kategorieë: Reis

Dakota Lodge: Tussen vlerke

Ligging
Rand Airport, Germiston, Johannesburg, Gauteng

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Atmosfeer 
Vriendelik, ontspanne en met die besonder lughawe-‘vibe’!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soort akkommodasie
Dubbelkamers met klein kombuisie en badkamer, “executive  room”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Tariewe
Bed en ontbyt vir een persoon R600; Bed en ontbyt vir twee in ‘n dubbelkamer R800 (slegs bed R660); Bed en ontbyt vir twee in die “Executive Room” R990. Geldig tot 31 Desember 2012.

Pluspunte 
66 cm platskerm HD Television met rekenaarverbinding, 4 digitale satelliet TV-kanale, kombuisie met yskas, mikrogolf en ketel, lugversorging. Jy kan ‘n bewys kry om aandete by die Harvard Café te nuttig – ‘n groot verskeidenheid smaaklike geregte in ‘n gesellige atmosfeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kaptein Flippie Vermeulen
Springbok Classic Air
Rand Airport
Meer inligting

Tussen vlerke

Kaptein Flippie Vermeulen

Vandag sal jy nie sommer ‘n seuntjie van ses raakloop wat nog nie ‘n enkele vliegtuig gesien het, maar vasbeslote is om ‘n loods te word nie. Tog is dit die wegspringplek vir kaptein Flippie Vermeulen se lang verbintenis met die lugruim. “Ek het in die ou Wes-Transvaal grootgeword en op ‘n dag een van my ouer broers, wat in die lugmag was, oor vliegtuie en vlieg hoor praat. Net daar is my droom gebore.”

Die seuntjie het groot geword, ná matriek by die lugmag aangesluit en op 21 vir SAL begin vlieg. Verlede jaar, met 42 diensjare agter die blad, het kaptein Flippie afgetree – maar nie om te gaan stilsit nie. Jy sal hom meestal by die Rand Lughawe in Germiston opspoor waar hy ‘n vliegskool, ‘n vliegtuigherstelbesigheid, ‘n safari-vliegonderneming én die drie-ster Dakota Lodge bedryf.

Die gemene deler in hierdie ondernemings is vliegtuie: ou vliegtuie. In sy jong dae het kaptein Flippie geleer om Harvards en Dakotas te vlieg. “In 1988, 1989 was ek vlootkaptein op die Boeing 737’s by SAL, maar daar het ‘n ander deur oopgegaan. Met hul vyftigste verjaardag het SAL een van die drie Junkers wat vanaf die vroeë  dertigs vir hulle gevlieg het, in Europa bekom. Omdat ek ou vliegtuie geken het, is ek aangestel om die projek waarvan dit deel was te bestuur. Die projek se naam was SAA Historic Flight en ek het ou vliegtuie die wêreld vol gevlieg en mense opgelei. Opleiding is steeds een van my passies.”


Springbok Classic Air

Twaalf jaar later het iemand anders SAA Historic Flight oorgeneem, en kaptein Flippie het sy eie onderneming begin. “As ‘n wêreldkundige op die gebied van vliegsafari’s met ou vliegtuie, was Springbok Classic Air vir my ‘n logiese stap. Ons neem toeriste na verskillende Afrikalande. ‘n Tipiese toerplan kan Machatu Lodge en Chobe Safari Lodge in Botswana, Livingstone by die Victoria-valle (sien http://bit.ly/SnIVIK en http://bit.ly/S1vaWn), die Luangwa-vallei in die ooste van Zambië en Club Makakola op die Malawimeer insluit. Ons onderneem gewoonlik ‘n bootreis na die oorkant van die meer, waar ons oorbly. Daarna is dit verder na die Indigo Bay Hotel op Bazaruto-eiland in Mosambiek (sien http://bit.ly/KZo8i5), en terug na Suid-Afrika. Daar is talle kombinasies van lande en bestemmings.

“Safaris word dikwels meer as ‘n jaar vooruit bespreek. As ons met die DC3 vlieg, neem ons tot 20 mense saam. Dis ‘n baie doeltreffende manier om verskillende bestemmings in ‘n kort tydperk te bereik. Ek is die gasheer en vlieënier en neem nog ‘n loods saam, asook ‘n kajuitbeampte. ”

Springbok Classic Air bied gereelde besigtigingsvlugte van 20 minute oor Johannesburg in die Dakota aan, gewoonlik die laaste Saterdag van die maand.  Ek was gelukkig genoeg om so ’n vlug mee te maak. Vir my kom niks by die opstygslag in die buik van ’n metaalvoël nie, en in ’n propellervliegtuig met ’n paar verdwaalde stootjies Augustuswind in September raak dit net nóg opwindender.

Dit was ’n belewenis om landmerke soos Soccer City en die Coca Cola Dome uit die lug te sien, met die snelweë wat skielik in popspeelstraatjies verander het. In hierdie 20 minute het ek begin verstaan hoekom Johannesburg as die stad van tien miljoen bome bekend staan.

Kaptein Piet Nieuwenhuizen het gespot dat die passassiers  gerus hul selfone in die lug kon gebruik – “mits jy die een wat jou bel, kan hoor!”

Kaptein Flippie neem reeds 25 jaar lank aan vertoonvlugte by lugskoue deel. Springbok Classic Air werk ook dikwels saam met dokumentêre filmspanne, die advertensiebedryf en TV-reekse soos “Dryfsand”.

Rand Airport

Die Rand Lughawe in Germiston is een van die oudste lughawens in die omgewing, vertel kaptein Flippie. “In 1934, toe die SAS&H vir Union Airlines oorgeneem het, was dit al hier. Dis deur besiger en stiller tye. In die laat negentigs het die regering dit verkoop, en ek het hierdie loods, hangar 5 – wat besonder groot is – teen ‘n billike prys bekom. Vandag huisves dit die Springbok Classic Air and Aviation Services, wat in die herbou van ou vliegtuie spesialiseer.”

Waar die Dakota Lodge die afgelope twee en ‘n half jaar staan, was daar net ‘n bouvallige sink-anneks. “Aanvanklik het ek en my vrou, Maryna, beplan om die studente van die Springbok Air Academy hier te vestig, maar toe word dit ‘n lodge! Op die grondvloer het ons kantore, konferensiegeriewe en spasie wat ons verhuur. “

Dakota Lodge vereer die Dakota, wat in 1935 kommersiële lugvaart ingelei het en die botoon gevoer het tydens die propeller-era. Die lodge het ‘n vlugdekor-tema en boonop kuier jy behoorlik tussen die vliegtuie – ’n buitengewone ervaring, en nooit lawaaierig nie.

Is dit meestal vliegtuigentoesiaste wat hier inklok? “Nee,” grinnik kaptein Flippie. “Ons kry talle korporatiewe mense, maar hulle gaan dikwels as vliegtuigentoesiaste hier weg! Die mense van die internasionale toerismemark wat op ons vliegsafari’s gaan, bly natuurlik hier oor, asook van die mense wat ons kort vlugte geniet. Soms bring ouers hul kinders om die vliegtuie van naby te sien en meer daaroor te leer. Ek geniet die kontak met soveel uiteenlopende mense.”

Meer inligting

Dakota Lodge, Hangar 5, Spitfire Crescent, Rand Airport, Germiston, Johannesburg

GPS koördinate: S26º 14’ 19” E28º 9’ 17”

http://www.dakotalodge.co.za/page.php?2

Navrae en besprekings by 011 824 2143 of vul die vorm in by http://www.dakotalodge.co.za/mod/contactform_menu/contactform.php

Inligting oor vlugte by Ronéll Myburgh 011 824 2142 of info@springbokclassicair.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.