kategorieë: BlogsOntspanning

Dag 179

Vandag is dit 179 dae sedert ek vir die eerste keer op daardie swart leunstoel by die onkologie-eenheid gaan sit het. Môre groet ek die onkologie-eenheid, die drip en die swart leunstoele. Miskien, as ek gelukkig is, vir altyd. My laaste chemo-sessie lê voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ander kankerstryders het my vertel van die gemengde gevoelens van daardie laaste dag. Daar is blydskap, het hulle my vertel, gemeng met iets soos moeë gelatenheid oor die gewone herstelperiode wat voorlê, Daar is vrees en onsekerheid oor die bestraling wat voorlê. Dan is daar die hartseer oor die feit dat jy jou nuwe familie gaan groet. Want die personeel word jou familie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar ontwikkel ‘n spesiale band tussen jou en die mense wat saam met jou seerkry as die naald nie die eerste keer ‘n aar vind nie, die mense wat getrou die tyd op elke sakkie medisyne neerskryf en dit kom omruil met ‘n sakkie vol van ander medisyne waneer die vorige een leeg is. Die mense wat heen en weer tussen die pasiënte loop om seker te maak almal is oukei en dat elkeen ‘n sakkie het wat nog nie leeg geloop het nie. Die mense wat lag en skerts met die pasiënte sodat daardie vertrek gevul is met positiwiteit en humor. Engele, daardie mense. Die beste familie waarvoor mens kan vra. Tannie Drienie, Emmerentia, Estelle en Karin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek was gister emosioneel. Tranerig. Die rede vir die trane was daardie gemengde gevoelens en die enorme besef dat ek wel verander het. Al het ek hóé hard probeer om die pre-kanker Madelein te behou, is ‘n groot deel van haar weg. Nadat ek my huile gehuil het, het die analitiese deel van my brein (dank Vader) weer tevoorskyn gekom. Jy is uitgeput, het my brein my herinner. Pê en swak van die behandeling. Op soos ou brood. Dis hoekom die idee van verandering jou laat huil. Dink ‘n bietjie aan die siel. Die wonder daarvan. Dít wat weggaan uit die siel word altyd vervang deur iets anders. Die siel word nie kleiner nie. Inteendeel, dit word groter soos wat mens se lewensreis vorder. Dit is so bestem omdat ‘n ongetemperde, ongesuiwerde siel nie onselfsugtig liefde, empatie en hulp kan uitdeel aan dié wat dit nodig het nie. Onthou jy dan nie dat jy vir jare vir God gevra het om jou as instrument te gebruik nie? En het jy nie tóé al besef dat jy eers geslyp sal moet word nie? God sal nie ‘n breekbare, swak instrument gebruik nie, sal Hy?

Ek kry skoon skaam omdat die dankbaarheid vir God se bemoeienis met my vir ‘n paar huilerige minute vervang is deur ‘n opstandige gevoel van verlies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nou dat die chemo sy einde nader, moet ek mylpale verskuif. En dit gaan gepaard met deeglike selfondersoek. Ek moet erken dat ek van voor af bang is vir wat voorlê. En dat ek meer vasberade is as ooit om hierdie ding tot op sy bitter einde deur te voer. Ken in die lug. Vuiste gebal. Want daar kan geen dapperheid bestaan in die afwesigheid van vrees nie en daar is ‘n siel wat groter en groter moet word.

Ek moet nou begin dink aan die vier tot vyf weke se herstel van die moegheid, my naels wat waarskynlik gaan uitval, die wimpers en wenkbroue wat moontlik weer en weer kan uitval, die bestraling en uiteindelik weer die mes. Ja, ek sal wel deur die rekonstruksieproses gaan, het ek besluit. En ek gaan vra dat my linkerbors ook afgesit word. Maar net nog ‘n manier om kanker te fnuik.

Hierdie nuwe Madelein het nog lank nie al die dinge geleer wat geleer moet word nie. Sy het nog baie slyp en temper wat voorlê totdat sy eendag die tuig neerlê om die ewigheid binne te gaan. Ek is bang, maar ek is bereidwillig. Gebruik my, Heer.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.