kategorieë: Bekendes

Clive Owen: Held met hart

Wat ook al die rede, dis onmiskenbaar daar: ’n roekelose, moenie-met-mymors- nie soort manlikheid straal uit Clive Owen. Hy het daardie Steve McQueen- of Paul Newman-houding; die Russell Crowe-manlikheid sonder die ego. Maar sy voorkoms flous jou nie rêrig nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy besef daar is genadiglik méér: agter die manhaftigheid skuil ’n sagte kwetsbaarheid. In sy fliek, The Boys are Back, word Clive se teenstrydige eienskappe van krag en deernis saamgesnoer. Hy vertolk die rol van ’n man wat die beste doen wat hy kan in omstandighede wat ’n swakker siel sou breek. Die fliek handel oor ’n pa wat nie regtig by sy kinders se opvoeding betrokke is nie. Toe sy tweede vrou sterf, moet hy heelwat aanpassings maak en na sy twee seuns (een uit ’n vorige huwelik) omsien. Hy moet nuut na sy prioriteite kyk, ’n band tussen hom en sy seuns skep en die pad na ’n ryker, nuwe lewe begin stap.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In The Boys are Back het jou karakter ’n effe chaotiese ouerskapstyl. Maar watter soort pa is jy?
Toe ek die draaiboek lees, het dit my diep geraak, ek was skoon emosioneel. Dis pragtig geskryf en kyk na ouerskap uit ’n man se perspektief. Ek het nog nooit so iets gelees nie. My karakter moet baie dinge hanteer, ook sy seun se hartseer ná sy ma se dood. Maar ek is nie ’n “los” soort pa nie. Ouerskap is ’n baie groot deel van my lewe, en pa-wees staan ook heeltemal los van my loopbaan. As ek werk, werk ek, maar by die huis is ek net pa vir my twee dogters, Hannah en Evie. Dit klink dalk na pret om so ’n effe chaotiese ouerskapstyl te hê, maar as niemand die skottelgoed was nie en daar is nie struktuur nie, gaan die spulletjie inmekaarstort. Bygesê, ek dink baie ouers sê soms te maklik nee. ’n Gesin het albei kante nodig, struktuur en roetine óók.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoe hanteer jou dogters jou roem?
Die maklikste antwoord is die twaalfjarige Hannah se gunsteling-sinnetjie van die afgelope ses maande: “Ek wens hulle kan sien wat ek sien en weet hoe jy regtig is.” (Lag.) Die res laat ek aan jou verbeelding oor.

Maar is hulle gemaklik daarmee?
So gemaklik soos wat hulle kan wees. Hulle het nie regtig ’n keuse nie (lag). Maar hulle begin nou besef hoe hulle dit kan gebruik, want hulle wou hê ek moes vir hulle kaartjies vir die Harry Potter-premières kry. Toe hulle jonger was, kon hulle glad nie verstaan waarom vreemdelinge my op straat voorkeer en geselsies aanknoop nie. Hulle wou heeltyd weet wie hulle is en hoekom hulle met my praat (lag). Nou weet hulle presies wat ek doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dink jy kinders grootmaak is ’n vrou se afdeling?
Ek dink nie dis net ’n ma se werk nie. As ek by die huis is, is daar soms ’n hele spulletjie kinders waarna ek moet omsien, en ek pas ook dikwels ons vriende se kinders op. Dis regtig nie vir my ’n probleem nie. Wanneer my vrou nie by die huis is nie, is dit glad nie vir my ’n las om na die kinders om te sien nie. Ek is ’n goeie huisman en kan alles bymekaar hou (lag). Toe my eerste dogter, Hannah, gebore is, was dit vir my ’n ongelooflike en roerende ondervinding. Ek het haar oomblikke ná haar geboorte opgetel en ’n uur lank met haar in my arms gesit. Dit was ’n grootse oomblik. Dis moeilik om te verduidelik hoe diep dit my geraak het, dit was amper heilig

So, hoekom is daar so min enkelpa’s?
Baie vroue maak hul kinders alleen groot, en niemand lig ’n wenkbrou nie. Ek weet nie. Ek ken ook nie ’n man wat alleen kinders grootmaak nie. Daar is die persepsie dat as ouers skei, die kinders beter af is by die ma. Ek weet nie hoekom nie.

Hoe het ouerskap jou verander?
Pa-wees is die wonderlikste ding wat met my gebeur het. Skielik was daar sin in die wêreld; skielik was daar ’n rede vir alles. Alles wentel nou om my kinders en hul welstand is boaan my lys. As jy kinders het, is jy nie meer so selfsugtig nie. Jou lewensuitkyk verander – jy kyk wyer, gesonder, minder selfgerig. Ek wil vir hulle ’n goeie en liefdevolle wêreld skep om in groot te word. Solank hulle nie bederf is nie, goeie maniere het en gelukkig is, is ek gelukkig.

Wat onthou jy van jou pa?
My stiefpa het my grootgemaak. My pa het ons verlaat toe ek nog klein was, maar ek het ’n gesonde verhouding met hulle gehad. Dit was ’n positiewe kindertyd.

Voel jy soms skuldig as jy dikwels weg van die huis werk?
Almal doen wat hulle kan. My omstandighede hou baie voordele en nadele in. Die groot voordeel is dat wanneer ek nie werk nie, ek maande aaneen by my kinders kan wees. Ek neem hulle skool toe, gaan haal hulle, en bring baie tyd saam met hulle deur. Tog is daar maar altyd die moontlikheid dat ek enige oomblik kan weggaan. So, ek is baie by die huis, maar as ek weg is, is ek weg, soms in ’n ander land, dikwels vir lang tye. Kinders hou van roetine. Hulle hou daarvan as ’n pa elke dag op ’n spesifieke tyd huis toe kom, en dat hulle daarop kan staatmaak. Dus is my wegganery nie so wonderlik nie. Maar aan die ander kant: hulle was al in Afrika en Australië en het wonderlike tye en dinge beleef wanneer hulle kom kuier. Ja, daar is moeilike tye, maar daar is ook voordele. Ek kla nie.

Voel jy soms skuldig as jy dikwels weg van die huis werk?
Almal doen wat hulle kan. My omstandighede hou baie voordele en nadele in. Die groot voordeel is dat wanneer ek nie werk nie, ek maande aaneen by my kinders kan wees. Ek neem hulle skool toe, gaan haal hulle, en bring baie tyd saam met hulle deur. Tog is daar maar altyd die moontlikheid dat ek enige oomblik kan weggaan. So, ek is baie by die huis, maar as ek weg is, is ek weg, soms in ’n ander land, dikwels vir lang tye. Kinders hou van roetine. Hulle hou daarvan as ’n pa elke dag op ’n spesifieke tyd huis toe kom, en dat hulle daarop kan staatmaak. Dus is my wegganery nie so wonderlik nie. Maar aan die ander kant: hulle was al in Afrika en Australië en het wonderlike tye en dinge beleef wanneer hulle kom kuier. Ja, daar is moeilike tye, maar daar is ook voordele. Ek kla nie.

Jy word as ’n baie manlike man gesien. Hoe het jy grootgeword?
(Lag). Ek kan nie onthou dat ek ooit ’n gesprek met iemand gehad het oor wat dit beteken om ’n man te wees nie. Ek is maar net wie ek is.

As jy terugkyk, wat dink jy het jou gebring tot waar jy nou is?
Loopbaangewys het ek sekere belangrike besluite geneem wat my in ’n sekere rigting geneem en tot hier gebring het. Die kere wat ek nee gesê het, was net so belangrik soos die kere toe ek ja gesê het. Soms sou dit die maklike uitweg wees om ’n aanbod te aanvaar, maar ek was op soek na iets anders. Ek het ’n langtermynplan gehad. Ek is in die teater opgelei, en vir my het dit oor my vernuf en die kuns van toneelspel gegaan. En om te groei.

Wie is vir jou die sexyste vrou, en wat maak iemand sexy?
My vrou. Dis moeilik om “sexy” te definieer. Dis nie voor die hand liggend nie. Dis nie iets wat jy kan verwoord nie. Behalwe sexy, is my vrou ook die steunpilaar in ons gesin. Sy was ’n aktrise, maar het ná ons eerste kind se geboorte opgehou werk. Sy was nog altyd daar vir die kinders. Sy hou alles bymekaar. Ons is ’n goeie span.

Hoe voel jou vrou daaroor dat sy haar loopbaan laat vaar het?
Sarah Jane het regtig haar rol as ma aangegryp. Sy het al daaraan begin dink om op te hou werk voor ons ons eerste kind gehad het. Dit kan gevaarlik wees as ’n aktrise ophou werk ter wille van kinders, want sy kan later voel dat sy ’n lewe en ’n loopbaan vir ’n gesin opgeoffer het. Sarah Jane is nie so nie. Sy is ’n briljante ma en gee sonder voorbehoud. Noudat die dogters groter is en skoolgaan, het sy ’n bietjie meer tyd vir haarself, en wonder sy wat sy daarmee kan doen. Maar oor moederskap is sy nie spyt nie.

Het julle saam daaroor besluit?
Nee, sy het ná Hannah se geboorte besluit om nie meer te werk nie. Sy wou haar onverdeelde aandag aan die kinders gee, en danksy haar toewyding het ons gelukkige, gesonde kinders.

Waar is jy nou in jou lewe?
Ek beleef goeie tye. Ek het die afgelope klompie jaar ’n paar wonderlike geleenthede gehad, wat werk insluit. Vir my is sukses ook die geleentheid om saam met die beste mense in die bedryf te werk, en ek is gelukkig dat dinge so verloop het. Ek neem ook tyd af om saam met my gesin deur te bring. Ek hoop dit hou so aan. Op die oomblik is daar nie eens ’n nuwe projek in sig nie, maar dit pla my nie.

Hoe bederf jy jouself?
Ek gaan kyk sokker.

In heelwat van jou flieks bestuur jy vinnige motors. Hou jy daarvan en is jy ’n goeie bestuurder?
Ek is mal daaroor. Maar wat die waagtonele betref: John Frankenheimer was een van die eerste regisseurs wat ’n vals stuurwiel aan die ander kant van die motor laat inbou het. Jy sit maar bloot langs die waaghals en jaag en tol vir ’n vale terwyl die waaghals die ou is wat alles laat gebeur en in beheer van die motor is. Maar jy moet seker maak jy lyk nie te ontspanne nie, anders lyk dit nie eg nie.

Die bedryf fokus op jeugdigheid, maar met volwassenheid gebeur soveel interessante goed. Wat het jy met die “ouderdom” ontdek en het dit jou verander?
Al wat ek weet, is dat my veertigerjare die beste tyd van my lewe is. Ek voel steeds soms asof ek twintig is, dalk omdat ek my nie vreeslik aan ouderdom steur nie. Ek dink nooit aan ouer word nie. Ek is maar net. Ek glo jy moet jou geniet daar waar jy is, ongeag jou ouderdom.

Hoe avontuurlustig is jy?
Ek moet hieroor dink. Elke nuwe fliek is ’n avontuur. ’n Akteur moet heeltyd vir hom ’n nuwe identiteit skep; jy werp jou hart en siel in ’n nuwe wêreld en ervaar, ondersoek en leer nuwe dinge, soos om perd te ry of te skerm. Jy leef jou uit in ’n nuwe wêreld, soms ook fisiek. So, ek leef my avontuurlus uit in die flieks wat ek maak.

Vertaal deur Hannelie Diedericks

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.