Chia-poedinkies

Chia is ’n wondersaadjie en ’n baie goeie bron van kalsium, kalium en omega-3. Chia beskerm die hart deur inflammasie, bloeddruk en cholesterol in toom te hou. Die saadjies kan op dieselfde manier as sago gebruik word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook: Chia-en-suurlemoen-roomys met volgraan-wafeltjies

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 4

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• 250 ml chiasaad
• 650 ml klapperroom
• 45 ml (3 e) heuning
• knypie sout
• 10 ml (2 t) vanieljegeursel
• 250 g aarbeie
• 125 g bloubessies
• 10 g Erythritol
• 500 g kersies, middeldeur gesny en ontpit
• 125 g mascarpone-kaas
• 125 ml (½ k) room

1 Meng die chiasaad, klapperroom, 30 ml heuning, sout en vanielje in ’n mengbak. Hou eenkant.
2 Meng die aarbeie, bloubessies en Erythritol in ’n mengbakkie en verwerk met ’n handmenger tot glad.
3 Skep die vrugtesous in vier 250 ml-bakkies.
4 Vul met die chiasaadmengsel en kersies. Sit vir 4 uur of oornag in die yskas.
5 Klits die mascarpone, room en res van die heuning tot lig en donsig.
6 Skep op die poedinkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

5 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.