kategorieë: Bekendes

Channing Tatum: Almal se vriend

Hoewel Channing Tatum almal met sy sexy ontkleedanspassies in die omstrede fliek ‘Magic Mike 2′ laat regop sit het, is dié ster agter die skerms net so talentvol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kyk dié video om sy impromptu danspassies te sien:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy speel die rol van die wêreldkampioenstoeier Mark Schultz, wat ook op stel was. Watter soort ervaring was dit?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hy is ’n uitsonderlike atleet. Ek dink nie ek was al ooit só op my senuwees voor enige ontmoeting nie, en glo my, ek het al ’n hele paar bekende en indrukwek-kende mense ontmoet. Hy was baie oop en het my vertrou met persoonlike inligting en geheime wat ek gedink het heeltemal buite perke sou wees. Sommige dae was dit waardevol om hom daar te hê en ander dae verwarrend.

Jy moes leer stoei. Was dit maklik?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit was een van die pynlikste ervarings van my lewe! En ek is ’n sportiewe ou. ’n Stoeigeveg het nie rondes nie en jy het nie ’n ruskans nie. Jy moet gemaklik daarmee wees om ongemaklik te wees. In die prent is stoei ’n metafoor vir karakters wat ongemaklik is en pyn verduur. Dit gaan alles daaroor om jou pyn in te hou. Die sport word baie onderskat, want mense dra snaakse kostuums, maar ek belowe jou dit is glad nie snaaks wanneer jy teenoor ’n man in die kryt staan wat jou wil vermorsel nie.

Jy is so atleties. Dit lyk nie asof daar iets is wat jy nie kan doen nie. Is daar ’n sport waarin jy nie goed is nie?

Ja, basketbal. Ek is vrot daarmee. Ek kan goed perdry, maar nie motorfiets nie. Ek weet nie hoekom nie. Dit gaan ook mos oor balans, dis net meganies. Ek hou gewoonlik van fisieke goed, want ek doen baie moeite om iets te bemeester waarin ek goed is. Ek hou van die toegewydheid wat dit verg om so iets te doen. Ek raak ’n bietjie obsessief wanneer ek sien iemand doen iets wat ek nie kan doen nie. Maar ek het nog nooit so oor basketbal gevoel nie.

Sien jy jou as ’n rolmodel?

Ek het vir seker nie die lewe van ’n tipiese rolmodel gelei nie. Mense sê gereeld vir my: “My kind wil doen wat jy gedoen het.” My reaksie is gewoonlik: “Ek hoop regtig hy doen dit nie.” My ouers het my geleer dat ek nie dieselfde foute as hulle moet maak nie en ek moes toe maar dinge op my eie uitwerk. Ek het dikwels uitgegaan en presies gedoen wat ek nie veronderstel was om te doen nie. Ek het hulle DNS in my. My pa was ’n rowwe ou. Jy kon hom nooit voorsê nie. Hy het altyd gesê jy moenie toelaat dat iemand vir jou sê wat om te doen nie. Hy het ongelukkig nagelaat om te sê dat ons wel moet doen wat hý ons voorsê om te doen. Hy het my en my suster geleer om sterk, onafhanklike mense te wees wat nie eens sy opdragte wou uitvoer nie. Maar die lewe bestaan uit ervarings. Niemand kan vir jou sê hoe om te lewe nie. Ek kan uit ander mense se ervarings leer, maar jy kan dit nie uit ’n boek leer nie. Ek kan na advies luister, maar ek sal niks leer as ek dit nie ook beleef het nie. Ek wil nie hê my dogter moet uitgaan en onverantwoordelike goed aanvang nie, maar ek wil hê sy moet lééf. Ek hoop sy doen wat sy doen omdat sy daarop besluit het en nie omdat al die ander mense dit doen nie.

Watter eienskappe is vir jou belangrik in ’n goeie vriend?

Dit gaan nie vir my oor spesifieke eienskappe nie. Ek het twee beste vriende. Een is my kreatiewe vennoot, Reid Carolin. Ons het op heeltemal verskillende maniere grootgeword. Hy het in ’n ryk woonbuurt in Chicago grootgeword en aan Harvard gestudeer. Ek het net een semester op kollege voltooi. Ons verskil baie. Hy deurdink alles terwyl ek meer fisiek is, maar op ’n manier verstaan ons mekaar. Al my vriende is baie vergewensgesind – as ons mekaar ’n ruk lank nie gesien het nie, kan jy net die telefoon optel en aangaan waar ons laas opgehou het sonder dat die een die ander kwalik neem. En ek hou van mense wat weet hoe om die lewe te geniet. Ek is mal oor die lewe – ek wil dit ervaar. Ek wil nuwe goed doen wat nie noodwendig iets met my loopbaan of gesinslewe te make het nie. Ek is avontuurlustig en my vriende moet ook dieselfde belangstellings hê.

Jy is op ’n goeie plek in jou lewe. Dit gaan goed met jou loopbaan, mense wil saam met jou werk, jy is gelukkig getroud en is nou ’n pa.

Jy werk hard daaraan om op ’n plek te kom waar jy dink alles is nou uitgepluis; waar jy weet wat jy vir die res van jou lewe wil doen. Dan gebeur daar uit die bloute iets wat alles deurmekaar krap en jy besef jy weet eintlik glad nie wat jy wil hê nie. Dit het gebeur toe my vrou swanger geword het (hy lyk angsbevange). Swangerskap is ongelooflik. Dis die grootste werk wat daar is, behalwe natuurlik om die kind groot te maak. Ek het baie respek vir alles wat vroue op ’n fisieke en emosionele vlak moet deurgaan om die lewe aan ’n baba te skenk. Dit verstom my.

Leef julle gesonder vandat julle ouers is?

Nie een van ons het ooit gerook nie – dit was nie ’n kwessie nie. Ek hou glad nie van groente nie en my vrou is vegan (lag). Maar sy verstaan sommige mense het vleis in hul dieet nodig. Sy is nie een van daardie mense wat haar standaarde aan ander opdwing nie. Ons huislewe is baie gebalanseerd. Sy weet wat ek nodig het en ek weet wat sy nodig het. Ek het grootgeword op McDonald’s en dis ’n moeilike gewoonte om af te leer. Ek bemoei my nie regtig met die vet-en-maer-kwessie nie. Ek wil net hê my kinders moet gesond wees. My vrou het my geleer om groen gladdejantjies te drink. Nou drink ek my groente! Solank jy gebalanseerd lewe en na jou lyf luister, sal jy oukei wees.

Hoe kry julle dit reg om op so ’n jong ouderdom gelukkig getroud te wees – veral in Hollywood?

Ons is verskriklik oop en eerlik met mekaar en ek glo dis een van die dinge wat ons nege en ’n half jaar lank bymekaar gehou het. Sy sal vir my sê as sy nie goed voel nie, of as ek nie genoeg aandag aan haar gegee het nie, en glo my, sy het baie aandag en liefde nodig! My vrou is soos ’n Persiese kat. Sy moet heeltyd aandag kry. Dis my verantwoordelikheid.

Hoe voel dit om ’n pa te wees?

Dis alles en niks wat ’n mens verwag het dit sou wees nie. Ek was nooit regtig besorg oor die swangerskap, geboorte en die eerste jaar daarna nie. Maar ’n vrou weet sy moet vir nege maande swanger wees, geboorte gee en borsvoed. Die mans dink net aan al die pret wat hulle gaan hê as die kind groter is. Ek was glad nie gereed vir die eerste twee jaar nie. Jy gee baie liefde, maar kry nie veel terug nie, behalwe slapelose nagte. Vroue is superwesens wat dit betref. Hulle weet outomaties wat om te doen. Jy besef dan eers hoe papbroekig mans kan wees. Ons ervaar pyn heeltemal anders as vroue. Mans kan ’n klap deur die gesig vat, maar die pyn wat vroue vir lang tydperke moet verduur, sal ’n man middeldeur breek. Dit was ’n reuse-oomblik toe ek die eerste keer my dogter vashou. Ek het skielik besef ek sal moet leer hoe om hare te vleg, en dat sy my naels gaan wil verf. As akteur wentel die wêreld heeltyd om jou, maar as jy kinders het, verander dinge heeltemal. Dis ongelooflik.

Jy was People se “Sexiest Man Alive”. Hoe het dit gevoel?

Dis ’n baie vreemde ervaring en ’n baie groot eer, maar dis natuurlik nie regtig wat dit beteken nie. Jy is nié “die sexyste man wat lewe” nie. Ek het geweet my vriende sal my vir die res van my lewe daaroor spot. Ek sal nooit weer enige argument kan wen nie.

Veral jonger mense dink deesdae dat dit nie belangrik is om te trou nie. Is dit vir jou belangrik en hoe het dit jul verhouding verander?

Ek dink dis ’n persoonlike keuse. Ek wou altyd in ’n verhouding wees. Dit het niks met my loopbaan te make nie. Om getroud te wees het my baie oor kompromie geleer. Ek kan dinge uit iemand anders se perspektief sien. Daardie sêding: Happy Wife, Happy Life is waar. En wanneer jy kinders het, voel jy ook weer soos ’n kind. Dit het my ook baie met my toneelspel gehelp. Daar is maklike en gelukkige tye en die een leer by die ander wat sy of haar swakhede en foute is en wat gedoen moet word om dit te oorkom.

Jy het ’n baie suksesvolle jaar agter die rug. Wat het roem jou geleer?
Roem is net ’n stappie om nog iets te leer, maak nie saak of dit nou met my gesin, loopbaan of iets anders te make het nie. Ek sien dit nie asof ek iets groots bereik het nie. Dis net nog ’n ervaring waarvoor ek gewerk het.

Maar finansieel moes dit ’n verandering in jou lewe gemaak het?

Ek vlieg nou eersteklas en het ’n mooi huis. Ons bly nie meer in ’n woonstelletjie nie, maar verder het ons lewe nie juis verander nie. Ek het dieselfde vriende as toe ek arm was en Jenna my huur moes betaal omdat ek dit nie kon bekostig nie. Dankie tog sy het geld gehad! Geld stel my in staat om kreatiewer te wees. Ek hoef nie werk te aanvaar waarin ek nie glo nie. Ek kan ook ander dinge doen. Ons het byvoorbeeld ’n restaurant in New Orleans geopen.

Wat is die keersy daarvan om sexy en aantreklik te wees?

Dis interessant. Ek en my vriende praat gereeld oor kindersterre en hoe vinnig hul ster verskiet. Sukses en geld kan jou pootjie, want jy het nie geleer om in die regte wêreld te leef nie. Mense sien op na jou en jy hoef jou nie met banale goed, soos ander mense op te hou nie. Dis asof hul ontwikkeling gevries het. Ek hoop ek het daardie les geleer en dat my sukses nie dieselfde uitwerking het nie, want ek wil altyd bly groei.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.