kategorieë: Bekendes

Gwyneth Paltrow: Veelsydig

Dit is moeilik om nie van Gwyneth Paltrow te hou nie.  Sy het ’n droë sin vir humor en ’n gemaklike vriendelikheid.  Sy en haar eksman, Chris Martin van Coldplay het twee kinders, dogter Apple en seun Moses. Haar modelvoorkoms kon haar maklik in die rolprentbedryf se girlfriend-kategorie laat beland het, maar sy het vroeg-vroeg bewys dat sy buitengewone talent het en het al op 26 die Oscar vir Shakespeare in Love gewen. Gwyneth se pa, Bruce Paltrow, was ’n bekende TV-regisseur en minder suksesvolle rolprentregisseur en haar ma die Tony-bekroonde aktrise, Blythe Danner. Sy en haar pa was baie na aan mekaar en sy was ná sy dood opsigtelik platgeslaan. Kort ná sy dood het ek haar gevra hoe dit met haar gaan, en sy het haar trane moeilik weggesluk: “Dit het my heeltemal verander, maar dis wonderlik om hom in my kinders te sien. Ek sien heeltyd glimpe van hom.” Gwyneth kies haar rolle versigtig sodat sy voltyds ma kan wees, en reël haar werk so dat haar kinders se roetine so min moontlik ontwrig word. Sy lyk gelukkig en tevrede. Kortom: Sy is gemaklik met wie sy is en in beheer van haar wêreld. Haar fliek, Country Strong, gee haar weer ’n kans om te sing en dis iets wat sy boonop goed doen, maar dis nie ’n musiekfliek nie. Sy vertolk die rol van ’n country-sanger wat met roem en verslawing sukkel. Die country-legende Tim McGraw is in die hoofrol teenoor haar. Die storie klink dalk holruggery, maar die spel is uitstekend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Het jy voor dié fliek aan jouself as ’n sangeres gedink, en hoe intimiderend was dit? Op stuk van sake is Tim McGraw ’n legende en sy vrou, Faith Hill, was ook ’n bekende country-sanger.
Ek het in ’n musikale huis grootgeword. My ma sing pragtig en daar was altyd musiek êrens op die agtergrond. Ek het altyd saam met haar gesing en op skool was ek deel van ’n a cappella-groep. Maar ek het nooit die geleentheid gehad om professioneel te sing nie totdat ek in die fliek Duets, wat my pa vervaardig het, verskyn het. Toe ek Country Strong se draaiboek lees, het ek gedink die musikale deel daarvan was baie interessant. Ek het nie veel van country-musiek geweet nie, en het gehoop dat genoeg navorsing my sou deursien. Ek het baie hard saam met my sangafrigter gewerk en ure en ure aaneen na countrymusiek geluister.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Het jy die rol met jou sanger-man bespreek?
Ek het nie die draaiboek vir hom gegee om te lees nie, ek het net gesê daar is hierdie fantastiese rol en ek moet ’n baie gewilde country-ster speel. Ek het meer op Beyoncé en Faith Hill staatgemaak. Ek wou dit vanuit ’n vrou se perspektief verstaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat het jy geleer?
Ek het Beyoncé se selfvertroue op die verhoog fyn dopgehou. Ek dink sy is ongelooflik en wou net ’n tikkie van daardie selfvertroue weergee. Faith het duisende van my vrae beantwoord, en sy en Tim het my aan hul beste country-vriende voorgestel.

Hoe het jou man, ’n Britse popster, al die country-musiek waarna jy moes luister, gehanteer?
Hy het my ondersteun. Hy het met Johnny Cash en Hank Williams Snr. grootgeword. Sy pa is ’n groot country-aanhanger, wat nogal snaaks is vir ’n regte Engelsman Country Strong gaan oor ’n vrou wat met haar openbare rol worstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kon jy jou met haar vereenselwig?
Dit hang af hoe jy jou lewe wil leef. Ek kom uit ’n heel ander wêreld as sy. Sy kom van ’n klein dorpie af. Ek is in dié wêreld gebore en grootgemaak deur mense in die bedryf wat ook goeie gesinswaardes gehad het. Ek was nooit onder soveel druk soos my karakter Kelly nie. Ek het baie op en af tye beleef, veral toe ek jonger was, maar ek het altyd geweet wat is belangrik en het vasgehou aan wat my ouers my geleer het. Familie en vriende was my redding

Waar is jy nou in jou lewe?
My lewe is nou alledaags. Ek is saam met my kinders by die huis, vat hulle skool toe, gaan haal hulle … Ek werk net vir kort tydperke, en as ek langer as vyf dae moet weggaan, kom hulle saam. Sedert ek swanger was met Apple het ek nog nie weer in ’n fliek gespeel waar ek in elke toneel verskyn nie. Hierdie rol was ’n droomrol. Ek was nie in elke toneel nie en kon vir ’n week huis toe gaan en terugkom met die kinders aan my sy. Dit was ’n goed uitgewerkte skedule. Boonop was dit ’n uitdagende rol. Ek het nie gedink ek het die selfvertroue om iemand te speel wat voor tien duisend mense kan staan en sing nie. Dit was ’n openbaring. Ek het selfvertroue, maar nie soveel nie!

Jou karakter was aan dwelms en drank verslaaf. Hoe het jy dit nagevors?
Net om weer ’n naam rond te gooi – ek het Robert Downy Jnr (haar medespeler in die Iron Man-flieks) gevra om my te help. Ek het aan die begin van die verfilming vir hom ’n e-pos gestuur, want daar was sekere goed wat ek nie verstaan het nie, soos hoe jy jou een aand so swak kan gedra, ’n algehele gek van jouself kan maak en ander mense se lewe en ondernemings vernietig, en die volgende dag maak asof niks gebeur het nie. Hy het baie mooi vir my verduidelik waaroor verslawing gaan.

Waaraan is jy verslaaf?
Koffie. Dis nie gesond nie. Almal preek vir my oor die gewoonte.

Wat sal jy nog wil bereik?
Ek is oop vir enigiets wat pret en uitdagend is. Ek het pas ’n gasrol in GLEE gehad, en dit was heerlik. Dis hoekom ek in hierdie fliek gespeel het. Die projek moet regtig die moeite werd wees, want dit ontwrig my kinders as ek hulle alleen los. Maar ek dink as ek een goeie projek per jaar kies, sal dit nie so ontwrigtend vir my gesin wees nie, en ek dink ek het my prioriteite reg soos wat my ouers my geleer het.

Het jy nog doelwitte en drome?
Nie professioneel nie, hoewel ek nog sekere verhoogstukke wil doen.Ek sou graag ’n musiekblyspel op Broadway of die Weseinde wil doen. Maar al my ander drome is vir my kinders.

Met wat laat jy jou kinders wegkom?
Hulle is goeie kinders, oulike mense, goed gemanierd en goed aangepas. Ons is streng tot op ’n punt, maar probeer om die kinders te respekteer vir wie hulle is. My dogter wou van sy twee was gaatjies in haar ore hê. Sy is baie na aan haar Spaanse oppasser, en Spaanse meisietjies kry kort ná hul geboorte gaatjies in hul ore. Toe sy vyf word, het ons maar bes gegee. My pa het ’n goeie filosofie hieroor gehad:”Vertrou jou kinders altyd met ’n bietjie meer as wat hulle verwag, en hulle sal jou nie teleurstel nie.”

En jou seun?
Hy wil gelukkig nie gaatjies in sy ore hê nie (lag)! Ek is nie seker waarmee hy al weggekom het nie. Hy het ons gesmeek om skopboks te doen – en is vreeslik trots op homself in sy uitrusting. Jy en Madonna is goeie vriendinne. Sien julle mekaar nog gereeld? Ja, ons twee is al donkiejare vriende. Sy bly nou in New York en ek in Londen, en ons sien mekaar nie meer so gereeld nie.

Deel jou dogter, Apple, jou modesmaak?
Ons speel graag met klere. Sy is mal daaroor om in my kas te vaar en veral my skoene aan te trek. En wanneer ek my hare en grimering vir ’n geleentheid laat doen, moet hare ook gedoen word (lag). Maar sy het haar eie smaak. Sy kies elke dag haar eie uitrusting, en as sy my dalk sou vra of sy blou of pienk moet aantrek, en ek sê blou, sal sy die pienk uitrusting aantrek (lag). So nee, ek beïnvloed nie haar modestyl nie.

Flieks oor musikante gaan dikwels oor pyn en stres. Hoekom?
Hulle is so kreatief, en leef heeltyd hul kreatiwiteit uit. Ek dink roem maak hulle nog kwetsbaarder, want hul woorde en gedagtes word openbare besit. ’n Skilder kan sy sensitiwiteit in privaatheid uitdruk sonder dat mense hom in die straat voorkeer. Ek dink alle kunstenaars is sensitiewe siele en soms strek roem nie tot hul voordeel nie.

Wat is skoonheid vir jou?
Jy moet gemaklik wees in jou eie vel. ’n Uitdagende rooi lipstiffie doen ook die ding!

Vertel ons van jou kookboek?
My Father’s Daughter gaan oor saamwees en lekker eet. Dis Amerikaanserige kos wat ook ander invloede insluit. Ek het die boek ter ere van my pa geskryf, want dit was vir hom die hoogtepunt van die dag wanneer ons gesin saam om die tafel kon aansit.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Binnelanders-nuweling, Deoudoné van der Merwe

Jy kan dalk dink Deoudoné van der Merwe se TV-loopbaan het laas jaar met ’n…

1 day Gelede

Verruklike winterpizza

Verruklike winterpizza met gekaramelliseerde uitjies, crème fraîche, orego en tiemie. Resep deur Vickie de Beer

1 day Gelede

Nuutste beperkte hoeveelheid wyn-etiket van KWV se The Mentors

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en verskaf. The Mentors Limited Edition Tempranillo 2021 is…

1 day Gelede

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

2 days Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

2 days Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.