kategorieë: Bekendes

Ons gesels met Joe Foster

1. Beskryf jou musiekstyl.

Dis definitief ’n fushion tussen country, pop en rock alhoewel nie een van die genres so sterk na vore kom dat ek ’n definitiewe musiekstyl kan beskryf nie. Die klank wat die liedjies gevra het, is ’n mengsel van daai style. Ek wil nie musiek vir net ’n klein groepie mense maak nie, so ons het dit mooi deurdink en ’n middeweg gevind sodat alle ouderdomsgroepe aanklank daarby kan vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Hoe verskil jy van ander musikante?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis ’n moeilike vraag want ek het geleer om myself nie met ander musikante te vergelyk nie, daar is geen goed daarin nie. So ek weet nie. Maar, ek bring iets vars. Ek het twee jaar lank beplan, geskryf en myself saam met ’n ongelooflike span mense opnuut weer uitgedaag as kunstenaar en hier en daar myself ook terug gehou om die less is more-beginsel toe te pas waar nodig. My liedjies en musiek sal die bewys moet wees. Ek hoop mense hoor my hartklank.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Wat kan jou aanhangers van die album verwag?

Dis energiek, emosioneel, diep, kragtig en hoendervleis-mooi op ’n paar plekke. Wees verseker om so ’n paar lewenslesse ook te leer, hou maar die tissues naby want liedjies soos In Die Reën Vir Jou gaan jou dalk laat oorkom van emosie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Hoe het jy die verskillende liedjies gekies/wat was jou inspirasie?

Die titel van die album Hartklank was van die begin af my inspirasie en al die liedjies wat ek geskryf en gekies het, val onder dié tema. Hartklank beskryf die taal wat jou hart praat. Soos wat ons monde Afrikaans praat, so praat ons harte Hartklank. As ons leer om dit te verstaan en ons hart se raad volg, mag dinge dalk meer uitwerk as wanneer ons nie ons harte volg nie. Ek het dit al bewys in my eie lewe. Dis hoe God met ons praat.

5. Wat is jou gunstelingliedjie op die album?

Jy gaan dink ek jok. Maar uit BAIE liedjies waaraan ek twee jaar lank geskryf het, is slegs 13 daarvan deur almal in die span gekies en dit verskyn op die album. So, ek kan met alle eerlikheid sê dat elke liewe lied op die album my gunsteling is. Elke liriek: dis eerlik, dis my hart, en ek persoonlik geniet dit ook om elkeen te sing.

6. Waar was die lekkerste plek waar jy al opgetree het?

Daar is so baie! Ek het in 2014 by Innibos voor 55 000 mense gesing tydens die finale konsert. Ek sal dit altyd onthou, hoe beskryf ek so ’n awesome gevoel? Ek was ook al genooi om in Australië in Perth en Mandurah op te tree. Dit is ’n amazing land.

7. Na watter tipe musiek luister jy?

Almal sê altyd hulle luister na enige ding, maar ek luister regtig meestal na enige ding. Ek het net nog nie my oor geleer om van Metal, Opera en Rap te hou nie, alhoewel ek dit nie afkeer nie. Verder geniet ek enige lied wat met my praat of vir my mooi is of my laat lekker voel. Ek geniet folky singer-songwriter tipe musiek. John Mayer, Ryan Adams, Damien Rice, Tracy Chapman, en ek het onlangs vir Tracey Musgraves ontdek. Ek is ook ’n groot OneRepublic fan.

8. Wou jy altyd ’n sanger word? Wat was jou droom as kind?

Dis dalk nie presies die weergawe van my droom of kleintyd se drome nie, maar ek kan met alle eerlikheid sê ek lewe my childhood droom. Dis nou al ’n lewensdoel en nie net meer ’n droom nie. Ek speel klavier en sing al vandat ek kan onthou. Ek lewe totaal en al vir hierdie doel en ek sien uit om te sien waarheen dit my nog gaan vat. Ek weet ek doen wat ek bedoel is om te doen.

9. Jou gunstelingvers uit ’n bekende liedjie?

Ek sit al ’n ruk met hierdie een. Dis onmoontlik, daar’s net te veel. Ek word wel geïnspireer deur die vraag en gaan ’n bietjie ondersoek instel.

10. Wat is volgende op jou radar?

My volle aandag vir die volgende paar maande gaan wees op die vrystelling van my album en om dit deur die land te neem. Dis ook my mission dat elke Afrikaanse musiekaanhanger die album se songs hoor. Daar is ’n nasionale Hartklank-toer en optredes, ’n Hartklank-aanlynwinkel, DVD-vrystelling en nog vele meer. Ons beplan moontlik ’n Hollandse vertaling, opname en vrystelling van die Hartklank-album. Ek het daar gebly en geswot so dit sal dinge ’n volle sirkel laat verloop.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.