kategorieë: Reis

Selborne Golf Estate and Spa

Spesiale aanbod
Ligging
Atmosfeer
Soort akkomodasie
Tariewe
Kontakbesonderhede
Pluspunte
Huweliksfunksies en konferensies
Rus en vrede
Kinders welkom
Goeie, bekende kos

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Spesiale aanbod
Die Selborne Golf Estate and Spa bied graag vir rooi rose-lesers ‘n 15% afslag op hul geadverteerde tariewe (geldig tot einde Oktober 2012).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging
Die Selborne Golf Estate and Spa is so 70 kilometer suid van Durban naby Pennington. Vervoer na en van die King Shaka Internasionale Lughawe word deur die landgoed gereël teen R800 p.p. (per rit) vir tot ses mense.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }


Atmosfeer
Ouwêreldse sjarme by dié vierster-oord.

Soort akkomodasie
Boetiekhotel met 49 slaapkamers: luukse kamers, tuinsuites en ‘n presidensiële suite op die tweede verdieping van die hoofgebou (ideaal vir wittebroodspaartjies met ‘n uitsig oor die tuin en die gholfbaan.)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tariewe
Luukse kamer met badkamer (met bad en stortgeriewe) R1998 per nag vir twee volwassenes, tuinsuite R2458 per nag vir twee volwassenes en die presidensiële suite R4258 per nag vir twee volwassenes (tariewe vir Oktober 2012). ‘n Groot ontbyt is by die oornagtariewe ingesluit.


Kontakbesonderhede
Adres: Selborne Hotel, Golf Estate and Spa, Posbus 2, Pennington, 4184
Tel: +27 (39) 688 1800
Faks: +27 (39) 975 1811
e-pos: info@selborne.com

Pluspunte
Rustig, maar met moderne cons soos wifi in die sitkamer, ontvangskamer, kroeg en restaurant.
Penningtonstrand is so ses minute per motor van die hotel af. Die hotel vervoer jou ook gratis daarheen en terug.
‘n Werklik puik gholfbaan (onder die eerste 100 in Suid-Afrika) – nie net prentjiemooi nie, maar ook ‘n heerlike uitdaging, vertel ‘n gholfentoesias vir almal wat wil hoor aan die ontbyttafel. Die tariewe vir hotelgaste is R160 vir ‘n 18 putjiespel, heelwat goedkoper as die R250 wat dagbesoekers moet betaal. Die voortreflike spa op die tweede verdieping het ek self uitprobeer met ‘n heerlik ontspannende rug-en nekmassering.

Huweliksfunksies en konferensies
Daar is ‘n pragtige kerkie met gebrandskilderde glasvensters en lieflike houtbanke vir so ‘n honderd en vyftig mense (my skatting) op die landgoed. Die landgoed het ook stoepe en onthaalplekke vir gaste vir ‘n huweliksonthaal. Daarna kan die gaste by die hotel oorbly en daar is ook ander verblyf in die omgewing. Die landgoed het goeie konferensiefasiliteite en die feit dat daar nie ‘n groot winkelkompleks of ander dinge in die nabyheid is om konferensiegangers se aandag af te trek nie, kan as ‘n pluspuntgesien word.
Vir navrae, skakel Jessie Pillay by Tel: +27 (39) 688 1875, Faks: +27 (39) 9753670.


Rus en vrede

Ek ervaar ’n aha-oomblik van heerlike, tintelende welbehae toe ek die hoteldeur van my tuinsuite by die Selborne Golf Estate and Spa oopmaak, en in die oë van ‘n duikertjie vaskyk wat aan die groen plantjies in die bedding by my deur staan en wei. Ek en die bokkie kyk mekaar ‘n paar oomblikke aan, toe probeer ek my handsak so stil moontlik oopmaak om my kamera raak te vat. Maar nie versigtig genoeg nie. Die bokkie verdwyn vinnig tussen die welige groen plante in.

Dit was ook nie die enigste aha-oomblik nie, want later dieselfde dag loop ek my om ‘n draai in ‘n paar blou-apies vas. Een babatjie, klouend aan sy ma, druk sy kop net stywer teen haar vas toe hy die vreemde mensaap sien. Ek vertel vir Christoph Holzapfel, algemene bestuurder van die hotel, aan die ontbyttafel van die apies, maar hy is minder opgewonde. Hulle is soms ‘n oorlas, sê hy: “Stout en steel waar hulle ook al die kans kry.”

Moeilik om te glo dat enigiets die stilte hier kan versteur, want dis die rustigheid selwers by Selborne Golf Estate and Spa. Buite is dit subtropies groen met inheemse bome, palmbome, digte struike, boslelies en agapante. Die voëls klink ook anders, meer melodieus as dié waaraan ek in Gauteng gewoond is.

“Watse voëls sing so mooi?” vra ek die eerste aand tydens aandete vir die kelner. Hy kyk my verbaas aan: “Dis paddas wat so kwaak.” Goeiste, in die subtropiese wêreld klink selfs die paddas se gekwaak na voëlgesang, dink ek so by myselwers. “Maar,”sê ek om my verleentheid weg te steek, “dis so ‘n mooi, fyn geluid. Ek het eenkeer ‘n padda in my tuin in Gauteng gehad en dié het met ‘n basstem gekwaak.”

‘n Ander gas maan dat ek saans op die uitkyk moet wees vir vlermuise wat onderstebo aan die takke hang of bo jou kop verbyswiep. Maar ek was nooit regtig van vlermuise bewus nie.

Binne is die hotel ouwêrelds en sjarmant, met pragtige houtafwerkings en moderner houtmeubels, room en groen interieurs en goudgeraamde skilderye van fyn afgewerkte blomme en distels. Die badkamer is ook smaakvol wit met ‘n bruin houtlaai, en ‘n aparte, moderne stort en bad.

Daar is ‘n pragtige swembad wat mens uitlok tot swem, maar ongelukkig was dit tydens my verblyf aan die einde van September nie warm genoeg daarvoor nie. Gaste van die hotel wat lus het vir seeswem, kan ‘n klein entjie van die hotel af ry na die landgoed se swembad langs die strand en as hulle dan in die warm Indiese oseaan wil swem, loop hulle net met die trappe af na die strand. Christoph Holzapfel vertel dat daar naweke gewoonlik lewensredders is om die swemmers dop te hou.

Of jy nou ‘n entjie op die gholfbaan na die damme loop, of met die voetpaadjies tussen die kamer-eenhede deur, of sommer net met ‘n drankie op die hotelstoep sit of uit jou suite oor die landgoed uitkyk, is jy byna altyd bewus van die subtropiese omgewing, die wilde diertjies, en die welbehae van die gaste en die hotelpersoneel. Die hotel is die ideale uitspanplek vir gholfentoesiaste of mense wat ‘n paar dae rus nodig het.


Kinders welkom
Mense met kinders is welkom by die hotel. Daar is heerlike groot stoepe en paadjies waar kinders heel veilig met hul fietsies kan rondry. Daar is ook ‘n spesiale swembad vir die kleingoed en daar kan tydens skoolvakansies met die hotelbestuur gereël word om kinders besig te hou terwyl hul ouers gholf speel of in die spa ontspan.


Goeie bekende kos, niks eksoties nie
Die ontbyt by die hotel is goed met ‘n wye verskeidenheid warm en koue geregte, joghurt, muesli en gebak.
Smiddae is die hoofgeregte sowat R85. Daar is ‘n spesiale hamburger, pasteie ensovoorts.
Aandete: die hoofgeregte is sowat R130 vir ‘n goeie porsie biefstuk of vis (die hoofgeregte se porsies is so groot dat ek nooit ‘n voorgereg bestel het nie.)
Die nagereg is meestal R65 en ek het ‘n baie lekker tipe van crème bruleé daar geëet.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.