kategorieë: KalenderOntspanning

‘Classics is Groot’ hou ekstra konsert ten bate van Knysna-tragedie

Volgens Brendon Hargroves, uitvoerende vervaardiger van dié konserte, het alle rolspelers ingestem om hul dienste gratis hiervoor te bewillig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die ekstra konsert se opbrengs word aan organisasies geskenk wat help om verligting in die area te bring. Ons het besluit om alle kaartjies vir die ekstra konsert, by die Moreletapark Ouditorium in Pretoria, teen R250 te verkoop. Dit is ons manier van omgee en om die mense van Knysna te ondersteun,” sê Hargroves.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Ons nooi alle musiekliefhebbers om hierdie konsert van wêreldgehalte te ondersteun en sodoende ook aan dié liefdadigheidsprojek deel te neem,” sluit Hargroves af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Brande het die afgelope paar dae geweldige verwoesting in Knysna en omliggende areas gesaai en te midde van lewensverlies, is verskeie besighede en huise in puin gelê, wat talle mense dakloos gelaat het.

Dít is ’n saak wat vir Corlea, wat by Classics is Groot te sien is, baie na aan die hart lê. “In 1995 het ons huis tot op die grond gebrand, ons het net die klere aan ons lywe oorgehad. Ons het so verlore en haweloos gevoel. My hart gaan uit na hierdie arme mense, wie se wêreld totaal omgekeer is. Help my, en my mede-kunstenaars, om net ’n klein bietjie hoop en verligting in dié onsekere tye aan hulle te bring,” vra sy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Saam met Corlea op die verhoog, kan konsertgangers uitsien na optredes deur Amira Willighagen, Jannie Moolman, Coleske, Touch of Class, Swing City, Monique Steyn, Tarryn Lamb, Charl du Plessis en die Joburg Ballet Company.

Kaartjies vir dié ekstra konsert (Saterdag, 24 Junie om 12:00) is nóú by www.ticketpro.co.za teen R250 per persoon beskikbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.