer. Dit beïnvloed winsgewendheid en dus ook hul inkomste.

Lees ook: 6 slaapprobleme – 6 oplossings

Daar is selfs navorsing wat dit bevestig: Volgens navorsing van 2015 wat deur die Universiteit van Kalifornië gedoen is, verdien mense op kort termyn 0,5% en op lang termyn 4,5% minder vir elke uur wat die son later opkom in die stad waar hulle bly, as jy inkomstes in die groot Amerikaanse stede vergelyk. Vir elke uur wat jy vroeër gaan slaap, sal jy sowat 5% meer verdien.

Kortom, as jy daarvan droom om ’n miljoenêr te word moet jy so gou moontlik Gauteng toe trek.

Lees ook: Ons moet wakker skrik oor slaappille

iStock/gilaxia

Die feite

Geld dieselfde in ons land? Wel, wie verdien die meeste? Die Gautengers, natuurlik. Career Junction se 2018 salarisopname vir 94 algemene beroepe wys dat Gautengers 10-20% meer as Kapenaars verdien. So kry ’n personeelbeampte tipies R26 740 in Gauteng, teenoor R22 630 in Kaapstad – 16% meer. Die son kom op 1 Maart om 6:01 op in Johannesburg, en om 6:34 in Kaapstad. Regdeur die jaar kom die son ’n halfuur vroeër op in Johannesburg as in die Kaap. Daarby het die Kaap ’n lang skemertyd, en is dit ’n uur later as in Johannesburg werklik donker. Máár dit is ’n feit dat die son in Durban op 1 Maart om 5:47 opkom – nog voor Gauteng. Inkomstes in Kwa-Zulu Natal is tipies 10% laer as in die Kaap en plek-plek tot 30% laer as in Gauteng.

Lees ook: Help, ek kan nie slaap nie!

Snork is oukei, maar wat van slaapapnee?

Moontlik, nuttig, of nie?

Nee wat, jou inkomste het niks te doen met hoe laat die son opkom nie. Mense wat uitgerus opstaan, vaar beter by die werkplek, maak nie saak waar hulle bly nie. Die kuns is om genoeg te slaap.

Hoe weet jy jy slaap genoeg, om jou maksimum by die werk te kan gee? Jou slaap-ure is te min as jy deur die dag gaap en dof voel, sê die Britse slaapnavorser, dr. Graham Law.

Hy het ook ’n interessante siening oor kitsslapies: hy glo aan ’n middagslapie. Dit is ’n uitstekende manier om te vergoed vir ’n klein tekort aan nagslaap. Ons het almal ’n biologiese insinking teen die middel van die dag – die ideale tyd om in te dut. Net twintig minute is voldoende om te verseker dat jy die hele middag op en wakker is. Maar beperk jou tot twintig minute. Meer as dit kan met jou nagslaap inmeng. Genoeg nag- en dagslaap gaan jou nie outomaties ryker maak nie. Maar dit gaan daartoe lei dat jou kop beter werk, wat jou kanse op rykdom net kan bevorder.

Lees ook: Hierdie wenke kan jou help om beter te slaap

Hoe om jou matras silwerskoon te hou

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.