kategorieë: Ons menseBekendes

Corine du Toit: So gelukkig

Corine du Toit: So gelukkig deur Martjie Roos. Foto’s deur Andrea Caldwell. Grimering: Danica Thomas Creased Nation; Stilering: Melissa-Jade Myburgh

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So gelukkig

Wie sal ooit die dramatiese storielyn in die sepie Egoli vergeet toe die bedorwe feeks Jane Edwards (Catriona Andrew) van die perd afgeval het en ná plastiese chirurgie met ’n nuwe gesig gespog het?

Dit was 16 jaar gelede en die eerste keer in ons plaaslike sepiebedryf dat ‘n hoofakteur (Catriona) deur ’n ander (Corine du Toit) vervang is. Boonop was die nuwe Jane ’n gesogte model wat in onder meer Italië, Frankryk, Duitsland en Brittanje naam gemaak het, en toe deur die vervaardiger en sepiekoning Franz Marx vir Egoli opgeraap is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ja, baie mense onthou my steeds as Jane,” vertel Corine.

Egoli was haar goue paspoort na die toneelwêreld. Sy het stemopleiding en ’n paar dramakursusse gedoen voordat sy in Egoli begin speel het. Sy was darem ook nie kamerasku nie, want sy het as model in talle TV-advertensies gespeel.

“Toe ek die rol in Egoli kry, het Franz my na Milla Louw vir dramaklasse gestuur.” ’n Beter leerskool as Egoli kon sy nie voor wens nie. “Ons akteurs is opgelei om word perfect te wees. Ons het soggens sewe-uur begin werk en eers die tonele geblok (gerepeteer) voordat ons tienuur soggens begin verfilm het. Dissipline is by ons ingedril en saans moes ons akteurs weer kliphard die volgende dag se woorde leer.”

Haar karakter Jane het talle Egoli-aanhangers die josie in gemaak. “Of die reaksie nou goed of sleg was, dit het gewys die karakter het gewerk. En of mense nou van die vurige Jane gehou het of nie, ek moes van Jane hou sodat ek haar eerlik kon speel,” vertel sy.

Sy draai die horlosie 16 jaar vorentoe. “Dieselfde geld die karakter Erika Basson wat ek nou in 7de Laan vertolk. Ek moet ook van Erika hou en haar verstaan. Daar is ’n rede waarom Erika is wie sy is en hoekom sy so manipulerend is. Nadat Lesedi (KB Motsilanyane) Erika in Januarie geskiet het, was sy ’n ruk lank in ’n koma in ’n versorgingseenheid en heeltemal uit die prentjie. Maar wie weet, dalk keer Erika terug na Hillside vir onafgehandelde sake, kykers moet net aanhou kyk.”

Corine du Toit: So gelukkig

Corine was die afgelope vyf jaar ’n tuisbly-ma en het haar hoofsaaklik op die skryf, vertaling en redigering van tekste vir verskeie rolprente en TV-reekse toegespits. Sy het ook af en toe kameerolle vertolk. Dit was uiteraard ’n aanpassing om weer by die roetine van ’n sepie in te val, erken sy. “Sjoe, dit neem nou baie langer om woorde te leer as in my Egoli-dae! Maar ná ’n paar dae op stel het ek gelukkig gou tuis gevoel en toe was dit sommer weer pret,” vertel sy.

Nadat haar oogappel Kiean ses jaar terug gebore is, het sy gekies om soveel moontlik tyd saam met hom deur te bring. “Ek het eers op 37 ma geword. Ek was lief vir kinders, maar was nooit desperaat om ma te word nie. Ek is ’n beheervraat en moederskap was ’n uitdaging. Maar ek kan my vandag nie ’n lewe sonder Kiean voorstel nie,” sê sy en wys trots ’n foto van hom op haar selfoon. “Dit is heerlik om die wêreld deur die oë van ’n kind te sien. Ek en Kiean speel ure lank slangetjies en leertjies, domino’s en kaart of bou Lego. Hy deel ook my liefde vir tuinmaak.”

Die min kere dat sy Kiean in die sorg van ’n babaoppasser gelos het, het sy vooraf tientalle lysies gemaak, vertel sy laggend. Sy en haar ma was verlede jaar vir tien dae saam Venesië toe en haar man, Raz Jensen, het toe na hul seuntjie omgesien. Vriendinne het ook hand bygesit met maatjies wat kom speel het. “Dit is die eerste keer dat ek Kiean vir so lank ‘n bietjie van my rokspante losgemaak het, en ek het toe besef die lewe gaan aan. Ek het besluit die tyd is ryp om weer meer toneel te speel. Ek het my agent gekontak om te sê ek’s in die mark en daar gebeur 7de Laan.”

Haar passie vir skryf kom van ver af. “Ek het op ses begin stories skryf,” vertel sy. Haar paadjie het in 2009 met dié van haar haar vennoot, die aktrise Sandra Vaughn, gekruis toe sy die rol van die prokureur Inge Bekker in die dramareeks Getroud met Rugby gespeel het. Sy en Sandra het saam die maatskappy Lettergreep gestig.

Dit was ’n produktiewe en vrugbare vennootskap en talle stories het uit die twee talentvolle aktrises se penne gevloei. In 2012 het sy en Sandra die jeugreeks Liefste Kayla saam geskryf en die volgende jaar het hulle die rolprent As Jy Sing geskryf. Sy het daarna as medeskrywer, vertaler en redigeerder op verskeie reekse soos die eerste seisoen van die komedie Geraamtes in die Kas, die dramatiese rolprent Sink (vertaler en redigeerder) en Elke Skewe Pot (vertaler en redigeerder) gewerk en was ook die hoofskrywer saam met Sandra van seisoen 2 van Elke Skewe Pot. “Ek was ook medeskrywer van die rolprent Susters en skrywer, vertaler en redigeerder op die klugkomedie Kasteel.”

Komedie, en veral klug, is ’n uitdagende genre, vertel sy. “Ons plaaslike kykers snap nie altyd klug nie omdat hulle dalk nie gereelde teatergangers is nie.”

Corine du Toit: So gelukkig

Corine het ook ’n ruim hart vir die behoeftes van haar medemens. Sy is reeds die afgelope elf jaar ambassadeur van die liefdadigheidsorganisasie The Cradle of Hope in Krugersdorp. “Dit is ’n nie-winsgewende organisasie wat fokus op behoeftige vroue en kinders wat meestal slagoffers van mishandeling is. Die organisasie leer die vroue en kinders sekere lewensvaardighede, deskundiges gee terapie en leer die vroue om weer op hul voete te kom en werk te kry,” verduidelik sy. As ambassadeur help sy ook om bewuswording vir The Cradle of Hope te kweek.

Corine het twee jaar gelede ’n opdraande paadjie geloop toe borskanker by haar gediagnoseer is. “Ek het ná ’n prosedure om die kanker te verwyder bestraling ontvang en is vandag in remissie. Ek gaan elke ses maande vir ’n roetine-ondersoek. Die diagnose en behandeling het my hele lewensuitkyk verander en die Here het my deur alles gedra.” Haar wederhelf, Raz, was haar groot steunpilaar in hierdie tyd van beproewing. “Raz is my rots en hy het my aangemoedig om elke dag treetjie vir treetjie te vat.”

Sy het Raz, ’n farmaseutiese analis wat van Deense afkoms is, 14 jaar gelede by ’n kuierplek in Johannesburg ontmoet en hulle het onmiddellik gekliek. “Raz laat my van die eerste dag af al lag en hy laat my steeds lag.”

Hulle is in 2012 getroud. “Raz het as kind vier jaar lank saam met sy ouers in Tanzanië gewoon en is gelukkig versot op Afrika. Ek kan net ’n paar woorde Deens praat, maar Kiean is vinnig op pad om Deens te leer en help my gou-gou reg wanneer my uitspraak foutief is.” Corine en Raz het Kiean verlede jaar vir die eerste keer Denemarke toe geneem sodat hy meer oor die Deense kultuur en sy herkoms kan leer.

“Kiean het ’n sagte hartjie en het baie empatie en respek vir sy medemens, diere en plante. Ek is so trots op hom. Ek dink nie hy sal ooit ’n boelie wees nie.”

Corine du Toit: So gelukkig

Toe Corine vir die fotosessie poseer, is sy dadelik tuis voor die kamera – net soos in haar jonger dae toe sy voltyds model was. Die jare het haar beslis goed behandel en sy skroom ook nie om haar skoonheidsgeheim te verklap nie: kollageen. (Corine is ’n agent vir O Nutricia, ’n reeks kollageenprodukte). “Ek is mal oor kos en kosmaak en maak graag Thaise en Italiaanse geregte. Maar ons is gesondheidsbewus en ek maak gereeld smoothies. Ek gaan ook graag gim toe maar moes onlangs ná ’n toonbesering ’n blaaskans neem.”

Haar verhouding met haar Skepper is baie belangrik. “Ek wil nie my geloof aan ander mense opdwing nie, maar ek wil ’n lig uitstraal sodat ander mense nuuskierig kan wees en wonder wat het daardie vrou wat haar so gelukkig maak?”

Haar lewensfilosofie was voorheen “go with the flow”. “Maar sedert ek tot bekering gekom het, is dit ‘vertrou op God’, want Hy is in beheer, selfs al gooi die lewe jou ’n paar curve balls. Wanneer jy agterna terugkyk, sal jy sien hoe die hand van God jou in ’n sekere rigting gedwing het en hoe alles op die ou einde ten goede vir jou meegewerk het.”

Daar staan nog baie dinge op haar wenslysie. “Ek wil nog baie reis en kreatief wees – of ek nou skryf, of toneelspeel. Maar soos moederskap my ook al geleer het, jy kan nie alles in die lewe beplan of beheer nie. Al fokus jy op jou eie planne, het God ander planne vir jou.”

Loer hier vir nog lekker nuus oor bekendes

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.