Tee & Taai Toffies is nie weg nie, ons vat net ’n blaaskans

Tee & Taai Toffies is nie weg nie, ons vat net ’n blaaskans deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: iStock/Dmitrii_Guzhanin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Mikrofoon het ’n vreemde manier om die skanse te laat val – en die resultaat is lekker gesprekke met ons bekendes

Wat het mense soos Hannon, Ruda Landman, Lindie Strydom, Rolanda Marais, Karlien van Jaarsveld en André Schwartz gemeen – behalwe dat hulle almal bekend is?

Reg geraai – hulle is almal ook doodgewone mense met ‘n stuk lewe agter hulle.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toegegee, hulle lewe lyk heel anders as myne en joune, maar nes in ons geval was daar oppe en affe wat hul lewensuitkyk gevorm, en soms selfs verander het, en wat hulle interessante insig gee in kwessies waarmee baie van ons te doen kry, en wat ons soms met die hande in die hare laat.

Die afgelope byna ‘n jaar was ek bevoorreg om die mens agter die bekende te leer ken in rrRadio se Tee & Taai Toffies-podsendings.

Lees ook: Wat presies is podsendings nou eintlik?

As jy dalk nog nie geluister het nie: dis ‘n kruis tussen ‘n profiel-onderhoud en ‘n raadgee-rubriek waarin ek en my uiteenlopende gaste dikwels lag, maar beslis ook die ernstiger dinge in die lewe bepeins.

En glo my as ek sê dat ek al meer as een keer baie aangenaam verras was deur die diepsinnige, deurleefde en baie praktiese raad wat ons glansmense het vir rooi rose-lesers se probleme.

In die eerste helfte van die program kom jy meer te wete oor die gaste: Hoe het hulle in die beroep beland wat hulle beroemd gemaak het? Op watter ompaaie het die lewe hulle geneem? Wat laat hulle tiek? En natuurlik ook die teenkant: wat is vir hulle swaar, en hoe hanteer hulle dit?

Die resultaat is heerlik intieme gesprekke waarin ‘n mens regtig die hart van die gas kan hoor.

Lees ook: Die rooi rose-redaksie se gunsteling-podsendings

So het Ruda Landman en Karlien van Jaarsveld openhartig gesels oor die snykant van roem en die persoonlike pyn wat dit soms meebring, terwyl die skrywer Madelein Rust, radioman Ian Wessels en André Schwartz se dapper stryd teen onderskeidelik kanker en motorneuronsiekte suiwer inspirasie was.

Erns Grundling het vertel hoe uitbranding veroorsaak het dat hy die Camino-pelgrimsroete gaan stap het, wat gelei het tot ‘n nuwe lewensuitkyk én loopbaan.

En glo my as ek vertel daar word báie gelag in Tee & Taai Toffies.

Kom hoor hoekom André Schwartz se troetelvark moes botoks kry, en wat Hannon kleintyd met ‘n bees se stert aangevang het. (Terloops, die gesprek met Hannon sal jou met ander oë laat kyk na die man wat voorstedelike vroue in glansmense kan omtower – maar gaan luister!)

Die probleme waarvoor ons luisteraars en lesers raad soek, is net so interessant soos die bekendes se lewe en die raad wat hulle uitdeel. Al gewonder wat om te doen met daardie negatiewe vriendin wat oor alles kla?

Of ‘n skoonma/skoondogter wat skynbaar niks van jou hou nie?

Of hoe om jou man – vir wie jy bitter lief is – op ‘n mooi manier te oorreed om tog net daardie vervlakste rak op te sit/kraan reg te maak/skilderye te hang sonder dat dit uitloop op ‘n rusie omdat jy “altyd neul”?

En hoe gemaak met familie of kollegas wat jou goedheid uitbuit?

Met Covid-19 wat die hele wêreld op hol het en met die winter wat voorlê, het ons kokontyd aangebreek. Maar as jy dink dit beteken vaal en vervelig, onthou dan dat Tee & Taai Toffies die perfekte manier is om jou dae mee op te kikker.

Ons sal terugkeer!

Tee & Taai Toffies neem net ’n breek tydens die inperkingstyd, maar ons sal terugkeer wanneer hierdie alles verby is. Intussen kan jy lekker luister na ons gesprekke met bekendes oor hoe hulle die inperking ervaar op Hoe gaan dit met jou?

Hoe om te luister:

Al die rrRADIO-podsendings, insluitende Tee & Taai Toffies kan direk vanaf rooirose.co.za gespeel word.

Die podsendingsreekse is ook beskikbaar op iTunes, Player.FM, Pocket Casts, Spotify en Google Podcasts.

As jy dit op jou slimtoestel wil aflaai om later daarna te luister kan jy hierdie stappe volg

E-pos rrradio@caxton.co.za vir meer inligting.

Klik op die pienk speelknoppie hier onder om te begin luister. Dis gratis en jy kan enige tyd luister.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.