Vraag
Ek is in my vyftigerjare en wil graag meer weet oor die behandeling waar die salon jou gesig met suur bedek en dan dop die vel af (afskilfering). Is dit gesond en veilig? Hoe lank duur die afskilfering? Wat presies doen hierdie tegniek eintlik aan jou vel?
– Riekie van Zyl
Antwoord
Daar is soveel verskillende suurbehandelings op die mark. Dit is belangrik dat daar altyd ’n dokter op die perseel moet wees waar jy die behandeling laat doen. Maak ook seker dat die persoon wat dit doen die nodige kwalifikasies het.
’n Suurbehandeling verbeter vel-abnormaliteite soos hiperpigmentasie, rosacea, aknee, ’n droë en baie beskadigde of verouderde vel. Die konsep agter afskilfering (peel) is om chemiese agente te gebruik wat die vel wond. Hierdie beheerde wond kan in die boonste of in die dieper lagie van die vel plaasvind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Afskilfering wond basies die vel en gee dit dan kans om nuwe, jonger vel in die wondgenesingsproses te genereer. Indien jy vlekkies of pigmentasie wil verwyder, of dalk net lyntjies wil versag, is dit ’n baie goeie aanbeveling. Maak net seker dat ’n deeglike vel-analise gedoen word, dat jou vel vooraf met die regte produkte behandel word om jou vel gereed te maak vir die intensiewe behandeling, en volg altyd die nasorgaanbevelings by die huis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.