kategorieë: Bekendes

Claire groove steeds

Mango Groove is na 25 jaar steeds baie suksesvol.  Vertel ons meer van julle nuutste avonture.
Met die Big World Party Tour verlede jaar het ons die vrystelling van ons Bang the Drum album gevier en het dit terselfdertyd in ons Greatest Hits konsert geintegreer.  Ons het ’n verskeidenheid van ons eie vertonings by Botaniese Tuine regoor die land opgevoer met die gevolg dat ons absoluut stom geslaan (en nederig tevrede) was oor die gehore se terugvoering: jonk en oud, mense was so entoesiasties, en al moet ek nou corny klink, ons het regtig die liefde gevoel. Daarna het ’n konsert-DVD net reg gevoel.  Die Carnival City konsert was deel van ons omgaande toer en omdat dit so fantastiese plek was vir ’n plaatopname het ons die geleentheid aangegryp.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bang the Drum is vrygestel 14 jaar na Eat a Mango (1995). Hoe het dit gevoel om terug te tree in die bedryf?
’n Bietjie soos om ’n ou en geliefde vriend na baie jare weer te sien! Op ’n meer ernstige wyse – dinge het net in plek geval en alles het so moeiteloos gevoel. Bo dit alles was dit pret. Die Bang the Drum-album het ’n glimlag op sy gesig, en in terme van klank is dit baie in die gees van die eerste twee Mango albums. Die kern skryf- en produksiespan was betrokke en ons het die DVD selfs by dieselfde ateljee opgeneem waar die eerste twee albums opgeneem is  Dit was deur en deur wonderlik en baie ongekunstelde projek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy hard gewerk en was jy opgewonde oor die DVD?  Wat maak die proses anders as ’n album of wêreld toer?
Ons het baie pre-produksie en repetisie in die DVD gesit, en hopelik blyk dit duidelik in die produk.  Omdat ons ’n gereelde, aktiewe rondreisende groep is, stem die musiek instinktief ooreen (ons doen dit al vir so lank), en ons het altyd baie pret met ’n lewendige optrede. Ek glo dat dit in die DVD deurkom – al die spontaniteit, maar hopelik ook die verfyningswerk. Ek veronderstel dat ’n DVD-opname byvoorbeeld verskil van die opname van ’n album of toerbeplanning.  Terwyl ek daaraan dink, is die opname proses seker die mees intensiewe kreatiewe ervaring omdat ons aan ’n nuwe produk werk.  Terselfdertyd is dit ’n kreatiewe uitdaging om liedjies wat jy reeds opgeneem het van voor af te besoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die eerste Mango Groove album is in 1989 vrygestel.  Hoe het jou sing- en optreestyl deur die jare verander?
Ek voel nou meer vol vertroue, beide as ’n sanger en vermaaklikheidster. Ek sal altyd op my senuwees wees voor enige opvoering (ek het nie verwag om na soveel jare steeds so te voel nie!), maar ek voel wel baie meer gemaklik met my reeks en die terugvoering van ’n gehoor.  Ek sal altyd soos Claire klink (in goeie en in slegte tye ), maar dit is ’n lekker gevoel om ’n bietjie meer selfversekerd te wees.

Jy het al in meer as net Engels gesing.  In watter ander tale het jy al gesing en hoe het jy dit geleer?
Ek praat en verstaan Afrikaans (al is die praat deel nie so goed nie), maar met tale in die algemeen is ek geneig om dit foneties aan te leer.  Swahili, isiZulu, Frans, Portugees, Samoaans, Maori, Italiaans, Spaans en Arabies!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy toer baie saam met die groep. Hoe hanteer jy dae wanneer jy terug verlang huis toe?
Om tuis te wees is ’n ware anker vir my en John (veral ons troeteldiere en tuin), so ek is geneig om redelik ernstige huis toe te verlang terwyl ons weg is. Ek troos myself elke keer daaraan dat alles nog hier sal wees as ons terugkom en dat ek alles meer sal waardeer omdat ons so baie weg is daarvan.

Wat is vir jou die beste deel om saam met jou man te werk?
Dit klink dalk corny maar ons kommunikeer so instinktief oor dinge en ek glo dat ons kreatiewe samewerkings ons nader aan mekaar bring.  Ons het ons verskille, natuurlik, maar bo dit alles het ons ’n baie naby en liefdevolle vennootskap en vriendskap, en ek waardeer dit meer as wat ek in woorde kan sê.

Wat maak jou die meeste opgewonde om hoofsanger van Mango Groove te wees?  Hoekom?
Dis snaaks maar ek dink nie aan myself in ’n opwindende manier nie. Ek veronderstel dat ek in natuur altyd aan myself sal twyfel en dat ek altyd optredes met plankekoor sal aanpak. Gedurende die tye wat ek wel daaraan dink, voel ek dankbaar vir al die ondersteuning deur die jare en vir die feit dat wat ons doen alles oor feesviering en blydskap gaan.  Ander sangers se musiek het nog altyd sentraal tot my lewe gestaan, om omring te wees met my eie herinneringe en lewensveranderinge. So as ons kunstenaars ’n soortgelyke effek op ander kan hê (in hoe klein manier ook al), sal dit my ongelooflike satisfaksie gee.

Jy is n stylikoon met ’n wonderlike oog vir mode.  Hoe sal jy jou styl beskryf?
Eerstens, baie dankie vir die kompliment!  Al het ek deur die jare wonderlike advies en leiding van talentvolle ontwerpers en stiliste ontvang, is ek geneig daartoe om my eie instinkte te volg.  As ’n klein dogtertjie het ek sekere voorkeure ontwikkel (amper iets soos camp punk gemeng met 1950’s glans waarvoor ek nog altyd lief is).  Wat ookal die nuutste mode is, jy moet egter gemaklik in jou eie vel voel – jy kan nie bekostig om uit te gaan terwyl jy selfbewus voel nie.

Wat is die beste mode-advies wat jy al ooit gegee is?
Moenie ’n mode-slagoffer wees nie!

Wat is jou kosbaarste besitting jou kas?
Dis ’n moeilike een. Ek is ’n baie sentimentele persoon, so enigiets wat ’n belangrike herinnering by my aanwakker, sal ek nooit kan weggooi nie. Maar terselfdertyd is ek ’n skoen-, handsak- en hoed-fanatikus, so om een gunstelingitem uit te sonder sal heeltemal te moeilik vir my wees.

Jy is ’n ambassadeur vir The Endangered Wildlife Trust se nasionale anti-renosterstropingsveldtog.  Hoekom is dit so belangrik vir jou?
Ek voel baie bevoorreg om deel te wees van die veldtog, aangesien die EWT ’n wonderlike organisasie is wat ongelooflike werk doen. Die Dare to Care-veldtog handel oor baie spesies, maar bo dit alles gaan dit daaroor om essensiële verdwynings rondom ons te bewaar.  Om ’n gevoel vir die natuur en ander skepsels te hê is een van die belangrikste dinge in die lewe: dit gaan daaroor om deernis te ontwikkel (vir alle skepsels), om buitekant jouself te kyk en jouself as deel van iets groter te sien en verbind te voel daaraan. Ek glo dat dit kernbeginsels vir ons as spesies is en dat dit die tipe toekoms is waarin generasies sal woon.

Wanneer jy terugkyk na alles wat jy al bereik het, wat staan vir jou uit as die beste oomblik?  Hoekom?
Sonder om ’n spesifieke oomblik of ervaring te probeer herroep (konsert of opname), dink ek gaan dit vir my oor vreugde (jy het my in ’n filosofiese bui hier beet). Vir al die gereelde benoudhede en ’n gebrek aan selfvertroue, hou ek van die feit dat musiek in die geheel die mag het om mense aan te raak en vreugde aan hulle te verskaf.  Om ’n klein deeltjie van hierdie proses te wees, maak my gelukkig.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.