kategorieë: Bekendes

Dann-Jaques Mouton oor Noem My Skollie

Die Silwerskermfees (wat vanjaar weer by die pragtige The Bay Hotel in Kampsbaai, Kaapstad aangebied word), is een van daardie filmfeeste wat ernstig opgeneem moet word. Hoekom? Omdat dit die plek is waar talentvolle vervaardigers, skrywers, regisseurs, kameramanne en natuurlik van ons land se beste akteurs en aktrises bymekaarkom om te wys waartoe Suid-Afrikaners in staat is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vanjaar is geen uitsondering nie. Met speelfilms soos dis koue kos, skat (wat gegrond is op die roman deur Marita van der Vyver), Johny is nie dood nie, Tess, Sy klik soos Lente en Noem My Skollie is die kompetisie sterk. Een van die uitsonderlike films wat ons hartsnare behoorlik geroer het, Noem My Skollie, is ’n film wat onder jou vel inkruip en jou vir ’n paar dae bybly.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Noem My Skollie

Noem My Skollie speel in die 1960’s op die Kaapse Vlakte af en is gebasseer op die lewe van die bekroonde draaiboekskrywer John W Fredericks.

Dann-Jaques Mouton, wat die rol van AB (Fredericks) vertolk, sê voorbereiding vir die film was uitdagend en veral om die fisiekheid van die karakter te kon skep. “Om sekere kwaliteite van John te moes “steel” en dit my te eie maak, hetg nogal vir my uitgestaan. Die physicality van die karakter was vir my baie belangrik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wanneer AB vir winkeldiefstal gearresteer word en vir twee jaar tronk toe gestuur word, ontdek hy in die tronk dat hy ’n goeie storieverteller is. Hierdie vertel-talent verhoog sy status onder die geharde skurke en is hy dus “veiliger” in die tronk. Wanneer hy uiteindelik vrygelaat word, hervat hy sy verhouding met sy jeugliefde, maar sy vriende (wat saam met AB deel is van die Young Ones-bende) oorreed hom om weer met moeilikheid betrokke te raak. Hulle keer hom aan om skuld te dra vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Uiteindelik draai die wiel …

“Ons almal het dit in ons om stories te vertel” – Dann-Jaques Mouton

Die film handel ook oor tweede kanse. Dann-Jaques glo die grootste lewensles wat hy uit die film geleer het, is vergifnis. “Dit maak nie saak wat iemand aan jou gedoen het nie, die vraag is of jy die geduld in jou het om daardie persoon nog ’n kans te gee. Die liefde overrides it all, no matter what.”

Dann-Jaques oor AB

“AB is ’n natural born leader. Die ou operate in liefde – liefde vir sy familie, sy vriende, sy lover. AB het nooit geweet dat hy ’n talent het vir storievertelling totdat hy in die tronk beland het nie. Hy het dit toe gebruik sodat hy nie nodig gehad het om betrokke te raak in die tronk se bendes nie – as a means to protect himself.”

Noem My Skollie vs. Abraham

Dann-Jaques se eerste groot speelfilm was Abraham, wat in 2014 sy debuut by die Silwerskermfees gemaak het, het ’n paar raakpunte aan Noem My Skollie. “Wat vir my lekker was van hierdie twee flieks, was dat albei karakters drome gehad het. Ek het verskillend voorberei vir albei – waar ek meer fisies moes voorberei vir Abraham en die landskap leer ken, het ek baie navorsing gedoen vir Skollie. Ek het violent video’s gekyk, gangster rap geluister. Ek het vir myself gesê ek moet na die donkerte toe gaan. Ek het musiek gebruik om my daarmee te help.”

Kyk hier na die lokprent van Noem My Skollie:

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.